NOSTALGIE is Herman Lensing se sewende kookboek en volg op die uiters suksesvolle HUISKOS / HOME COOKING in 2021, wat vir ’n Gourmand-toekenning benoem is, en Dit Proe Soos Huis (Human & Rousseau), wat in 2019 verskyn het. Herman se laaste boek in die trilogie vertel – in sy eie woorde – die storie van sy lewe tot op 36 jaar. Die eerste proe of geur van kos laat jou terugdink en verlang – dit bring NOSTALGIE. En om met kos ’n oorgang van die verlede na die hede te bring is vir Herman belangrik. NOSTALGIE is nes jy Herman se kombuis Hy gebruik kos om mense te laat onthou en te verenig. NOSTALGIE bevat meer as 80 resepte, van bykos tot hoofgeregte; van brood tot kos uit jou yskas; van kos van die kole af tot vleisgeregte, en van vakansiekoekies tot nageregte. Elke hoofstuk weerspieël Herman se liefde vir kos en vir mense, met staaltjies waarin jy jou kan verkneukel.
Herman Lensing was appointed in 2009 at the age of 22 as SARIE magazine’s youngest food editor in history. He followed in the footsteps of legends such as Peter Veldsman. His infectious enthusiasm, vast food knowledge and understanding of everyday challenges and flops in the ordinary kitchen create a winning recipe. This is his fourth book.
Nostalgie, die heimwee of verlange na dit wat in die verlede bestaan of gebeur het, kan deur enige sintuig gewek word; dit kan ‘n reuk wees, ‘n klank, ‘n beeld, ‘n aanraking, selfs ‘n gedagte. Wanneer nostalgie met kos in verband gebring word, sal die reuksintuig ongetwyfeld die grootste rol speel. Maar ‘n kookboek kan nie die geregte se reuk oordra nie en die uitdaging met ‘n publikasie soos hierdie is dus om die oog toe te laat om in te staan vir die afwesigheid van reuk. Dis tweeledig gedoen, eerstens is volkleurfoto ’s, deur Michael le Grange, van elke gereg pasmaats met die resepte, maar tweedens is die meegaande teks ook nostalgies van aard. Elke resep het ‘n nota deur die skrywer by wat die agtergrond daarvan verskaf, en, waar die resepte van andere verkry is, ook ‘n kort aanhaling deur elkeen van daardie persone. Dis, benewens ‘n kookboek, dus ook ‘n storieboek met nostalgie as hoofkarakter.
Die skrywer het weinig bekendstelling nodig: Hy is op die ouderdom van 22, kort nadat hy as sjef by die Institute of Culinary Arts in Stellenbosch gekwalifiseer het, as die Sarie-tydskrif se kosredakteur aangestel. Hy het reeds drie keer die gesogte Galliova-toekenning as Suid-Afrika se top kosskrywer ontvang. Hierdie kookboek is sy sewende en volstaan met dit wat die eerste ses so gewild gemaak het: goeie kos met min bestanddele.
Die eerste afdeling is getiteld ‘Bykosse’ en ‘n resep vir ‘Privaatskool-mielies’ deel ‘n interessante agtergrond. Die skrywer het die uitdaging gestel vir ‘n resep wat die genot van mielies van stronke af eet, kan ewenaar – en het daarin geslaag om een op te spoor wat dit selfs oortref. Die ‘Langnaweek-aartappelslaai’ het ook ‘n unieke kinkel: Dit kan tot twee maande onverkoel bewaar word.
Die ‘Daaglikse brood’-afdeling sluit nie slegs resepte vir brode gebak met bruismeel, gis en winkeldeeg in nie, maar ook resepte wat brood as bestanddeel het. ‘Kos uit jou yskas’ deel die vermaaklike staaltjie van die skrywer se ma wat amptelik op ander mense se yskaste gespioeneer het, asook die skrywer se eie versugting na ‘n instapyskas. ‘Tyd vir ontbyt’ bevat ou gunstelinge soos mieliepap, saggekookte eiers met broodsoldate en ‘hangkaas’ wat twee tot drie dae neem om eetgereed te word, maar ook die stelling dat woorde om ‘n ontbyttafel dikwels ‘n pleister vir die dag word. ‘Kos van die kole af’ bevestig dat daar inderdaad iets besonders is aan die antieke en oermaniere van kook, en sluit variasies op ou temas soos gebraaide aartappelslaai op ‘n stokkie in.
Geen Suid-Afrikaanse kookboek wat homself op nostalgie beroep sal volledig wees sonder die klassieke ‘Vleis, rys en aartappels’ nie en hierdie afdeling sluit gewilde resepte soos lasagna, lamsboud en plathoender in. Die ‘Vakansiekoekies’ open met die amusante anekdote van die skrywer wat as kind met ‘n nat vadoek bygedam is toe hy sy ma se kombuis bemors het met sy eerste koekiebak-pogings en ‘Daar’s nagereg’ val met die spreekwoordelike olifant in die vertrek weg: ‘Jy weet jy mag nie, maar jy wil.’ (165)
Die boek open met ‘n voorwoord deur die befaamde Peter Veldsman, en sluit met ‘n alfabetiese indeks en ‘n laaste gedagte deur die skrywer: ‘Die oomblikke van nou sal nostalgie van later word.’ (192)
Die boek is vir almal wat swoeg in die kombuis en wat bekend is met rampe soos aartappelslaai wat ‘…soos ‘n modderriver in ‘n slaaibak’ lyk, maar ook vir diegene wat nostalgies saam met Anton Goosen na Ouma se warm kombuis, bobotie, moskonfyt en koffie uit ‘n enamelkonfoor verlang.
I have two of Herman Lensing’s books now. He never disappoints. My in-laws were visiting from South Africa. I was able to provide traditional South African fair with a little twist. I got high praise for my cooking. My secret, this book. Every recipe a winner.