Jump to ratings and reviews
Rate this book

Alan

Rate this book
Toe Alan Sutherland en sy broers by haar blommewinkel inbars, vervies Corinne Hansen haar dadelik vir die Skot. Hy mag dalk dodelik aantreklik wees, maar hoe durf hy vir haar sê sy is nie sy tipe nie? Sy sal hom eenvoudig ’n les moet leer... As mede-eienaar van ’n groot maatskappy, is Alan nie net op soek na ’n trouvrou nie, maar ook ’n Iemand wat stemmig is, gedienstig is, die pad vir hom gelyk kan maak. Met haar vreemde klere, ritse armbande en vurigheid is Corinne allesbehalwe stemmig. Sal Alan sy kop volg en aanhou soek na die vrou wat netjies by sy planne inpas of sal hy swig voor dít wat sy hart wil hê?

133 pages, Kindle Edition

Published January 1, 2024

9 people are currently reading
6 people want to read

About the author

Elsa Winckler

119 books293 followers
I have been reading love stories for as long as I can remember and when I ‘met’ the classic authors like Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James The Brontë sisters, etc. during my studies, I was hooked for life.
I married my college boyfriend and soul mate and we are fortunate to live in the picturesque little seaside village of Betty's Bay, South Africa with the ocean a block away and a beautiful mountain right behind us. And although life so far has not always been an easy ride, it has always been an exiting and interesting one!
I like the heroines in my stories to be beautiful, feisty, independent and headstrong. And the heroes must be strong but possess a generous amount of sensitivity. They are of course, also gorgeous! My stories typically incorporate the family background of the characters to better understand where they come from and who they are when we meet them in the story.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
33 (53%)
4 stars
18 (29%)
3 stars
9 (14%)
2 stars
0 (0%)
1 star
2 (3%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Wanda Hartzenberg.
Author 5 books73 followers
May 14, 2024
Nee kyk, 'n koei is blykbaar ook hier betrokke. Hoe so? Hoor ek lede van die gemeente snak na hul asems. Net oom Jan daar agter naby die babatronk lyk asof hy weet waar David die wortel begrawe het. Somme da. Da by daai koei. Meer oor oom Jan dalk by my volgende lesersindruk...nudge, nudge, wink, wink. Ek ken darem ook een groot woord...ek meen ek wil myself nou nie op die skouer klop of so iets nie.
Goed, goed. Terug na my indruk. Die cover (oops, ek het perongeluk daar in Ingels getik) stoute kabouter ek, goed, die cover. Mensig maar so man sal my ook mos nou laat bolomakiese slaan.
Die karakter self, Alan is "dreamy", stomerig. witwar en sexy,'n held op vleisboek, hy maak die bloed kook. Chuck Norris kruip onder sy bedjie weg as hy hoor Alan is in die omgewing. Goed, jul kry die prentjie. Die ou is hot.
Die karakters in die boek het so effe meer vleis aan hul as die algemene Romanza. Die stoom deel is nogal hot. Daar is meer as een maar moenie 'n 50 grade van afwit verwag nie mense! Dis 'n romanza. Netsoveel bladsye vir die vryery.
Daar is lekker stukke humor in die boek. Dit het my nogals onkant gevang. Ek het die humor geniet, dit is nie aldag dat karakters in 'n romanza my kry om te glimlag nie.
Die koei. Sjoe jul, amper vergeet ek heeltemal van ou Trixie. Dit is 'n feit soos 'n koei. Tannie Elsa mag maar skryf.
Profile Image for the_chronicles_of_charnia.
143 reviews1 follower
March 31, 2025
Elsa Winckler se Alan lewer 'n innige romanse met bekoorlike karakters en 'n gemaklike pas. Alan en Corinne se storie het sy soet en stomende oomblikke, en die omgewing voeg warmte by hul ontluikende verhouding. Alhoewel die chemie tussen hulle lekker is, voel die storie soms voorspelbaar, en sommige konflikte word te vinnig opgelos. ’n Bietjie meer diepte in karakterontwikkeling en emosionele spanning kon die reis meer oortuigend gemaak het. Dit gesê, as jy 'n aanhanger is van ligte kontemporêre romanse met 'n goedvoel-einde, is hierdie boek 'n aangename, vinnige lees. Dit is dalk nie baanbreker nie, maar dis 'n aangename ontsnapping.
Profile Image for Anneke Boshoff.
Author 25 books65 followers
April 23, 2025
Wonderlik

Ek het begin by boek 4 en moes net terug gaan. Ek is mal oor die reeks en elke boetie het net n manier om jou te maak val vir hulle.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.