Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben wou sy kop laag hou. Maar dinge loop van die begin skeef. ‘n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met ’n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie; met oorlog. Die nag wat Kalla in die niemandsland aangeval is het alles verander. Nou het sy dalk 'n kans om dinge reg te stel. Om seker te maak daar is nie nog ’n slagoffer nie. Al moet sy alles om haar afbrand.
“Daar’s krag in ’n naam. Maar daar’s krag in dit aanvaar en joune maak ook. Ek weet wie en wat ek is. Hulle doen nie.”
Kannidood is die derde boek in die branderjaer sage en volg Ben “Kannidood” Palmer en sy sussie Kalla se verlede, presies wat gebeur het dat hulle vir Kalla bloedskuld moes onderneem, en nou in die tydperk waar alles omkant gegooi word toe sy pa ewe skielik weer in die prentjie in stap.
Wees voorbereid om in die kring in te stap, hande gelig en gefokus- want hier kom baie backstory, en baie drama. Maar meeste van alles, hier kom dalk ‘n manier hier uit.
Van al die boeke was die een beslis meer donker as die vorige twee, en al die harde topics van die gangs en hulle rivalry, die bloedskuld, die fights, die drugs en alles tussen in word oopgetrek soos ‘n rou wond, en jy vind jouself wonder hoe kan jy die bloeding stop. Alles in my wou skreeu en hoop vir ‘n beter en gelukkiger einde vir almal van hulle, en soveel baie realistiese en baie waar ervarings wil dat jy jou eie oë uitkrap dat mense so wreed kan wees.
Ek het gejuig in soveel dele oor wat hulle kon regkry om die rotte te breek, bietjie vir bietjie. My hart was gebreek vir Ben, en baie kere vir Kalla ook. Eks nie n fan van Mieke nie, so whatever comes you know. Ellis bly such a sweetheart, en ek verstaan die overthinking and overfeeling vir jouself en almal anders om jou baie goed. Malherbe bly my favorite, en Jak begin ook beslis n plek in my hart kry. Louw en Deidre verskyn so dan en wan, en ek hoop die twee is total endgame. Ek hoop James en Kalla kan nou weer op n date gaan. Ek hoop Lee en Ben kan Avatar klaar kyk en Ben ook stadig sy mure kan laat sak en verswelg word deur verliefdheid.
Dit is die derde boek in die Branderjaer-sage. Kanniedood het baie sterker emosies by my ontlok in vergelyking met die eerste twee boeke in hierdie Saga. Dit is deur Kanniedood dat ons aan die karakters Ben en Kalla Palmer voorgestel word. Hulle agtergrond en die aspekte wat hulle na aan die hart lê, is ondersoek. Hierdie aspek van die boek hou die leser betrokke en wakker.
Ek het dit baie geniet om vanuit die perspektiewe van Ben en Kalla te lees, veral hul uitbeelding van hartseer en die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Dit was heerlik om weer oor al die branderjaers in die storie te lees. Persoonlik sal Vuurvreter (Malherbe) vir altyd 'n spesiale plek in my hart hou as my gunsteling branderplankryer. Daarbenewens is ek gretig om meer oor Jak en sy reis te leer.
Kanniedood ontvang 'n ongelooflike gradering van 4 sterre.
Kyk uit vir die " trigger warnings" kan dalk sensitiewe lesers ontstel.
Baie dankie Nb publishers vir hierdie resensie-kopie.
"Kalla swaai haar been oor die rand van die muur en staar af na die swart water, dan op na die lig van die toring wat die pad vir die skepe deur die misbank probeer aanwys. Sy wil nie dink aan môre nie. Hulle almal staan hier op hul eie manier en soek na die lig."
Joha van Dyk doen dit weer 👏 Kanniedood is die derde boek in die Branderjaer saga en is die een met meeste vuur. Ons sien die prys wat opoffering kos. Hierdie keer gaan dit oor meer as net die branderjaers; maar identiteit, 'n plek van belonging en die skaduwees wat bendes insluit. Die gevaar, die aksie en die aanvaarding. Ons beleef Kalla en Ben se storie en word soos 'n surfer deur 'n brander ingetrek word, ingetrek in die spanning wat die strate vol lê.
Ek voel van Dyk spreek soveel belangrike onderwerpe aan in hierdie saga, dinge wat die gemeenskap raak, dinge wat families skeur en saam bring, maar ook die belangrikheid van vriendskap. Om deur 'n groep vriende omring te word het Ben baie gehelp, toe hy alles begin verloor, het sy vriende by hom gestaan. Kalla is 'n interessant karakter en is die voorbeeld van gif kom in klein botteltjies.
Wanneer jy hierdie boek optel, gaan jy beslis 'n smaak kry van avontuur, gevaar en passie. Joha van Dyk is 'n fantastiese skrywer en wanneer haar naam op die voorblad is, kan jy weet dit is 'n moet lees. 'n Regte page turner van een van ons eie!
Baie dankie aan NB Uitgewers vir hierdie kopie in ruil vir 'n eerlike resensie.
Kanniedood, die derde in Joha van Dyk se Branderjaer-reeks, stel vir Ben en Kalla Palmer om die beurt aan die woord. Die bendes, die Urchins en die Rotte, is in essensie volwaardige karakters in hierdie verhaal. Die binnewerking van bendes, die verraad, die oorloop, die geweld, die intimidasie, die oorlog – alles word sonder versagting aangebied. Jong mense wat daagliks moet kies tussen hulle families en lojaliteite: “Dis sy familie, sy pa. Dis … Niemand moet eintlik sulke keuses hoef te maak’ie.” (p. 402) Ek het nogal moeilik gelees aan hierdie een, want die deurlopende storielyn is veel donkerder as bloot verhoudings tussen vriende. “Inisiasie in nie in jou hande nie. Hulle prop ’n gun in jou hand – hulle doop dit “Lewe”. As jy dit verloor, verloor jy jou lewe. En hulle kies hoe jy dit die eerste keer gebruik. Hulle kies hoe en wie se lewe jy neem.” (p.235) Daarmee saam is daar bloedskuld, brandstigting, boeliegedrag, alles onderwerpe wat swaar op die hart lê. Die kontras tussen Breekwater en Stormbaai is nog meer prominent in hierdie aflewering. Breekwater, met sy drag racing wat die vrede versteur, word deur meer as bloot ’n brug geskei van Stormbaai. Interessant was Kalla se aksent, waaraan sy hardnekkig klou, selfs wanneer sy na Storm Hoër oorgeplaas word, teenoor Ben, wat aksent na willekeur kan verander. Wees gewaarsku dat die taalgebruik meer kru is as in die eerste twee boeke. Ek lees nie gemaklik aan verhoudings tussen dieselfde geslag nie, maar ook dít vorm ’n bousteen vir hierdie verhaal, wat bydra daartoe dat die storie beslis relevant is in die huidige tydsgees. Kanniedood, ’n voortsetting van die Branderjaers se fiktiewe sage, geplaas in ’n fiktiewe omgewing, getuig van deeglike navorsing deur die skrywer, wat betref bendes en bendegeweld, wat alles behalwe fiktief is! Dalk rede waarom ons redelik lank moes wag vir hierdie derde boek, wat veroorsaak het dat ek al weer gesukkel het om die voorafgaande detail te onthou en moes staatmaak op die skrywer se verwysings daarna. As jy dus kan herlees, of nou eers die reeks begin, lees dit beslis in volgorde. (Branderjaer, Vuurvreter, Kanniedood) Kanniedood is uitgegee deur Human & Rousseau, ’n gewilde druknaam van NB Uitgewers.
"Niemand is helemal goed nie, Bella. Niemand is oek helemal sleg nie. Die wêreld issie so swart en wit nie. Meeste van die tyd is dit grys."
Dis 'n nuwe jaar vir die Branderjaers in Stormbaai, maar ou gesigte en spoke gooi skadu's in Breekwater. Gaan Ben Palmer inlyn val met die wense van 'n man wat hy jare laas gesien het? Sal Kalla Palmer haar verlede aanvaar en haar onsekerheid kwytraak?
Die derde boek in die Branderjaer Sage was iets so onvoorspelbaar dat my kop nogsteed so effens draai. Al die geheime wat tot lig kom. Al die connections wat terug span tot die eerste boek kry verduidelikings. En dit los ons nogsteeds met ongeantwoorde vrae wat jou beslis terug gaan trek vir die volgende storie.
Okays, switching to English to do the rest of this review, because that's the only way I can accurately put to words the wonder that is this book.
I adored Ben and his "Feite". His thought process is so genuine and real that you couldn't not be drawn into who he is as a character. His reactions to losing all the things he cares about, constantly denying that it doesn't bother him and that he's fine with it, despite it being the total opposite, that it does bother him and that it isn't fine, is relatable. And watching as he slowly starts to admit to himself the truth of it? Allows himself to feel all he does and not deny it in fear of what could happen or could be said, was perfect. Ben has so many sides to him: friend, brother, protector, young kid, and we get to meet them all throughout the book. It rounded out his character so well, and I wish I could get so much more of him.
