Jump to ratings and reviews
Rate this book

Siembamba

Rate this book
Mindie Rochebrandt en haar tweelingsuster, Mandelien, is beide swanger met hul eersteling. Ná ’n onsmaaklike insident tydens Mindie se ooievaarstee besluit sy egter om haar advokaatman, Marius, te verlaat sodra sy geboorte geskenk het. Maar enkele dae later kom Mindie af op ’n gruwelike toneel in Mandelien se meenthuis. Wie verniel ’n swanger vrou en haar ongebore baba so wreedaardig? En hoekom?
Siembamba is ’n naelbyt-riller. Angswekkend, aksiebelaaid en propvol onvoorspelbare intriges.

294 pages, Kindle Edition

Published September 29, 2023

10 people are currently reading
56 people want to read

About the author

Madelein Rust

18 books39 followers
Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek na die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ’n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

Sy waag haar hand aan romantiese kortverhale, en haar twee pogings in dié genre, Tango in die Kuberruim en Skarlakenvrou, verskyn in Huisgenoot. Een van haar kortverhale, Joy, verskyn in Bateleur Boeke se In ’n Neutedop, gevolg deur Die dag toe oom Willem geval het in Maskew Miller Longman se Literary Awards Edition publikasie, Sussie Veer is dood en ander verhale.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
75 (43%)
4 stars
67 (38%)
3 stars
24 (13%)
2 stars
4 (2%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 14 of 14 reviews
Profile Image for Niekie Bushby.
63 reviews
October 21, 2023
Madelein Rust is steeds die meester van krimis! Kon die boek nie neersit nie en in 'n paar uur klaar gelees.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,491 reviews85 followers
November 20, 2023
#Siembamba – Madelein Rust
#HumanEnRousseau

Haar planne was fyn uitgewerk, die wegkruip-eiendom in De Rust was gekoop, geld is oor ‘n lang tydperk afgeknyp en eenkant gesit. Dis net die Mercedes wat nog verkoop moes word, dan sou Mindie gereed wees om Marius Rochebrandt IX en sy hele koninkryk te verlaat. Drie jaar van fisieke, verbale en emosionele mishandeling, gekombineerd met blatante ontrou en ‘n skoonma uit die hel, was genoeg. Maar toe word haar identiese tweelingsuster vermoor, deur ‘n moordenaar wat ‘n affiniteit vir swanger vrouens het. En Mindie is self swanger – met die erfgenaam van die Rochebrandt-fortuin.

Hierdie spanningsverhaal speel oor ‘n relatief kort tydperk, 6-25 Desember 2022, in en rondom Bloemfontein af en volg meer as een verhaallyn. Daar is natuurlik die ontrafeling van die moordenaar se identiteit en motief, maar, daarmee saam, ook Mindie se desperate pogings om van haar haglike huishoudelike omstandighede te ontsnap. Afkomstig uit ‘n nederige agtergrond van Joko-tee en Nescafe-koffie met Cremora eerder as peperduur ingevoerde produkte, word haar planne om die siklus van huishoudelike geweld te verbreek, telkens gekortwiek deur die reikwydte van haar skoonfamilie se finansiële tentakels.

‘n Interessante afwyking van die tradisionele speurverhaal is om ‘n swanger vrou, eerder as die stereotipiese speurder, as fokaliseerder aan te wend. Dit mag op die oog af na ‘n ongewone scenario lyk aangesien swangerskap dikwels met weerloosheid geassosieer word, maar Mindie is geen katjie om sonder handskoene gepak te word nie. Sy het ‘n vurige humeur en huiwer nie om bedreigings trompop te konfronteer nie. Haar liefde vir haar ongebore kind en die verlies van haar tweeling verskaf ook oortuigende motivering vir haar optredes en keuses.

Die spanningslyn(e) bly deurgaans snaarstyf, maar word ook met fyn humor afgewissel, die woordprentjie van ‘n aggressiewe hond met ‘n geel plastiekeendjie in die mond, ‘n vrou wie se oë in verskillende rigtings kyk, en ‘n melodramatiese moederfiguur wissel die spanning vermaaklik af.

Twee spesifieke tonele getuig van ‘n hoogstaande standaard van skryfwerk. Mindie se skok en trauma by die aansig van haar vermoorde suster word treffend verwoord deur haar afstandelikheid en gevoel van ontheemding terug na realiteit te ruk met die aanskoue van die voorkoms van iets so alledaags soos die borduurwerk op ‘n das, en ‘n grillerige storttoneel laat Norman Bates-rillings teen die ruggraat afkruip.

