Jump to ratings and reviews
Rate this book

Help, help - Stories

Rate this book
Hierdie jongste versameling van Nataniël bevat 29 stories – 5 in Engels, 24 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is verwerk uit Nataniël-produksies oor ’n periode van drie jaar: BUTTERFLY, LOVESICK TIM, MOSCOW, SIX IN A BOAT, DIE SMITSTRAAT SUITE, ROME ’62 en PASSI PASSIO.

290 pages, Paperback

Published September 1, 2023

2 people are currently reading
4 people want to read

About the author

Nataniël

35 books22 followers
Nataniël was born in Grahamstown in the Eastern Cape. He went to school at Riebeeck-Kasteel Primary School and De Kuilen High School in Kuilsriver, near Cape Town. He went on to study music at the University of Stellenbosch.

He first became popular as a cabaret and stage artist, but since the 1990’s has also built a reputation as a writer, columnist and celebrity chef. His publications include Dancing with John (1992), Rubber (1996), Tuesday (2001), Food from the White House (2002), Kaalkop (2004) and When I Was (2008). His Kaalkop column has also appeared in the magazine Sarie for a number of years now.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (53%)
4 stars
4 (26%)
3 stars
3 (20%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Amanda.
1,161 reviews
October 11, 2023
Om Nataniël se stories te lees in sy nuwe boek, Help, Help, is soos om in een van sy meer as negentig verhoogproduksies te sit – wel, byna. Indien jy bekend is met sy verhoogstyl, sal die bladuitleg van sy boek perfekte sin maak. Hy gee daaraan sy eie unieke styl, hou glad nie by die skryfkonvensies nie. Dalk is my verbeelding oorywerig, maar ek hóór net soveel as wat ek lees.

“Ek sê, Ek het nog nooit sulke wenkbroue gesien nie, ek sou dit onthou het.

Ek moes dit laat lig het, sê die stem. My eerste man het gesê ek lyk teleurgesteld.” (p. 38)

Die bundel bevat 29 stories, 5 in Engels en 24 in Afrikaans. Elkeen daarvan deurspek met die droë humor so kenmerkend van Nataniël. Ook van kommentaar op die situasie in die land, ’n “plek sonder krag” en ’n hek vir die straat. Kommentaar op ouer word: “Wil ek soos talle mense van my ouderdom ineen krimp en ’n kleiner lewetjie oorweeg? (bl. 134)

Wat my opval is hoe hy telkens afwyk van die oorspronklike gedagtegang van ’n bepaalde vertelling, net om in een sin aan die einde die draad van die storie weer op te tel en vas te knoop. Of dalk glad nie weer by die oorspronklike tema uitkom nie, sy eie prerogatief. ’n Goeie voorbeeld is ’n Hele bestaan, wat afskop met ’n Pretoriase donderstorm, draai by ’n winkel wat matte verkoop, ’n tuisnywerheid en dan verplaas na die elfjarige Nataniël, woonagtig in die Swartland. Om uiteindelik weer uit te kom by ’n rokie wat draai.

Terwyl die skrywer se nugtere waarneming van ernstige sake kort-kort deurskemer, wil ek tog ’n vriendelike waarskuwing rig: moenie lees waar dit onvanpas is om hardop aan die lag te gaan nie.

Profile Image for Anschen Conradie.
1,497 reviews86 followers
October 13, 2023
#HelpHelp – Nataniël
#HumanEnRousseau

Nataniël le Roux word by uitstek met vlymskerp humor en pittige sosiale kommentaar geassosieer, maar wanneer sy lys van skeppings beoordeel word, is dit sy produktiwiteit en veelsydigheid wat opval. Hy spog met meer as 90 verhoogproduksies, 17 albums, 24 boeke en 8 televisiereekse, asook ‘n SARIE-rubriek wat reeds langer as 20 jaar steeds ywerig gelees word en sy eie produksiemaatskappy.

Elkeen wat al ooit die voorreg gehad het om hom een van sy stories te hoor vertel, sal saamstem dat dit heeltemal onmoontlik is om sy werk te lees sonder om terselfdertyd sy stem in die verbeelding te hoor. Hierdie bundel bevat 29 stories, 5 in Engels en 24 in Afrikaans. Sommige daarvan is verwerkings uit sy produksies van die afgelope drie jaar, onder andere ‘Moscow’, ‘Die Smitstraat Suite’, ‘Rome ‘62’ en ‘Passi Passio’.

Oudergewoonte is dit sy spitsvondige beskrywings van karakters se filmiese kwaliteit wat deurentyd vermaak: Tannie Annette se filterlose gebabbel maak van haar die enigste mens wat nie Psalm 141 in haar Bybel het nie; Mordel se ingetrekte mond herinner aan ‘n knoop in ‘n rugleuning; Marieta slaag binne 20 minute daarin om almal wat al ooit gelewe het, te beledig; Ms Dunton se ‘step-in’ kan wêreldvrede teweegbring synde dit ‘n bom sal verhoed om te ontplof as dit daarin geplaas sou word, en Tannie Vinette lyk van die kant af soos die dorpsdokter se handtekening.

Voorwerpe word oor dieselfde satiriese kam geskeer: ‘n Gospelgroep se bruin en room gewade laat hulle lyk soos ‘tien blokkies fudge met ‘n kitaar’; ‘n pizza restaurant lyk soos ‘die hut van ‘n duisend jaar oue trol’, en kort gordyne laat ‘elke venster lyk asof ‘n tennisromp teen hom vasgevlieg het.’

Bisarre situasies sal selfs die stroefste leser laat proes: die skrywer beplan om in vriende se huis te val sodat hy hulle aaklige koppies kan breek en met nuwes vervang; probeer ‘n versekeringsagent oortuig dat ‘n motor afgeskryf is weens trane, pyn en klapper; smokkel ‘n vriendin by die presidensiële woning in, en vergaap hom aan ‘n reuse toring van beskuitjies in ‘n winkel wat deur die hele dorp in posisie gehou word.

Twee persoonlike hoogtepunte is die beskrywings van diensplig en angeliere: ‘As jy agtien is, moet jy in die bos gaan bly en mense skiet jou twee jaar lank mis of raak.’ (58) en ‘As jy al ooit in Bainskloof was…en ‘n bobbejaan het op jou voorruit kom sit, wil jy nooit weer ‘n enkel-angelier sien nie.’ (80)

Daar is net een Nataniël.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.