Jump to ratings and reviews
Rate this book

Still Breathing

Rate this book
For the first time in twenty-five years, a group of friends gathers to celebrate Adriaan’s birthday. One by one, the guests arrive at Adriaan and Yvette’s beach house on the West Coast. Their children and grandchildren join the celebration. In the years since they last saw each other, some have had to say goodbye to life partners and dreams; others have found new love and meaning. And then there’s Yvette, who can’t yet bring herself to tell everyone about her journey.

288 pages, Paperback

First published September 1, 2023

65 people are currently reading
84 people want to read

About the author

Marita van der Vyver

45 books142 followers
Marita van der Vyver is the author of a dozen novels, a collection of short stories, two collections of humorous essays, picture books for children, many short stories and essays in anthologies, and regular columns in newspapers and magazines. Her books have been published in English, Dutch and German, and her first novel, published in English as Entertaining Angels, became a bestseller and was translated into twelve languages. She lives in France with her family.

Marita van der Vyver is die skrywer van ’n tiental romans, ’n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Haar boeke word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal na die sukses van haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf ’n sprokie, ’n literêre sensasie wat in sowat ’n dosyn tale gepubliseer is. Twee van haar romans, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en Dis koue kos, skat, is verfilm. Sy woon in Frankryk saam met haar familie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
73 (30%)
4 stars
85 (36%)
3 stars
57 (24%)
2 stars
16 (6%)
1 star
5 (2%)
Displaying 1 - 23 of 23 reviews
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books35 followers
October 2, 2023
Ek is eenvoudig sprakeloos oor die boek wat Wegkomkans gaan onttroon as baie mense se gunstelingboek oor die jare.

Soos sy voorganger, 'Wegkomkans', is Marita van der Vyver se filmiese vervolgroman, ‘Laaste kans', 'n belangrike tydsdokument wat ons angs, vrees en onsekerheid aan die vooraand van die Covid-19-inperking treffend uitbeeld sonder om ooit in somberheid te verval.
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
March 18, 2024
nee nee nee, ek wil iets oorkom. ek het die boek nou net klaar gelees en 'freak' uit. 'how depressing' !! 🫣 ek is nie noodwendig een vir 'happily ever after' nie en hou dikwels meer van 'n realistiese einde, maar vaderland, iets kon darem uitgewerk het vir iemand aan die einde van hierdie storie.

ek verstaan heeltemal dat die virus die wêreld op sy kop gegooi het en dat ons op sekere gebiede nog steeds met die 'aftermath' sit, maar ek het dit nou net glad nie verwag nie.

ek is duidelik in die minderheid, ek weet, maar is baie teleurgesteld. ek het deurentyd gedink hierdie boek is stukke beter vir my as 'wegkomkans', wat ek ook geniet het. ai ai. * sug *
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,497 reviews86 followers
November 15, 2023
#LaasteKans – Marita van der Vyver
#Tafelberg

‘To drink in the last chance saloon…’ ‘n Laaste kans om iets reg te stel. Die uitdaging is natuurlik om te weet wanneer dit, minstens waarskynlik, inderdaad die laaste kans is. Ons glo mos eerder daar is altyd nog ‘n more, nog ‘n geleentheid.

Die groep vriende se vorige samekoms is vasgevang op ‘n kleurfoto, gedruk op glanspapier. Op 1 Januarie 1995 was digitale bewaring kwalik meer as wetenskapfiksie. ‘n Kwarteeu later, tydens hulle volgende samekoms, is alles anders; dis die tyd van bleskoppe en boepense, plooie en rekmerke. 14 Maart 2020 sien dus heel anders daar uit, die eertydse volwassenes is nou bejaardes, die kinders het self ouers geword, nuwe gesigte het bygekom. ‘It was the best of times, it was the worst of times….’ Die reünie was terselfdertyd ‘n weersiens en ‘n afskeid, die wêreldwye pandemie wat sou volg, bytende aan die hakskene.

