“Die tienjarige Katrien Neethling, kleindogter van Kate en Bernard uit Ver wink die Suiderkruis, hoor oor die radio die polisie skiet op betogende skoolkinders in Soweto. Gedurende dieselfde week word die vyftienjarige Wladek Kowalski, broerskind van Jakób Kowalski uit Tussen stasies, in Pole deel van ’n betoging teen Kommunisme.
Die gebeure vanaf Junie 1976 tot die einde van 1989, met die val van Apartheid in Suid-Afrika en die val van Kommunisme in Pole, vorm die politieke agtergrond van hierdie roman. Beide karakters raak betrokke by ondergrondse bedrywighede teen hulle onderskeie regerings en hulle name verskyn op die rekords van die veiligheidspolisie in albei lande." (Bron: LAPA Uitgewers)
Tolbos is die derde boek in die trilogie wat bestaan uit Ver wink die Suiderkruis, die eerste boek, en Tussen Stasies, die tweede boek. Ver wink die Suiderkruis en Tussen Stasies is albei reeds in Nederlands vertaal. Tussen stasies word ook in Duits vertaal en HarperCollins gaan dit binnekort in Engels vertaal. Ver wink die Suiderkruis en Tussen Stasies is ook voorgelees op RSG.
Irma Joubert skryf regte mense se stories. Sy fokus op die verhoudings tussen geliefdes, gesinslede, familie, vriende, vreemdes, asook die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur en die tyd waarin hy leef. Die skrywer slaag daarin om n tydvak, wat tot dusver in die Afrikaanse letterkunde hoofsaaklik met wroeging gepaard gegaan het, se sjarme en nostalgie vas te vang vir n nuwe generasie lesers.
Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy begin eers skryf toe sy einde 2004 aftree ná 35 jaar van onderwys. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se “Spesialis Joernalis van die Jaar”. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel.
2025: In november '89 viel de muur, in februari '90 kwam Mandela de gevangenis uit. Van die momenten waarvan ik zou willen dat ik toen al leefde en oud genoeg was om het nieuws mee te maken.
2021: Wat ik weet van de Apartheid situatie in ZWat ik weet van de Apartheid situatie in Zuid-Afrika weet ik van schrijvers van 'binnenuit' (Nelson Mandela, Trevor Noah). Interessant om 't ook eens van 'buitenaf' te lezen. En ik schaam me voor hoe weinig ik van de geschiedenis van Polen wist, dus ben blij dat die kennis ook weer 'n beetje opgekrikt is. Mooi boek!
Nu mezelf even dwingen tot 'n Joubertpauzeuid-Afrika weet ik van schrijvers van 'binnenuit' (Nelson Mandela, Trevor Noah). Interessant om 't ook eens van 'buitenaf' te lezen. En ik schaam me voor hoe weinig ik van de geschiedenis van Polen wist, dus ben blij dat die kennis ook weer 'n beetje opgekrikt is. Mooi boek!
Third book of the trilogy. Main characters are the next generation of this family. I really like the cross-linking of different people we've seen in prior books in this trilogy with some references to characters in the other of her trilogies. Very emotionally engaging, made me cry at various places with Vlaric's and Katrien's stories. In most of Irma's books the young girl has attained emotional self regulation many adults never reach. In this book Katrien remains the petulant girl. From the male point of view, I felt sorry for Vlaric. Few men would have had so much patience.
Dit boek is weer wat beter dan het tweede boek, maar met name omdat het zich afspeelt in de jaren zeventig en tachtig als de strijd tegen de apartheid in Zuid-Afrika hoogtij viert. Ook de personages zijn iets interessanter doordat ze zich minder voegen naar de gevestigde orde. In basis is het echte wel weer een liefdesverhaal met een voorspelbare afloop.
Ek hou van Irma Joubert se skryfstyl en hoe sy die verhaal laat aansluit by die geskiedenis. Dit was goed om die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis saam met Katrien te ervaar en te kon vergelyk met Pole se geskiedenis. Irma doen goeie navorsing en ek kon nie die boek neersit voordat ek klaar was nie.
Ek het die boek baie geniet. Maar die Suid Afrika geskiedenis was te veel in die boek, veral op die einde, het dit soos 'n geskiedenis boek in party hoofstukke gevoel. Maar die begin in Pole was vir my goed en hoe Katrien groot geword het.
Prachtig boek! Leest prettig, boeiend tot het einde. Geeft een goede impressie hoe het leven in Polen en zuid Afrika in de jaren 80 moet zijn geweest. Een aanrader. Let op dit boek is laatste deel vd trilogie. Beetje jammer dat ik daar halverwege het boek achter kwam. Echter geen must om de voorafgaande delen eerst te lezen.
Ek geniet altyd Irma Joubert se boeke. Haar taal en styl is altyd puik en sy is 'n deeglike navorser. Die storie kom vir my bietjie tot 'n uitgerekte einde anders sou ek dit 4 sterre kon gee.