Zara is van voorneme om nooit ’n vervelige getroude lewe te lei nie, maar ’n lewe van avontuur te leef. Sy leer vir Fernando ken en sy raak verlief op sy eksotiese voorkoms en geheimsinnige identiteit. Daar is egter reeds ’n vrou en ’n baba in sy lewe. Hy betaal Zara om na die baba te kyk terwyl hy die ma gaan soek, maar wil nie vir haar sê waar hy aan die silwermunte kom waarmee hy haar betaal nie. Sy begin vermoed hy is die seerower wat ’n trommel vol soortgelyke muntstukke van ’n handelskip, in die hawe van Tafelbaai, af geplunder het. Sy bewaar egter sy geheime, want die geld wat hy haar betaal help om haar pa se dobbelskuld aan Hendrick Vanloveren te betaal. So sal haar pa se dobbeloortredinge ten minste ’n geheim bly, en hoef sy nie met Hendrick te trou in ruil vir die skuld nie. 'n Historiese Romanza wat afspeel in Die Kaap De Goede Hoop in die 17de eeu.
Ek het soveel verwagtinge van die storie gehad, en is eintlik 'n bietjie teleurgesteld in die boek, en verlig die boek is nou klaar. In hoofstuk 1 het Zara voorgekom as hierdie meisie wat geen nonsens sal duld nie, en dat sy 'n dame is met 'n veglus wat skrik vir niks. Die oomblik toe sy vir Fernando ontmoet, toe is asof sy 'n hele persoonlikheids verandering ondergaan, en sy verander in hierdie irriterende, onvolwasse, naive meisie wat my regtig tot in my siel in irriteer. Ek sou bitter baie graag wou gehad het dat sy en Fernando 'n bietjie meer woordwisseling gehad het, sy moes baklei het soos sy met Hendrick baklei het. Die storie het soveel beloftes en potensiaal ingehou, ek het gedink sy sou ten minste op 'n skip beland saam met Fernando wat dalk die kaptein van die skip kon wees, en 'n avontuur geniet waarvan sy gedroom het. Maar die storie speel grootliks af by haar tante Grace se huis. En al wat Zara doen is dwaal en droom. Sy ken skaars vir Fernando, maar sy is bereid om deur haar drange gelei te word. Sy laat my dink aan 'n tienermeisie sonder rigting (jammer, maar dis my gevoel).
Die feit dat niemand Hendrick kan regsien nie (en ek vergelyk nou die karakters en hulle vermoëns met stories van Elmar Steyn en Wille Martin) wys dat geheime belangriker is as die veiligheid van mense. Selfs Zara se pa, 'n dominee, is vir my 'n absolute papperd! Ek weet dominees is net mense, maar hy weet ook wat reg en verkeerd is. Die feit dat Zara se pa dobbelskuld het, en dan ingestem het om sy enigste kind aan 'n vreemdeling af te smeer om sy eie bas te red, verdien geen respek van my af nie. Hy is meer bekommerd oor wat sy gemeente van hom sal dink, as die geluk van sy eie vlees en bloed. En dat Zara moet plan maak om hom uit sy skuld te kry, beteken dat hy liewers maar as dominee moet bedank, en maar moet padgee, want as 'n vader vir 'n dogter beteken hy niks.
Die storie het my regtig teleurgestel en hoogs gefrustreer. Niks teen Frenette van Wyk nie, ek het al 'n boek van haar gelees wat ek regtig baie geniet het, maar hierdie een voel ek is bietjie afgeskeep en gejaagd.
I had such high hopes for this book. I'm really disappointed in the story, and very relieved that I finished the book at last. I felt I suffered enough! In Chapter one, Zara (main character) portrayed as this strong, independent young woman with a inner strength and fight that most women only dream of, but as soon as she met Fernando, her whole personality changed completely into this whiny, naive and insufferable girl that irritated me so much, I honestly wished it was a movie where the character gets killed off. Where did her believes and dreams go? Suddenly she falls in love, (sorry, but I'm a strong anti-believer in love at first sight), and the whole book you have to listen to her wonder what happened to Fernando, where is Fernando, who is Fernando. Honestly, I almost DNF this book. From the first chapter I thought she will probably fight with Fernando the way she fought with Hendrick (the villain), but she was led with her fleshly needs instead of her head. She really acted like a teenage girl when it came to Fernando. How do you even sleep with a guy/girl when you hardly know one another, and when they are even keeping secrets!!?? I honestly hoped that Fernando would turn out to be a pirate captain of a ship and take Zara away on an adventure, but most of the story just played out on her aunt's property, where he would sometimes come to visit her, and she would just walk around like a love-sick puppy and wait for him. Where is the promised adventure?
The fact that Hendrick (the villain) could get away with so much, while everyone struggles to keep him in line, astonishes me. If they pay more attention to their surroundings, then Henrick will not follow and find them, but all the characters can think about is kissing, taking care of Mano (the baby) the coins in the chest and walking on the beach. Then don't get me even started on Zara's father. A minister with gambler debt! I know ministers are only human, but what kind of father are you when you promise your only child to a total stranger for her hand in marriage to pay off your gambling debt? Just to keep your secret so that the congregation doesn't hear word of your sins. Man up dude, admit your sins, resign and leave! Don't let your child solve your gambling problems for you. She didn't force you to gamble. Why make it her responsibility to solve your problem so she doesn't have to marry a total asshole!?
Really, this book was frustrating! Nothing against Frenette van Wyk, I did read a book of her that I gave an easy 5-star and that I really enjoyed, but I honestly think that this story was written in a hurry and with less imagination.
Zara Greyvenstein bewonder die mitologiese vroue en historiese figure wat hulle nie deur konvensies laat voorskryf het nie, maar hulle eie besluite geneem het. Sy het self drome oor avonture, reise en romanse wat beslis nie ’n huwelik met die afstootlike Hendrick Vanloveren insluit nie. Sy stem egter in om haar pa, die plaaslike predikant, se reputasie te beskerm. Sy koop drie maande tyd en vertrek na haar tante in Valsbaai, onder die voorwendsel dat sy ’n troue moet reël. Dit is dan nou ook hier waar die verhaal verder momentum kry, en wel met ’n byna voorspelbare ontdekking van ’n beseerde man op die strand, maar met ’n interessante ekstra: ’n baba en ’n wavrag geheime wat Fernando Alvarez nie wil of mág openbaar nie. Die skrywer hou haar lesers aan die wonder tot diep in die storielyn, midde vele uitdagings, gevare en aanvalle waarin Hendrick Vanloveren telkens opduik. ’n Seerower op vrye voet, ’n trommel met silwer muntstukke wat soek is en die vreemdeling wat vir haar die blink spoor van die maan wys – dit dra alles by tot ’n gretige leeservaring. Frenette van Wyk is ’n gesoute romanseskrywer en bewys weereens haar vermoë om ’n Kaapse verhaal aan te bied waarin romanse, intrige en selfs lewensgevaar vir haar karakters, sterk loop. En ek moet bieg dat die voorblad alleen my kon oorreed om die boek aan te skaf. Uitsonderlik!