Die herontmoeting soos beskryf in hierdie roman volg op die wegbreek van ‘Wegkomkans’ (Tafelberg, 1990). Die lees van laasgenoemde is egter geensins ‘n vereiste vir die lees van die opvolg nie. ‘n lys van karaktername met ‘n kort herinnering hoe en waar wie inpas, is beide ‘n inleiding vir diegene onbekend met hulle, en ‘n herinnering vir diegene wel bekend met hulle.

Daar is nostalgiese terugblikke na die verlede; die onbeantwoorde vrae wat immer teenwoordig bly wanneer ‘n kind jonk sterf, so jonk dat hy nog geen lewe gehad het waarin hy kon spore trap nie, niks kon doen waarvoor hy onthou sal word nie. Daar is die onvermydelike vrae oor wat die moeite werd was en wat nie, die hunkering na die persone wie se plekke leeg geword het en nie eers deur geliefdes gevul kan word nie, wie se afwesigheid juis groeiend waarneembaar is in die teenwoordigheid van hulle wat probeer verstaan; die besef dat jeugdige sekerhede fondamente in sand gehad het; die kompleksiteite van verhoudings en die toenemende gevoel van ontheemdheid, van nie behoort nie.

Nostalgie word dikwels met klanke en reuke verbind en hierdie roman is geen uitsondering nie. Die hoofstuktitels vind hulle oorsprong in die lirieke van desjare se musiek: The Clash, Sinéad O’Connor, Paul Simon, Barbara Streisand, Nirvana, Talking Heads, Chubby Checker, Joe Cocker, Pink Floyd, Patti Smith, Michael Jackson… Wêreldliteratuur verskyn eweneens soos versteekte paaseier-verrassings in die teks: Aldous Huxley, Breyten Breytenbach, Virginia Woolf, Lewis Carroll, Milan Kundera, Antjie Krog, Dylan Thomas, Tolkien, en meer.

Die karakters is uiteenlopend wat ouderdom, seksuele oriëntasie, agtergrond, beroepe, geslag, ras en gesondheid betref en dit is juis die verskeidenheid van perspektiewe wat die geheime wat digby die bors gehou word, aan beide die leser en die karakters openbaar; ‘n deurlopende herinnering dat ons mekaar se stories hoogstens gedeeltelik ken.

Die eindproduk is ‘n ode aan vriendskap; ‘n ondersoek na veroudering en verandering, wanneer die spreekwoordelike luike begin toetrek en die ligte afgeskakel word, en ‘n dapper kyk na die dood, want ‘…hy gooi elke dag ‘n langer skaduwee oor jou. Elke dag kry jy bietjie kouer.’ (161)

Die slottonele draai ek soos ‘n woordmantel om my skouers, ‘n trooskombers teen die aanslae van Vader Tyd.
NB-Uitgewers/Publishers
Marita van der Vyver - official group

