Jump to ratings and reviews
Rate this book

Oop Deure

Rate this book
Lana en Elma Lourens is twee susters wat om verskillende redes tydelik in ʼn tuinwoonstel op ʼn plaas by Tesselaarsdal in die Overberg gaan bly. ʼn Broer en suster, André en Christine Maritz boer saam op die groenteplaas. Gou raak die vier mense betrokke by mekaar en smee vriendskappe wat verdiep, maar ook meer gekompliseerd raak wanneer Lana en Elma noodgedwonge langer op die plaas moet aanbly. Asof daar nie genoeg intrige is nie, daag Elma se vriendin, Retha, ook op en tante Aletta, ʼn boervrou in die distrik wat haarself aangestel het as ʼn moederfiguur vir André en Christine, sukkel om haar neus uit almal se sake te hou.

Dié verhoudingsroman gaan oor vriendskappe in verskeie vorms, en komplekse familieverhoudings wanneer uiteenlopende mense saamgegooi word in ‘n situasie waarin hulle hulself dalk nie normaalweg sou bevind nie. Hedendaagse romantiese verbintenisse en die vloeiendheid van seksualiteit is ook deel van die verhaal.

Oop Deure is soos Oor en Weer deur Trisa Hugo en Analize Viljoen saam geskryf. Oor en weer is uitstekend ontvang deur lesers en resensente en was ʼn finalis vir ʼn ATKV-Woordveertjie in 2021.

'n Eietydse verhaal deur die suksesvolle kombinasie van twee skrywers wat dit regkry om die stoom uit die blaaie te laat trek. Opwindend, relevant en 'n bietjie stout. 'n Verhaal met vrymaking as tema. Nie net vir die karakters nie, maar ook vir die leser.
- Juliana Coetzer

Analize Viljoen woon in Gordonsbaai in die Wes-Kaap, waar sy kos van baie lande kook, skryf, boekgesprekke hou en stories uitdink. Om met haar honde op die strand te stap, of iewers langs ’n rivier te kamp en in haar kajak te roei hou haar kop reg. Soort van. Analize is ook die skrywer van Kleur en karamel en mede-samesteller van die kortverhaalbundel, Aanlyn.

Trisa Hugo bedryf ʼn gastehuis in Kleinmond. Sy is ʼn skrywer en resensent. Sy skryf stories oor gewone mense, soos syself. Sy is passievol oor die menslike aard, boeke en tegnologie. Sy bedryf Boekemakranka saam met Analize. Hulle doen aanlyn-boekgesprekke en beide aanlyn- en lewendige boekbekendstellings. Benewens Oop Deure , het sy ook saam met Analize Oor en Weer geskryf en Aanlyn saamgestel. Sy het ook die roman Erfskandes geskryf, asook verskeie kortverhale in versmamelbundels gepubliseer.

272 pages, Kindle Edition

Published September 13, 2023

About the author

Trisa Hugo

10 books33 followers
Trisa Hugo bedryf ʼn gastehuis in Kleinmond. Sy is ʼn skrywer, resensent en hipnoterapeut en leef bewustelik in harmonie met die mens en met die natuur. Met haar voete in die seesand en haar kop in die wolke, skryf sy stories oor gewone mense, soos syself – kortverhale in verskeie publikasies en twee romans. Die boek Oor en weer wat sy saam met Analize Viljoen geskryf het, is in 2020 benoem vir ‘n ATKV-Woordveertjie. Sy is passievol oor die menslike aard, boeke en tegnologie. Hierdie belangstellings stel haar in staat om Boekemakranka saam met Analize te bedryf. Hulle doen onder andere aanlyn-boekgesprekke, aanlyn-boekbekendstellings en podcasts.

Meer hier:
https://trisahugo.co.za/

Hier werk ek: https://kleinmondselfcatering.co.za/

Kleinmond is ‘n pragtige kusdorp en my werk bied my genoeg vrye tyd om kreatiewe werk te doen.

As MaanKind het ek baie vriende op die internet gemaak, en ek is dankbaar daaroor. Dit het my lewe verryk op maniere wat geen mens kan besef nie. Dit het my in aanraking gebring met skrywers en die skrywerswêreld en ek het algaande besef dat dit wat ek van kindsbeen af verafgod het, inderdaad deel is van die lewe.

Ons almal verskil, ons sieninge van mekaar en van die lewe verskil. Self is ek middeljarig, van gemiddelde intelligensie, vrou, ma, stiefma, ouma, halfpad afgetree en ek sukkel nog al my lewe met 5 kg wat ek graag sou wou verloor. As ek egter in die spieël kyk, sien ek ‘n gesonde vrou wat met haar bietjie talente gewoeker het en hard geleer en gewerk het het en haar kinders goed grootgemaak het en lekker kos kook vir haar man en die goeters doen wat ek graag wou doen my lewe lank. Ek is gesond, gelukkig en tevrede met wie en wat ek is. My lewe is vir my lekker hier by die see in Kleinmond. Die goeters wat ek doen is vir my lekker en dit sluit teken, verfwerk, strykwerk en skryfwerk in.

Dan leer ek ook graag. Ek het ‘n paar formele kwalifikasies, ‘n Honneurs in Sielkunde, ‘n Diploma in Finansiële beplanning, Sertifikate in programmering en ander diverse dinge.

Verder is MOOC’s deesdae wonderlik en ek het verskeie kursusse deur verskillende Universiteite regoor die wêreld voltooi, onder andere in Graphic Design, PhotoShop en Nutrition. Ek het onlangs my studie by die International College of Clinical Hypnosis Practitioners voltooi, om my te bekwaam as Hipnoterapeut. By die Kew Academy het ek ook 'n Diploma in berading verwerf. Die Arcane School het my ook as student aanvaar, as deel van my spirituele ontwikkeling.

Ek doen wat ek kan, met dit wat ek het, ek lewe soos ek wil, wanneer ek kan. Daarom speel ek ook, met prentjies in die sand en dansies om ‘n paal. Paalfiksheid is ‘n sport wat toenemend gewild word, veral onder jong vroue. RSG het gedink dat dit ‘n prestasie is vir ‘n 60-plusser, en my uitgevra daaroor. So ontdek ek ook toenemend aspekte van myself wat ek kan uitleef, terwyl ek kan.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (50%)
4 stars
0 (0%)
3 stars
1 (50%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
5 reviews
April 27, 2025
Weereens ń baie goeie geskryfde storie. Die verhaal vloei lewend, interessant en laat die leser heeltyd nuuskierig.

Baie goed gedoen. Baie geluk!
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.