Ah, Kalla Palmer. The original "Kanniedood". She starts out as a naïve young girl (as she should be, at barely 17), hoping to prove herself in a misogynistic environment, and trying to reconcile the person she thinks she should be, with the person she truly is. Kalla comes into herself in such a fantastic way. She makes peace with the fact that what she had to do to protect herself as a much younger girl, does not take away from who she is currently. That wielding that title, "Killer", is part of who she is and who she became as a result of it. She says to hell with the men in Breekwater not caring about the girls/daughters/women/mothers that are innocent targets and collateral in their war, and takes matters into her own hands. One fire at a time. She grows into a strong and determined young woman, one that can protect and take on just as much as her brother(s) can. Kalla Palmer does not need anyone to save her, to take ownership of her Skuld, when she is capable of doing it herself.
Kanniedood has so many elements to it, and they play off so well. The pacing is good, with enough happening to keep you hooked and wanting more, but not so much as to overwhelm. We get a slight continuation of the drama that happened in Vuurvreter, something I believe is setting up for the next book in the series (I really really hope we get a book for Jak soon, I need answers to his drama, people!! I also need Ellis' book, like, yesterday, because he is the sweetest ever?!), but I do feel it was slightly out of place. The Mieke/Malherbe/Jak thing kinda took away from certain aspects of the story for me, taking spotlight off of Ben/Lee and Kalla/James, when this is supposed to be their story. It wasn't that major, I admit, but it does jump to the forefront of the mind. More connections and reveals are made regarding passing information in the first two books, and although I see why they are in this book, it just leaves you with more questions.
All-in-all, a book with high-stakes and surprising amounts of pyromania 😃. Of teenagers discovering themselves, realising they are allowed to have depths and layers (queue Shrek gif here), and taking down misogynistic gangs one fire at a time.
[14/10/23]
Wow wow wow. Okays, review pending, want ek moet eers my bearings kry om volledige sinne te vorm oor díé boek. [11/10/23]
Dankie aan NB Publishers en Tandem Collective vir die resensie-kopie! Alle opinies is my eie.
Joha doen dit weer. Elke keer as ek ‘n boek in die reeks optel is ek seker dat dit nie beter kan wees as die vorige een nie, en elke keer word ek verkeerd bewys. Die boek volg natuurlik nog ‘n Branderjaer – die keer Ben Palmer, ook bekend as Kanniedood. Die ander perspektief in die boek is Ben se suster, Kalla, s’n.
Ben en Kalla het grootgeword in die gevaarlike Breekwater area, maar dis okay, want hulle is deel van die Urchins, een van die bendes in die area. Hulle lewens word onderstebo gegooi wanndeer hulle pa ewe skielik terugkom na jare van weg wees.
Ek weet nie wat om te sê oor hierdie boek nie. Ek het soveel om te sê, maar ek is ook speechloos (iets wat nie baie met my gebeur nie). Soos wat ek vroeër die week vir Joha gesê het, was die ‘n conflicting boek vir my. Aan die een hand wou ek nie ophou lees nie, maar aan die ander hand wou ek nie hê dit moet ooit eindig nie.
Ben en Kalla voel soos regte mense. Al die karakters doen. Ek hoor hulle stemme, ek sien hulle voor my, ek voel hulle kwaad en hartseer en blyskap. Ek weet nie hoe nie, maar op een of ander manier kry Joha dit reg om hierdie intense storie van bendes relatable te maak. Want ja, daar is bendes en turf wars en geweld, maar daar is ook liefde en tienerwees en onsekerheid.
Daar is soveel dinge wat in hierdie boek gebeur. Ben en Kalla en die ander karakters ervaar soveel horrible, messed up goed, maar dit word met soveel sensitiwiteir hanteer. Alles van die boek was 10/10. Die skryf, die wêreldbou, die storielyn . . . Maar die ding wat vir my nog altyd die meeste uitstaan van die Branderjaers boeke is die karakters. Ek kan net nie genoeg van hulle kry nie.
Gewoonlik sit ek en dink vir ‘n paar dae na oor ‘n boek voordat ek ‘n resensie probeer skryf sodat my gedagtes in orde is, maar ek moes net my gevoelings oor die storie uitkry. So ja, die is miskien nie die mees eloquent review nie, maar dis real en raw, nes die boek.