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
146 reviews8 followers
October 4, 2023
Dit was ‘n reuse voorreg om Saterdagmiddag by “The Bookkeeper Shop” te luister na Phyllis Green in gesprek met Marita van der Vyfer. Phyllis is ‘n meesterlike onderhoudsvoerder en Marita, wel is Marita. Meesterskrywer en towenaar met woorde, of sy hulle nou skryf of praat. Ek is onbeskaamd een van die “Wegkomkans groupies” waarna Marita verwys het in haar gesprek. Die lesers wat altyd maar gevra het of daar nie ‘n opvolg kan kom nie. Die wat gewonder het oor wat van ons groep vriende geword het. Die wat hulle boeke opgelees het en keer op keer “Wegkomkans” weer geniet het en elke keer met iemand anders kon vereenselwig. Ek kon letterlik nie wag om “Laaste kans” te lees nie.
“Laaste kans” open met ‘n foto – dieselfde een waarmee “Wegkomkans” afsluit. Die ou vriende en hul kinders soos vasgevang op die eerste dag van 1995. Die boek sluit ook weer af met ‘n groepsfoto gedateer 14 Maart 2020. Tussen die twee gedeeltes speel die naweek af wat ons ‘n insig gee in die lewensverloop van die groep vriende in die 25 jaar tussen die twee fotos.
Die groep vriende, nou met volwasse kinders, tieners en selfs kleinkinders, kom bymekaar vir ‘n naweek om Adriaan se sewentigste verjaarsdag te vier. Party van hulle sien mekaar gereeld terwyl ander vir jare nie fisiese kontak gehad het nie. Yvette, Adriaan se vrou wat nog altyd as ‘n soort van kern van die groep gefunksioneer het, het almal weer bymekaar gekry van heinde en verre. Vir Yvette gaan dit oor meer as net die verjaarsdagvieringe. Dit is egter net bekend aan enkele lede van die groep.
Die tydsplasing van die boek is uitsers belangrik. Die naweek van 13 tot 15 Maart 2020 is geskiedkundig – nie net in Suid-Afrika nie maar ook in ander dele van die wêreld. Hier was dit die naweek voor die aankondiging van die noodtoestand. In Frankryk was dit die naweek wat alle restaurante gesluit is. Die pandemie is amper ‘n karakter op sy eie – een wat spanning skep in die boek en soos die naweek vorder groei die ondeliggende spanning. Daar is so baie al gedebateer oor hoe die pandemie in boeke hanteer moet word – in hierdie boek is dit ‘n integrale deel van die verloop van die storie. Vir ons almal roep dit herinneringe op van wat ons gedoen het rondom daardie tyd en ons eie verliese en komplikasies in verhoudinge wat die pandemie geskep het. Die boek sluit af met die sin “Hulle het niie geweet wanneer hulle mekaar weer sou sien nie”. ‘n Sin waarmeer soveel van ons kan vereenselwig.
Soos in die meeste van die skrywer se boeke speel kos, musiek, kuns en letterkunde ook ‘n belangrike rol in die oproep van die tyd en omgewing waarin die karkaters leef. Die lekkerte van ander bekende karakters uit ander Van der Vyver boeke wat inloer vir ‘n klein kamee is ‘n heerlike vorm van binnepret tussen die leser en die skrywer. “Laaste kans” kan gemaklik as enkelstaande boek gelees word want voor in die boek verskaf Marita ‘n nuttige “wie is wie” gedeelte. Ek het dadelik met ‘n herlees van “Wegkomkans” begin na ek “Laaste kans” neergesit het en geniet dit van voor af uit ‘n ander oogpunt – nou met die kennis van wat later in ons geliefde karakters se lewens gebeur het.
“Laaste kans” gaan oor verhoudings, vriendskappe en vertoue in mekaar. Oor verlies en ouer word, oor nuwe lewe en nuwe verhoudings. Marita is ‘n fyn waarnemer van mense en die verhoudings tussen hulle. Elkeen van die merkers in die foto van my boek is ‘n pragtige sin of twee wat ek as aanhaling sal wou deel – daar is net te veel. Dit is waar die heel beste dele van hierdie boek vir my persoonlik lê – die meesterlike stukkies wysheid wat die skrywer deur haar karakters met ons deel. “Laaste kans” stel geensin teleur nie. Ek vermoed dat ek hom ook weer en weer sal lees en elke keer met iets nuut die boek sal toemaak.