Mindie is ‘n waardige protagonis met wie die leser sterk genoeg kan identifiseer om werklik oor haar welstand begaan te word. Die slottoneel is derhalwe so bevredigend soos ‘n yskoue roomys op ‘n warm dag; welverdiende lafenis na al die spanning.
NB-Uitgewers/Publishers
⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️
#Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
November 6, 2023
Human & Rousseau se persverklaring beskryf Madelein Rust se nuutste boek as: “nog ’n bloedstollende riller stampvol aksie en spanning – soos net sý kan”. Die agterplat brei verder uit: “Siembamba is ’n naelbyt-riller. Angswekkend, aksiebelaaid en propvol familiesages en onvoorspelbare intriges.”
Terwyl ek rillers grootliks afgesweer het, is ’n Madelein Rust die één uitsondering. ’n Boek van hierdie skrywer kan ek nie weerstaan nie, al mag elkeen van die skrikwekkende woorde waarmee die roman beskryf word, dan ook een honderd persent in die kol wees. Ek kan, nadat ek dit gelees het, die lokteks beaam en ook daarby voeg: “blitsblaaier” en: “ek kon dit nie neersit nie.”
Mindie Rochebrandt is vasgevang in ’n huwelik met ’n man uit ’n vooraanstaande familie, almal fanaties oor ’n manlike erfgenaam vir die familiefortuin. Mindie is inderdaad swanger, maar beraam planne om te vlug met haar seuntjie omdat die lewe saam met Marius, wat vele persoonlikheidsafwykings toon, toenemend onhoudbaar word. Intussen is haar tweelingsussie ook swanger, maar sy word nóg ’n slagoffer van ’n reeksmoordenaar wat die stad teister.
Terwyl Mindie self ’n teiken mag wees, hou sy haar lyf speurder en haal keer op keer nuwe moeilikheid op die hals. Daar is ’n wye kring van randkarakters wat die sentrale storielyn ondersteun, elkeen in eie reg goed ontwikkel.
Die skrywer bied aan die leser heelparty moontlikhede wat betref die identiteit van die moordenaar, elkeen waarvan mettertyd blyk ’n dwaalspoor te wees waarlangs die polisie, en Mindie in haar persoonlike missie om van hulp te wees, vasval. Behalwe natuurlik wanneer die moordenaar die finale aanslag maak en sorg vir ’n situasie wat lyk of dit fataal gaan wees.
Ek kan dus hierdie spanningsverhaal met gerustheid aanbeveel, selfs vir sensitiewe lesers, want Madelein Rust slaag, soos in haar vorige boeke, om grusame detail op ’n manier aan te bied wat verteerbaar is, al wil jy jou naels begin knaag en slaap nie ’n opsie is nie.
Siembamba is uitgegee deur Human & Rousseau, ’n druknaam van NB Uitgewers en is aanlyn en in goeie boekwinkels te koop.
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
December 7, 2023
wat 'n ongelooflike boek. dit was soooo spannend en ek het nie 'n idee gehad wie die moordenaar was nie.

