Daar is 'n woonstel in Kaapstad met die naam Gran Via. Daar loop 'n storie dat almal wat in hierdie woonstel bly, ware liefde vind. DIE MAN IN MY PAD is Boek 3 in Anna Emm se gewilde Gran Via-liefdesverhale reeks. Die woonstel is Cassidy du Randt se laaste hoop. As die legende van Gran Via waar is, sal sy binne die volgende vier maande die liefde van haar lewe ontmoet. Dit sal beteken dat sy uiteindelik sal kan aanbeweeg met haar lewe, dat sy nie langer stuck sal wees nie. Dit sal beteken dat sy uiteindelik sal kan vergeet van Dawid Basson. Tien jaar gelede het Cassidy vir haar beste vriendin se broer geval, en vir tien jaar lank al staan hy vierkantig in haar pad. Haar lewe staan stil. En hy stel nie belang in haar nie – hy sien haar nie eens raak nie! So, dis tyd dat sy oor hom kom. En die woonstel gaan haar daarmee help.
ANNA EMM is a South African author who lives in London. She has written more than 3,000 children's stories, 21 short romance novels, 38 detective novellas, 5 suspense novels, and various stage productions.
In South Africa she has often appeared on TV and radio, speaking about the therapeutic power of stories.