Profile Image for Amanda.
1,160 reviews
October 21, 2023
Ek het Laaste kans byna soos ’n eksperiment aangepak. Sou ek kon sin maak, terwyl ek sy voorganger, Wegkomkans, nie gelees het nie? ’n Besliste “Ja” aan die einde van my sessie saam met die groep vriende wat ná vyf en twintig jaar weer almal saam kuier. Grootliks te danke aan “Wie is wie”, ’n omvattende lys van die karakters (p. 9) wat ek strykdeur en baie gereeld, geraadpleeg het.
Die bespreking van die 1995 groepfoto waarmee die boek afskop, gee alreeds goeie insig. “’n Doodgewone groepfoto wat ’n storie van ’n duisend woorde vertel.” (p. 15)
Die skrywer slaag meesterlik daarin om die voorgeskiedenis van hierdie klomp mense gladweg te verweef met die gebeure van die huidige samekoms, en met die verloop van hulle lewens sedert hulle almal laas saam was. Kinders en kleinkinders kleur die nuwe prentjie verder in. So ook ’n paar belangrike feite waarvan die vriende nie bewus is nie.
Die huidige punt in tyd is Maart 2020, kort voor die afkondiging van die noodtoestand en wêreldwye inperkings en verbod op reis. Die dreigende virus veroorsaak toenemend spanning onder die gaste en herinner terselfdertyd die leser aan die onsekerhede van daardie tyd.
Hierdie verhoudingsroman spreek ’n wye verskeidenheid van aanvegbare onderwerpe aan by monde van die rolspelers, wat insluit die geweld en ontnugtering op vele terreine in die nuwe Suid-Afrika, dinge waarvoor in die apartheidsjare stryd gevoer is. Dan is daar huweliksontrou, egskeiding, enkelouerskap, homoseksualiteit, moord, selfdood, depressie en die verlies van lewensmaats, om ’n paar te noem.
Wat besonder baie aandag kry, en met sensitiwiteit hanteer word, is die kwessie van ouer word. Dit spreek nogal baie sterk tot myself, wat in dieselfde ouderdomsgroep is as die oorspronklike vriendekring.
Die verhaal sluit af met ’n volgende groepfoto, hierdie keer geneem op 14 Maart 2020. Daarmee saam ’n nugtere en nostalgiese kyk na die pandemie en die uitwerking daarvan op die onderskeie mense wat in die loop van die roman bekendes geword het.
Profile Image for Sonja.
66 reviews
December 23, 2024
Een van die boeke wat mens lank sal by bly. Miskien is dit omdat ek self al amper 'n bejaarde is wat die gewaarwordinge in die boek my so getref het. Dis soos Emma gesê het. "Genoeg tyd is 'n relatiewe begrip. Toe ons dertig was, het ons gedog daar's genoeg tyd voor ons sestig word. Nou voel dit soos 'n oogknip." Die insig van die karakters in blydskap, pyn, lyding en verlies van geliefdes word so raak beskryf.
Profile Image for Monet.
5 reviews1 follower
July 20, 2024
Marita van der Vyver kan níks verkeerd doen in my oë nie. Briljant en mooi en leersaam.
Profile Image for Salomé Kotzé.
227 reviews8 followers
October 1, 2023
Ek het die boek nog meer geniet as wat ek gedink het moontlik is. Fantasties.
Profile Image for Roelia (Roelia Reads).
421 reviews1 follower
January 28, 2025
Hierdie boek was Netwerk 24 se Luisterboek van die maand (Januarie 2025).  Anna-Mart van der Merwe was die perfekte voorleser! 

Wat ek gedink het

"Laaste Kans" deur Marita van der Vyver is 'n ontroerende verhaal wat die leser neem op 'n reis van vriendskap, herinneringe en die kompleksiteite van menslike verhoudings. Die boek speel af in die vroeë dae van Maart 2020, net voordat die COVID-19 pandemie die wêreld oorneem. Dit vertel die verhaal van 'n groep vriende wat bymekaar kom vir 'n 70ste verjaarsdagviering. Terwyl hulle feesvier, onthou hulle die afgelope dekades van hul lewens, herleef ou herinneringe en verwerk die verlies van geliefdes. Met uiteenlopende karakters, ouderdomme en persoonlikhede, bied die boek 'n ryk tapisserie van menslike ervarings en emosies.

