Jump to ratings and reviews
Rate this book

'n Bietjie Hoop

Rate this book
Wat moet ‘n vrou doen wanneer sy haar beste vriendin en haar kêrel betrap waar hulle seks het op haar antieke tafeltjie – op dit nogal op haar verjaarsdag?

Vind die naaste kroeg in Glasgow om haar sorge te verdrink, natuurlik. Sy sal ook nie nee sê vir ‘n stout seun as ‘n vroeë Kersgeskenk nie.
Wat Jenna Meyer nie nodig het nie, is om deur die goeie ou gered te word. Of dalk het sy. Hoekom anders sou sy dan die volgende oggend in ‘n vreemdeling se bed wakker word – een met ‘n aanbod wat net te aanloklik is om te weier?

Ben Alexander probeer sy rugbyloopbaan in Skotland herbou, ver weg van die hartseer wat hy op ‘n plaas in Afrika agtergelaat het.
Toe hy tot Jenna se redding kom, beduiwel hy sy eie planne. Maar wie red nou eintlik vir wie?
Kan twee gebroke mense vreugde in die feesgety vind en dalk ‘n bietjie hoop vir die toekoms?

Kindle Edition

Published October 1, 2023

Loading...
Loading...

About the author

Francine Beaton

68 books317 followers
Having spent decades devouring romance novels, South African-born romance writer Francine Beaton lives in Glasgow with her Scottish husband. She published her debut novel, Eye on the Ball, and the first book in the Taste for Love series in 2018.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
39 (63%)
4 stars
14 (22%)
3 stars
6 (9%)
2 stars
1 (1%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Jean-Mari Ekkerd.
1 review
October 7, 2025
Van die heel eerste hoofstuk af het hierdie boek my vasgevang - ek kon eenvoudig nie ophou lees nie! Francine Beaton het iets besonders geskep met ’n Bietjie Hoop: ’n storie wat jou hart breek, maar dit terselfdertyd ook stadig aan weer heelmaak.

Die hoofkarakter, Jenna, het my van die begin af laat voel asof ek haar ken. Haar pyn, haar woede en haar soeke na aanvaarding was só eg dat ek myself soms in haar plek kon sien. Die manier waarop sy ná verraad probeer om weer sin en hoop te vind, het my diep geraak. En toe Ben Alexander in die prentjie kom - ai, toe was ek verlore! 😅 Sy sagte, beskermende aard en sy eie gebrokenheid maak hom ’n karakter wat jy nie gou sal vergeet nie.

Wat ek veral mal oor is, is hoe Francine Beaton die lig en donker van die lewe balanseer. Die storie wys dat hoop nie altyd groot of dramaties hoef te wees nie - soms is dit net in ’n klein oomblik, ’n bietjie liefde, ’n nuwe begin. Die agtergrond van Skotland gee ook die boek ’n unieke atmosfeer; jy kan amper die koue lug voel en die reën hoor terwyl jy lees. Francine se skryfstyl is eenvoudig, maar emosioneel intens — dit trek jou in sonder dat jy dit agterkom.

🌟 My eerlike mening:

Ek was mal oor hierdie boek. Dis een van daardie verhale wat jy vinnig lees, maar lank by jou bly. Dis vol warmte, genesing, en natuurlik - ‘n bietjie hoop. Ek sal dit vir enige iemand aanbeveel wat romantiek, egte emosies en tweede kanse waardeer.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ 5 uit 5 sterre van my kant af!
Profile Image for Elsabé Welman.
Author 15 books49 followers
December 7, 2022
Ek was bevoorreg om 'n Bietjie Hoop te kon beta-lees.
Ben en Jenna is vreemdelinge vir mekaar. Deur daar te wees vir mekaar en bereidwilligheid om te luister, en selfs toneel te speel, help hul om seer dinge in die oë te kyk. Maar, alles loop nie heeltyd so gemaklik nie. Daar is die labrador, Butch James, wat in die leser se hart klim met sy liefde vir 'n b-bederfie. Daar is die verlede. Die plaasmoord. Die mense wat jou in die oë kyk en jou bedrieg.
'n Bietjie Hoop is 'n lieflike Kersverhaal van Hoop, en dit is 'n lekkerte om te sien hoe die karakters groei.
16 reviews2 followers
October 5, 2023
Jenna en Ben se vriendskap begin op 'n baie onkonfensionele manier. Sal daar iets meer uit die vriendskap kan groei? En sal Jenna vir Ben kan help om vrede te maak met sy verlede?

Hierdie verhaal lees maklik en vinnig en laat die leser met 'n glimlag op die lippe. Tog is daar ook hartseer tussen die blaaie verskuil wat mens laat stil word en laat nadink. Alles is nie altyd net mooi en perfek nie. Maar dit verhinder jou nie om ten spyte daarvan gelukkig te kan wees nie.
Profile Image for Niekie Bushby.
65 reviews
July 24, 2023
'n Lekkerlees-storie met sterk karakters. Sien uit na die opvolg.
Profile Image for Antoinette.
199 reviews
June 7, 2026
Goeie boek

Die boek bring al die emosies uit wat mens kry.

Ek het defnetief n paar trane gestort en ook lekker gelag. Die boek het my in getrek van die eerste bladsy af en ek sal defnitief nog boeke lees van Francine.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews