Ek het 'n Engel gesien is stories wat skrywer en raak prater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met engele te deel. “Die terugvoering was oorweldigend,” sê sy. “En met elke storie was die versoek, 'Sit dit vir ons in 'n boek, asseblief'.” Dié boek is gevul met diep menslike ervarings van hoogs geestelike wesens vanuit elke uithoek van ons land...Van gevaarlike paaie en traumatiese ongelukstonele tot pediatriese sale en intensie sorgeenhede ... Van die verpletterde ma wat langs haar dogter se ongelukstoneel gehelp is deur drie onsigbare vroue in hoëhakskoene en die wanhopige pasiënt wie se oorlede ouma 'n leerskare engele na haar bed toe gelei het tot die geheimsinnige vertroosting van 'n wit veer op 'n tafel in 'n industriële gebied sonder bome of voëls. Rakende hier die sonderlinge versameling, haal Amore 'n wyse man aan: “Dit wat ons kantel, tel glad nie; dit wat ons nie kantel nie, is al wat tel.” Die verhale in Ek het 'n Engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer. Die illustreerder is die Durbanse kunstenaar, Deirdre Schoultz. Haar eteriese tekeninge voeg 'n dimensie van intrige en misterie by die roerende verhale..
Engele. Die woord bring uiteenlopende gedagteprentjies na vore: van reusagtige soldate met glimmende swaarde tot blosende wangetjies met ‘n vergulde pyl en boog en silwer figuurtjies aan die Kersboom. Verhale van engele is so oud soos die mensdom. Soms is hulle bewakers, soms beskermers, en soms boodskappers.
Tydens die skrywer se loopbaan as radio-omroeper by RSG het luisteraars hulle verhale van buitengewone ontmoetings aan haar gestuur. Na herhaalde versoeke om dit in boekvorm beskikbaar te stel, is 72 daarvan in hierdie bundel opgeneem. Sommige verklap die vertellers se name, sommige is anoniem voorgelê; sommige is eie ervarings, sommige is oorvertellings. Die meerderheid vertel van ingrepe wat lewens gered het, maar nie alle bydraes is ewe dramaties gesentreer om gru-ongelukke en hospitaaltonele nie; in sommige gevalle was dit eerder die gewaarwording van ‘n stille, vertroostende teenwoordigheid, soms in bykans menslike gedaante, maar soms ook as geliefde diere.
‘n Kritiese kyk maak dit vinnig duidelik dat nie alle verhale om engele sentreer nie, enkeles vertel bloot van ‘n gebeurtenis wat nie verklaar kan word nie – soos n oorledene wat aan ‘n agtergeblewene verskyn om laasgenoemde in te lig waar haar geld versteek is. Die leser se eie verwysingsraamwerk sal natuurlik die evaluering van geloofwaardigheid bepaal, maar die oorkoepelende indruk is tog dat die bydraers oortuig is van die betroubaarheid van hulle eie belewenisse.
Die woorde van Ferdinand Deist is waarskynlik ‘n gepaste samevatting: ‘ Die vraag is of ons visie breed en diep genoeg is om ‘n kosmos groter en dieper as die sigbare te duld.’
In die 1990's het ek twee verskillende eerstehandse vertellings gehoor van vroue wat in noodsituasies ervarings gehad het wat hulle nie agterna kon verklaar nie. Ek kon nie anders as om te glo dat dit ingryping deur engele was nie.
Van die verhale in hierdie boek stem merkwaardig ooreen met dié twee verhale.
die stories wat Amore Bekker as voormalige RSG-aanbieder ontvang het nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met engele te deel. "Die terugvoering was oorweldogend.