Temas

Vriendskap: Die boek dien as 'n ode aan vriendskap en die krag daarvan om ons te vorm en te ondersteun deur die uitdagings van die lewe.
Herinneringe en Nostalgie: Die karakters herleef hul jeug en verlore tye, en die musiek lirieke dien as 'n sterk simbool van die verlede.
Verlies en Afskeid: Die verhaal verken die pyn van verlies en die proses van afskeid neem, wat universeel weerklank vind.
Ouderdom: Die kompleksiteite en realiteite van veroudering word sensitief en realisties uitgebeeld, met karakters wat hul nuwe lewensfases aanpak.
Komplekse Verhoudings: Die roman verken die ingewikkeldheid van menslike verhoudings en die lae van interpersoonlike dinamika.

Positiewe Punte

Diepgaande Karakterisering: Marita van der Vyver se karakterisering is meesterlik, met elke karakter wat lewendig en eg voel.
Sterk Atmosfeer en Toneel: Die boek skep 'n ryke atmosfeer wat die leser in die vroeë dae van die pandemie dompel.
Pragtige Skryfstyl: Die skryfstyl is liries en bekwaam, wat die leser deur die verhaal lei met 'n gevoel van verwondering en emosie.
Veelvuldige Perspektiewe: Die gebruik van verskillende perspektiewe dra by tot die diepte van die verhaal en bied insig in die gedagtes en emosies van die karakters

Wie Sal Hierdie Boek Geniet?

"Laaste Kans" sal aanklank vind by lesers wat hou van diepgaande, emosionele verhale oor vriendskap en menslike verhoudings. As jy hou van nostalgiese verhale wat jou laat nadink oor die verlede en die mense in jou lewe, sal hierdie boek jou bekoor. Dit is ook 'n moet-lees vir aanhangers van Marita van der Vyver se werk, sowel as enigiemand wat op soek is na 'n boeiende leeservaring wat die kompleksiteit van ouderdom en verlies ondersoek. "Laaste Kans" is die opvolg van "Wegkomkans", wat oorspronklik in 1999 gepubliseer is.  Alhoewel ek nie "Wegkomkans" gelees het nie, kon ek wel relatief vinnig die karakters vind.  

 Gevolgtrekking

"Laaste Kans" deur Marita van der Vyver is 'n pragtig geskryfde en diep ontroerende roman wat die krag van vriendskap en die pyn van afskeid vier. Met komplekse karakters en 'n verhaal wat beide nostalgies en aktueel is, bied die boek 'n ryk en bevredigende leeservaring. Hierdie boek is 'n huldeblyk aan die waarde van menslike verbindings en 'n herinnering aan die onvermydelike veranderlikheid van die lewe. 
Profile Image for Hjwoodward.
534 reviews9 followers
July 11, 2025
Hah, I had no idea this was a sequel, twenty-five years later, the back stories in the book just seemed so right and kind of enough. But I look forward to reading the first, I can get it in Afrikaans I think. I do love the translations of Marita's books. For example, when Yvette laughs open-mouthed: it's an unusual way of describing a laugh in English but lag oopmond is absolutely normal! It's little nudges like these that remind you of your mother tongue. The novel is about this group of friends who get together after 25 years. The month and year this festive weekend takes place is in March 2020. As the reader, one is well aware of what happened that year, but of course to the group the pandemic is only a vague rumour on the periphery of their thoughts. It never takes centre stage, but its reality starts seeping in along with the way people act, in much the same way, one imagines, as people reacted to the Second World War. With a loosening and a letting go. Van der Vyver’s mentions Elizabeth Bishop’s poem ‘One Act’ : ( “Lose something every day. Accept the fluster/ of lost door keys, the hour badly spent./ The art of losing isn’t hard to master.”) and loss is threaded throughout the book. But also love. I loved the warmth and friendliness that shine through in this book, reflecting what my daily life here in South Africa feels like. Just as my many different relationships are, as it happens. The love between old friends that occasionally bumbles into sex. I liked that. I think the intimacy of sex can also be another facet of friendship in a way, well, that is if you don't have a living partner, that is. The grown-up children and their parents. I liked the focus on the grandfathers and their grandchildren, not that I see much of that in my family. (I wish my brother was still alive.) I liked the way the dying and dead stay in everyone's minds but at the same time life is enjoyed to the full, The many ways of love: the old lovers, sibling love, new, blossoming love and love of mentors. And always the sly bits of humour! I thoroughly recommend it.
Profile Image for Christine Diampovisa.
31 reviews
February 5, 2025
There was something about the summary that drew me into this book and it was on my TBR list since last year.

The book follows a group of friends getting together to celebrate their friend's 70th birthday. We are taken back to how the group started 20 years ago, navigating dating throughout the years and swapping partners. Marita describes how their lives have changed and becomes intertwined as the years have gone by. But this entire book took place over a weekend, meaning that Marita van der Vyver had to find a way to blend over 20 years of history into just over 300 pages.

What sold me on the book was the secrets dispersed throughout the book. But after reading the book, I was left underwhelmed.

It was a great read as the characters were likable, regardless of their choices and the story flowed gradually, What I liked about this book was the pace - I did not get stuck into the book (per se), but I found that I was getting through the pages without really realising it. It was a cosy read but maybe I was expecting something more sinister, which explains the low rating.

P.s. why are majority of the reviews in Afrikaans
Profile Image for Marno.
39 reviews3 followers
November 27, 2023
Behalwe vir my 3 sterre, dink ek hierdie boek is besonders goed geskryf. As leser kon ek Marita se styl en woordkuns waarder. Sy het duidelik ñ liefde vir Afrikaans. As ñ storie oor vriendskap, dink ek Marita het die liefde tussen vriende so mooi vasgevang.

Maar, die 20 karakters het dit net te moeilik vir my gemaak om die storie te volg. Dit sou anders wees as die boek langer is, maar die tekort aan lengte het my laat voel asof ek nie veel weet van die 20 karakters nie. Daar is wel ñ opsomming van karakters vooraan, maar dit het net van tyd-tot-tyd gehelp. Ek wou die mense by die strandhuis voel, maar ek het gesukkel.

Nogtans, vir díe wat wegkomkans gelees het, sal die storie sekerlik ñ groter plesier wees.
Author 2 books8 followers
March 5, 2024
An easy read by Marita van der Vyver, a South African author. It's a story about a group of friends who meet for the first time in 25 years, to celebrate a 70th birthday.

It has a distinctly South African flavour; the setting is on the West Coast of the Western Cape, and it is just before Covid - no one knows yet how this virus will affect them. A few in the group are already living abroad, and while at this weekend they heard about 'lockdowns'.

A very contemporary story with love, laughter, and heartache that affects this group.


12 reviews
October 19, 2023
Uitsonderlike boek, dit bly by jou. Om die meeste daaruit te kry, sal dit help om Wegkomkans weer te lees. Maar dit kan alleen gelees word. 'n Groep vriende ontmoet weer vir 'n naweek na omtrent 40 jaar. Almal is 'n bietjie ouer, maar verder terg en spot hulle mekaar steeds nes in die ou dae.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
September 25, 2023
Niemand van 'n "sekere" ouderdom kan onaangeraak deur hierdie boek bly nie. Maar die jonges kan ook maar lees - die volgende geslag word ook met 'n sekuur hand geteken.
Profile Image for Hannelie Du plooy.
2 reviews
October 28, 2023
A touch your heart story.

Marita van der Vyver at her best. A remember story of what was and what is on the always moving wheel of life. Great reading!
Profile Image for Etienne Lombard.
Author 4 books10 followers
February 17, 2024
Ek het geniet om die boek te lees. Tog die gebruik van soveel Engelse woorde het my geirriteer.
1 review
May 9, 2024
Excellent!!!!!

Lovely follow up to Wegkomkanse and great to see what happened to the characters. A few twist in the story makes it even better reading!
Profile Image for Shayne.
130 reviews4 followers
February 9, 2025
Loved the tapestry of characters in this novel, beautifully written, addressing a wide range of topics. The end however? Complete disappointment.
Displaying 1 - 23 of 23 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.