Jump to ratings and reviews
Rate this book

Amma

Rate this book
Amma is die verhaal van Charmaine Africa wat grootword in Bishop Lavis teen die agtergrond van apartheid in ’n armoedige, apolitiese familie. Sy volg in die voetspore van haar ouma en haar ma met ’n onwrikbare om haar familie bymekaar te hou terwyl alles uitmekaar val. Charmaine Africa is ’n skrywer wat stip in die afgrond in kyk, en dan iets sê om die afgrond hardop te laat lag. Dié is ’n memoir wat diep in die lyf van elke leser gaan sit.
 
 

144 pages, Kindle Edition

Published February 2, 2024

5 people are currently reading
4 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
6 (31%)
4 stars
9 (47%)
3 stars
3 (15%)
2 stars
1 (5%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Danica Gouws .
67 reviews2 followers
January 26, 2025
As ek ooit my memoir skryf, wil ek dit sò skryf. Amma is Charmaine Africa se lewensverhaal, waar sy in die Kaap tydens Apartheid grootword. Dit is eerlik en rou en het my diep geroer.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,486 reviews84 followers
February 26, 2024
#Amma – Charmaine Africa
#Tafelberg

Samyn Africa se eerste skooldag word nie met vrolikheid begroet nie. “Skool se moere, ammel se moere.” (13) Amma en Derre is reeds werk toe en Biya moet haar skool toe neem. Sy is aangetrek in ʼn bottelgroen kussingsloop-rok met gate vir haar kop en arms, gewapen met ʼn tas wat slegs twee snye brood met vet bevat. Biya stel haar voor as Charmaine Africa wat op dieselfde dag as Liewe Jesus in 1960 gebore is, maar daarvan wis Samyn niks. “…ek was gebore innie mirrel vannie winte.” (127)

Bishop Lavis is die tuiste van die Africa-gesin. Derra, Josef Africa, is meestal onder die prop en beskuldig dan vir Amma, Mathilda Lewis, van hoerery, maar sy glo: “Assie liewe vi jou sielemoene gie, gooi bietjie syke op en iet die ding met skil en al.” (87). Ola en Mona is reeds getroud, Edie is die ordentlike kind, David die kunstenaar, Baby die reus met die eenvoudige hart, en Kennet die bababoetie. Biya sterf voortydig, vir Samyn “…soese bright light wat direk in jou oë skyn. Daai pa sekondes van blindheid, dan die gesukkel om jou oë te adjust voo jy kan sien wat om jou angan. “(70)

Samyn se verhaal strek oor drie dekades en is die narratief van ʼn familie gebuk onder apartheid, armoede, alkoholmisbruik, vanaf die 1960’s tot die 1990’s. Die kleintjies moes soms andere se weggooiskille en -stronke as enigste ete van die dag soos aasdiere loop en optel, en die reuk van teer, afkomstig van die houtvloer se blokkies wat vir brandhout gebruik word, was goeie nuus – dit het beteken dat daar kos in die huis was. “As daa ooit mense was wattie gewiet het van ophou nie, wassit my familie, ôs haloep verbyrie finish line en stop ees as ôs biene afval.” (67)

Dit ontbreek egter glad nie aan humor nie. Rachel, ʼn kindervriendin, ‘…hette funny oeg wat flicker soes krismis lights.” (35); iemand mag ʼn kerkmens wees, maar as daar baklei moet word, trek jy vinnig jou “bekeerbaadjie” uit, en ʼn aantyging van alkoholdiefstal word gevolg deur “…hy moet eintlik dankie sê ôs het sy wyn ytgesyp, wannit kan nou hy gewieset wat hie oppie grond sit mettie moerse kopsee.” (114)

Charmaine se memoir is ʼn onvergeetlike blik in die lewe van Bishop Lavis en omstreke se mense “Wan as jy ytie Lavis kô issit soes jy nie kan wegbly nie.” (158); vertel met rou eerlikheid, evokatiewe beskrywings, en egte humor. In teenstelling met die aanhaling op die agterplat “Op skool was ôs gelee… om cursive te skryf… En kyk nou vi ons… ôs met ôs mooi handskrufte en nieman om voo te skryffie” staan dit na dese soos ʼn paal bo water: Daar is iemand om voor te skryf. Afrikaans is armer sonder skrywers soos hierdie.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.