Jump to ratings and reviews
Rate this book

Derick Hougaard Die ware storie van die Liefling van Loftus

Rate this book
Op die bloedjong ouderdom van 19 verower Derick Hougaard die Curriebeker vir die Blou Bulle. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val. Harsingskudding, Kamp Staaldraad, beserings en ’n pilverslawing het hom laat steier. Sy sprokieshuwelik is verwoes en sy beroepslewe en geldsake is in ’n warboel gelaat. Dié boek onthul vir die eerste keer vriende se vergeefse pogings om Derick uit die kloue van verslawing los te wikkel en hul vrees toe hy vir byna twee weke in ’n koma gedompel is.

256 pages, Paperback

Published October 1, 2023

1 person is currently reading
3 people want to read

About the author

Brenden Nel

2 books

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (20%)
4 stars
0 (0%)
3 stars
4 (80%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Anschen Conradie.
1,485 reviews84 followers
December 8, 2023
#DerickHougaard – Brenden Nel
#Tafelberg

Ikarus het hoog gevlieg. Hoër as enige mens voor hom. En ek dink dit het waarskynlik vir ‘n oomblik of twee, al was dit vlietend, gelyk asof hy inderdaad in sy doel mag geslaag het. Dit sou wêreldroem aan Daedalus verskaf het; hy was immers die skepper van die vlerke. Helaas. Die val was harder, vinniger, en baie meer rampspoedig as die legendariese, maar kortstondige, reis na roem.

Derick Hougaard was eens ‘n plattelandse kennetjie van Piketberg wat ‘n tweeliter-Coke-bottel as rugbybal gebruik het. Op die jeugdige ouderdom van negentien verbeter hy die skopkoning, Naas Botha, se Curriebeker-eindstryd puntetotaal, en lyk verseker van ‘n blink toekoms. Maar die son was te naby. En te warm. Op 24 was sy Bok-loopbaan verby en die was het teen ‘n skrikwekkende spoed begin smelt. Herhaaldelike harsingskuddings het aanleiding gegee tot permanente ‘post harsingskudding-sindroom’ en vernietigende hoofpyne, hy is met skoliose gediagnoseer, het sy achilles geskeur, sy sprokieshuwelik was op die rotse, en mislukte rehabilitasiepogings en finansiële ondergang het gevolg.

Die Daedalus van Hoër Landbouskool Boland en sy Ikarus het skouspelagtig en in die openbare oog gesneuwel.

Dit alles is inligting wat vryelik in die media beskikbaar is. Volgens die skrywer van hierdie biografie, self ‘n gerekende sportjoernalis, was Hougaard aanvanklik ten gunste van die biografie en het deur middel van meer as 90 Whatsapp-boodskappe en stemnotas met hom gekommunikeer en het kontaknommers vir eertydse spanmaats en ander relevante rolspelers verskaf, totdat hy onverwags en onverklaarbaar aan die projek onttrek het.

Maar die skryf en die publikasie van hierdie tragiese verhaal het voortgegaan. Daar kan met reg gevra word wat die rede daarvoor was. Schadenfreude? Die skrywer ontken dit. Volgens hom is die biografie nie ‘n poging om Hougaard te kruisig nie, eerder ‘n poging om ‘n geheelbeeld van die komplekse faktore wat tot sy val gelei het, te verskaf.

Oortuig dit? Laat elke leser self besluit.

⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.