Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
QUINN is die vierde boek in Anna Emm se Klub Katastrofe-reeks.Daar is 'n sprokie oor 'n kat wat vir sy baas geluk gebring het... Net jammer sulke dinge gebeur nie in die regte lewe nie, want die vier lede van Klub Katastrofe, 'n klub vir social misfits, kan doen met 'n bietjie geluk, veral as dit by die liefde kom. Tydens die weeklikse vergaderings speel hulle poker – 'n gevaarlike spel van luck, chance, risk … en oor die beste maak van die hand wat vir jou gedeel is. Toe die kat egter op 'n dag opdaag, begin die lede van Klub Katastrofe se geluk die een na die ander draai. Maar dis net 'n storie... Of ís dit?

Klub Katastrofe se laaste enkellopende lid, Quinn McCarthy, word teen haar sin by 'n polisie-ondersoek betrek toe een van haar kliënte buite haar tattoo shop vermoor word. As enigste ooggetuie, plaas dit haar lewe nou in gevaar. Quinn weier egter om haar te laat voorskryf deur die bombastiese en geslote (tog aantreklike) speurder in beheer van die ondersoek, en besluit om haar veiligheid in eie hande te neem. Maar sy was nie voorbereid daarop dat sy, ten spyte van haar beste voornemens, meer en meer aangetrokke tot Kaptein Crause sou wees nie. Net jammer hy het dit baie duidelik gemaak dat hy glad belangstel in haar nie...

Kaptein Etienne Crause het één doel voor oë: om Jason Parker se moordenaars vas te trek. En daarvoor het hy sy enigste ooggetuie, Quinn McCarthy, léwend nodig. Maar hoe harder hy probeer om haar veilig te hou, hoe meer hardkoppig en eiewys raak sy. Dit help ook glad nie dat haar unieke voorkoms en aansteeklike vrolikheid besig is om met sy kop te smokkel nie. Sy is ánders as al die ander meisies wat hy al ontmoet het. Sy is 'n uitdaging – iets wat hom, teen sy sin, soos 'n magneet aantrek. Maar Etienne Crause is op 'n goeie plek in sy lewe. Hy weet wie hy is en hy't vrede gemaak daarmee. Hy is nie in die mark vir komplikasies nie...

152 pages, Kindle Edition

Published January 11, 2024

1 person want to read

About the author

Anna Emm

98 books33 followers
ANNA EMM is a South African author who lives in London. She has written more than 3,000 children's stories, 21 short romance novels, 38 detective novellas, 5 suspense novels, and various stage productions.

In South Africa she has often appeared on TV and radio, speaking about the therapeutic power of stories.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (100%)
4 stars
0 (0%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
No one has reviewed this book yet.

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.