Wow! Really enjoyed this! It was so tense though. Please be mindful of the following TW: - Biphobia and use of Homophobic Slur - Gang/Gun Violence. Just Violence in Genral - Gender Based Violence and Sexual Assault - Panic Attacks and PTSD
This book really picked up after the first two. It's like the first two just kinda allow you to get to know the world and characters and then the DRAMA starts in book 3. I'm very curious to see where the series goes after this, as there were MANY questions left unanswered
But this book had me stressed and gripping the pages! Ben and Kalla are by far my favourite points of view we got see in this series and I really appreciated the important topics Joha highlights and discusses with these works!
Ben was such a complex character and so much of his journey was relatable to me in terms of sexuality and masculinity, and at the same time the way both he and his sister Kalla have overcome intense trauma left me feeling deeply empathetic. And while this is fiction this book exposed me to a side of South African gang culture that was very foreign to me and I think it's an important topic to discuss. Especially in a country like South Africa, considering the history as well as the ongoing Femicide and the vulnerable populations accross the country. Kanniedood highlights so many important aspects of this and gives a perspective that is not political, but a human perspective. The real people who deal with heaviest and most unbearable consequences of these events, like the Palmer family.
Joha really knocked it out of the park with this one!!
As 'n jong kleurling seun, was die wêreld vir my baie vreemd omdat ek tussen soveel wêrelde moes spring. Lewe het verreis dat ek moes kon inpas in klomp verskillende plekke, waar daar nie altyd soveel kleurling mense dalk beweeg het nie. Dit het gelei tot 'n verskriklik gejag na my mens wees as tiener en toe later op Universiteit. Die eerste keer in my hele lewe toe ek my tipe stryde, en my tipe identiteitskrisise op papier gesien het - was met die skryfwerk van Joha van Dyk in Kanniedood met die Branderjaer-saga. Dis nie omdat daardie lewenservaringe by my begin het nie, eerder dat niemand daaroor geskryf het nie. Dalk was dit voorheen vir niemand van soveel belang nie, maar Van Dyk wou duidelik 'n punt maak deur uiting te gee aan daardie stemme en stories wat smag om gehoor te word. Baie boeke bevat sketse van kleurling mense, of karikature. Van Dyk het volle karakters, wat eg voel - met 'n hele binnewêreld wat ons nog nooit in Afrikaans gesien het nie.
Dis vreeslik opwindend dat hierdie tipe verteenwoordiging deur iemand so jonk betoon word, iemand wie nie so vêr weg is van die stories wat sy skryf nie. Van Dyk vat duidelik inspirasie uit regte mense uit haar lewe, en dus voel selfs die kleurling karakters asof hulle nie net aanmekaar geslaan is vir boekverkope nie, maar hulle is deeglik deurdenk, pragtig aanmekaar gestel met daardie bietjie goed en bietjie sleg wat ons almal mens maak. Van Dyk skets die agtergrond, en laat haar karakters toe om 'n lewe van hul eie aan te neem, soveel so dat die tonele voor mens afspeel en kan verlore raak in die skryfwerk.
Dis dalk die mooiste gedeelte van die Branderjaer-saga; die menslikheid wat Van Dyk betoon en haar vermoë om die leser oor elke karakter te laat omgee. Hierdie reeks vier elke karakter se mens wees, en wys ook die hart van wat dit is om 'n Suid-Afrikaner te wees. Van Dyk skryf hoe mooi ons is, hoe swaar ons kry, hoe moeilik dinge gaan - maar die heel belangrikste, sy skryf met 'n hoop vir ons toekoms, wat die karakters en die leser aanhou hoop vir nog, en aanhou hoop om deel te wees van 'n plek so mooi soos Van Dyk in haar boeke tot bestaan gebring het.
6🌟 - My Fav Afrikaans Series Wow, wow, wow! I got absolutely blown away by this book. Ben is like a soulmate, and his struggles with identity is just so familiar and sort of helped me make peace with mine. The way Joha so delicately just 'made it happen' essentially, was so real. Kalla is such a big inspiration and I learned so much from this book. Some quotes I will never forget. I'm excited for the next to come in the Branderjaer story!
“Kanniedood” is die derde boek in die Branderjaer-sage deur Joha van Dyk. Die eerste twee boeke was “Branderjaer”, gevolg deur “Vuurvreter”.
Die spanningsvolle reeks volg ‘n groep leerlinge wat in ‘n bende-oorlog betrokke raak. Ek sal aanbeveel dat mens die vorige twee boeke in die reeks eers lees, want dit gee ‘n baie deeglike agtergrond van al die karakters, wat nodig is, want daar is ‘n hele paar rolspelers.