die skryfstyl is baie goed. dit was moeilik om die boek neer te sit. ek het tot laat in die nag gelees.
Profile Image for Heidi de Goede.
613 reviews8 followers
October 15, 2023
Het te vinnig na my sin agtergekom wie die reeksmoordenaar is. Apart van dit, a riveting read.
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
146 reviews8 followers
November 4, 2023
“Dit voel soos ‘n leeftyd, hierdie drie jaar. Dae, weke, maande waarin meer en meer van Marius Rochebrandt IX se persoonlikheidsafwykings hulle opwagting gemaak het. Eers stadig en toe vinniger, asoof hy nie meer omgegee het of sy weet wie hy werklik is nie. Wat hy in werklikheid is nie. En toe, twee weker gelede, tydens haar ooievaarstee, die laaste strooi.”
Mindy Rochebrandt bevind haarself swanger en in ‘n huwelik waaruit sy moet ontsnap. Haar planne is beraam om haar en haar seuntjie te red sodra sy geboorte geskenk het aan die erfgenaam van een van die rykste families in Suid-Afrika. Voordat dit egter gebeur tref Mindie haar indentiese tweeling sussie wat ook hoogs swanger was aan in haar badkamer – gruwelik vermoor saam met haar ongebore baba. Hoekom sal iemand Mandelien vermoor wat so liefdevolle en saggeaarde mens is?
Mindy besef dat sy die polisie van hulp kan wees om haar sussie se moordenaar op te spoor. Alhoewel hulle in die laaste ruk mekaar nie baie gesien het nie, is hulle tog inherent aan mekaar verbind en ken niemand mekaar beter as juis ‘n tweeling nie. Maar haar eie lewe spoed tot ‘n punt en die spanning bereik amper breekpunt toe sy besef dat die polisie met ‘n reeksmoordenaar te doen het – een wat hoogs swanger vrouens en hul babas vermoor. Intussen besef sy al meer dat haar man werklik nie heeltemal regdenkend is nie.
Mindy se uitgebreide familie en die mense wat hulle lewens vul, sorg vir ‘n heerlike reeks karakters wat lewe en interessantheid aan die boek gee. Soos in vele van Madelein Rust se vorige boeke is daar sterk vrouens wat die boek bevolk. Rust skep altyd wonderlike, sterk vrouens wat tog daai klein tikke kwesbaarheid iewers toon. Jenisis Baron van Moederland, Magdalena Bakkes van Doodsengel en natuurlik Renata Malan, haar speurder van die Malan en Coetsee reeks is almal voorlopers vir Mindy. Ek het my verwonder aan haar wil vir oorlewing selfs in die moeilikste omstandighede. So ook Mindy se voorgeslagte – haar ma en haar ouma wat albei swaarkry oorleef het op hul eie manier. Die toevoeging van ‘n hond as metgesels gee kans om Mindy se sterk kant se teenpool te wys selfs al is die hond inherent ‘n sterk, kwaai beskermer.
Die skrywer bou ‘n heerlike spanningslyn wat net opbou en opbou en veroorsaak dat die lese laat nagte lê en lees- want van neersit is daar nou nie sprake nie. Dit is Rust op haar beste! ‘n Heerlike riller wat ‘n blitsbraaier van formaat is.
Ek het ‘n gewoonte om ‘n vlaggie te plaas wanneer ek vermoed ek weet wie die moordenaar is wanneer ek ‘n “who-dunnit” in enige vorm lees. As ek ‘n ander karakter vermoed word ‘n ander kleur vlaggie bygesit en as ek bevestiging kry word ‘n vlaggie van dieselfde kleur geplak. Ek was nogal teleurgesteld toe ek besef dat ek die reeksmoordenaar met die heel eerste verskyning in die boek al herken het as die skuldige en met elke verskyning weer “gevlag” het. Daar is egter genoeg ander kleur vlaggies in my boek gewees wat beteken dat die skrywer genoeg ander opsies gebied het.
“Siembamba” is ‘n heerlike nuwe riller uit die pen van een van my heel gunsteling krimi skrywers – of hulle nou in Afrikaans of ‘n ander taal skryf. Rust verweef ‘n storie meesterlik maar soos altyd is dit die lekkerte van volle ronde karkaters wat die boek so ‘n genotvolle lees maak.
Profile Image for Susanna.
257 reviews7 followers
January 21, 2025
Mindie is getroud met die ryk Marius Rochebrandt XI en is swanger met sy erfgenaam – baie belangrik vir sy familie en hoe hul finansiële reels werk. Mindie is egter diep ongelukkig en het bietjie-biejtie geld weggesit om te verdwyn met haar baba, weg uit die misrabele huwelik van manupilasie, leuns, verbale en emosionele mishandeling. Al haar planne word omvergegooi toe sy vir haar swanger tweelingsuster gaan kuier en op haar verminkte lyk afkom.

Daar is ‘n reeksmoordenaar in die rondte wat iets het teen swanger vroue en haar suster het sopas die nuutste slagoffer geword. Nou sit Mindie met ‘n diep hartseer, ‘n soeke na wraak, ‘n ge-erfde hond en steeds haar aaklige huishoudelike omstandighede.

Mindie kan dit nie laat los nie, en as ‘n vrou wat self swanger is, is sy moontlik ook op die reeksmoordenaar se lys. Sy besluit om speurder te speel om te probeer keer dat sy self die volgende slagoffer word. Hoe meer sy rondsnuffel, hoe meer geheime ontrafel sy. Die wêreld rondom Mindie is vining aan die verander en sy wil met alle mag dit regruk voor die geboorte van haar seun. Sy sal enigiets doen om hom te beskerm.

My opinie: Hierdie was nou omtrent ‘n spannende boek! Kan dit beslis aanbeveel vir enigiemand wat hou van spannende krimi verhale met ‘n twist.
Profile Image for Nicolene Smith.
159 reviews3 followers
November 15, 2023
Nog 'n briljante boek uit die pen van Madelein Rust. Ek gaan ver moet soek om 'n beter skrywer te kry.

Ek meet die sukses van 'n boek aan hoe vinnig ek die "skurk" kan ontmasker. Alhoewel ek in die regte rigting van die skurk gedink het, het ek eers uitgevind toe die skuldige ontbloot is.

Ek moes 1 ster wegvat... Mindie was met tye temerig wat my tot in my siel geïrreteer het. Of wanneer sy gedink het sy is slimmer as die ondersoek span is. Nie almal in die polisie moet onderskat word nie. Daar is nog mense wat 'n aanleg en liefde vir hul werk het.
8 reviews
April 2, 2025
AMAZING! Definitely recommend, even if it’s not your favorite genre!
Displaying 1 - 14 of 14 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.