Ben “Kanniedood” Palmer is sy suster, Kalla is die kinders van ‘n berugte bendeleier, en hulle word in hierdie boek nog meer gekonfronteer en gekniehalter deur die ongevraagte nalatingskap.
Dinge raak nog meer gekompliseerd wanneer hulle pa, Check Palmer, na ‘n lang afwesigheid weer terugkom huis toe. Wat wil hy bereik nadat hy vir jare basies van die aardbol af verdwyn het? Watter impak gaan dit op Ben en Kalla en selfs die hele Breekwater gemeenskap se lewens hê?
Ben probeer hard om net sy kop laag te hou en sy laaste skooljaar deur te kom, maar geweld in die dorp en by die skool maak dinge baie moeilik vir hom. Beide hy en sy suster het ‘n moeite besluit om te maak – is dit dan nie net makliker om in hulle pa se voetspore te volg nie? Veral Ben, wie al van jongs af as die “Kroonprins” verwys word? Hy is ‘n komplekse, emosionele mens en lojaliteit en liefde beteken baie vir hom.
Kalla moet net so hard veg om ou foute reg te stel en om haar tuisdorp meer draaglik en veilig te maak, en sy voel sy moet sake in haar eie hande neem. Al beteken dit om ‘n bende-oorlog te ontketen.
Alhoewel daar baie karakters in die Branderjaers groep en vriendekring is, fokus “Kanniedood” op Ben en Kalla se perspektiewe.
Die aangrypende en emosie-belaaide naelbytverhaal laat mens weereens besef wat die waarde van vriendskap en familie is en hoeveel tieners op ‘n daaglikse basis moet oorleef in ‘n geweldadige samelewing. Die skrywer het deeglik navorsing gedoen oor bendes en bendegeweld in Suid-Afrika, en het ook haar eie insig en ervaring as passievolle storieverteller ingespan om hierdie ‘n verhaal met realistiese, empatieke en geloofwaardige karakters te maak.
Sosiale temas soos intimidasie, trauma, boelie, rassisme, dwelms, bevooroordeling, geweld en identiteit in hierdie book aangespreek, gee mens baie om oor te dink.
Hierdie reeks is meestal gemik op tieners (14+) en jong volwassenes, maar ek glo dat dit waardevolle (en genotvolle) leesstof is vir enige iemand wat insig en empatie met die jonger generasie in ons land het.
Lees hier ‘n gratis uittreksel uit “Kanniedood” (NB Uitgewers/Publishers)
Ek het die geleentheid gehad om hierdie boek te lees as deel van ‘n #readalong (saamlees) aangebied deur Tandem Collective en NB Uitgewers/Publishers - Human & Rousseau). Dit was inspirerend en opvoedkundig om my mede-lesers se opinies te hoor, asook in hulle ervarings te deel. Dankie Tandem Collective en NB Uitgewers. AD PR-Product
Ben en Kalla Palmer se pa is terug. Vir gewone mense klink dit na ‘n goeie ding – die pa is terug! Vir Ben en Kalla beteken dit alles gaan verander. Die Urchins en die Rotte dreig-dreig heeltyd oor dwelms, area en lede. En dit alles het begin toe Kalla aangeval was en die Branderjaers die bloedskuld begin afbetaal het. Was daar ‘n manier om alles te vermy?
Dinge raak gevaarliker en meer donker in hierdie boek. Die oorlog wat heeltyd dreig tussen die gangs het begin en die Jaers is reg in die middel. Hulle is so naby daaraan om hul skuld af te betaal, maar met die oorlog dreig nuwe probleme en baie situasies wat nog skuld kan bylas. Die spanning tussen Ben en sy pa loop ook hoog en Ben probeer hom om elke hoe ken draai vermy.
Ben steun op sy vriende deur hierdie moeilike tyd. Kalla is ook nou nuut in hulle skool en hulle aanvaar haar onmiddelik. Die spanning van alles rondom hulle is egter besig om stadig hulle te bring na breekpunt toe. Met matriek, Universiteit, die Kring, die gevegte, die liefdesdramas en die oorlog wat hard op hul rûe lê, moet hulle meer saamstaan as ooit. Sal die Jaers dit kan maak? Of is die oorlog die ding wat hulle finaal gaan breek?
My gedagtes: Sjoe, die ene was omtrent ‘n spannende boek. Ben en Kalla se storie is ‘n hartseer en moeilike een. Weereens bemeester Joha die skryf daarvan. Ek sien baie uit na die volgende Branderjaer boek!