Jump to ratings and reviews
Rate this book

Geheime op Philadelphia

Rate this book
Reghardt du Toit is 'n bekende sanger met die wêreld aan sy voete. 'n Ernstige ongeluk verander sy lewe onherroeplik. As gevolg van gehoorverlies, is sing skielik buite die kwessie. Hy gaan soek na 'n nuwe begin in die klein Wes-Kaapse dorpie van Philadelphia. Hier maak Reghardt 'n boetiekrestaurant oop terwyl die dorpie en inwoners in sy hart inkruip. 'n Dokter met 'n praktyk in die naburige Malmesbury trek ook met sy gesin en 'n geheimsinnige au pair na Philadelphia. Die plaaslike dominee se dogter is 'n internasionale model en haar pa se enigste kind. Sy weet presies wat sy in die lewe wil hê. Sy spits haar toe daarop om Reghardt se hart te verower. Die dowe sanger fokus egter daarop om mentor te wees vir 'n seun wat sy eie sangtalent wil slyp. 'n Skokkende tragedie bring 'n onverwagse wenteling in almal se lewens. Sal Reghardt genoeg liefde en vergifnis kan vind om die ontrafeling wat volg te weerstaan, of sal alles weer inmekaartuimel?

Paperback

Published January 16, 2024

1 person is currently reading
2 people want to read

About the author

Riaan Grobler

4 books4 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (18%)
4 stars
5 (45%)
3 stars
1 (9%)
2 stars
2 (18%)
1 star
1 (9%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Amanda.
1,156 reviews
February 20, 2024
Ek het hierdie boek heeltemal onbevooroordeeld gelees, geen vooraf onderhoude, resensies of lesersindrukke onder oë gehad nie. Ook nie bekend met die debuutskrywer, Riaan Grobler se loopbaan as openbare figuur of sanger nie. Die enigste, kom ons noem dit, voorafkennis waarteen ek kon meet, was een besoek wat ek jare gelede gebring het aan die nimlike dorpie, Philadelphia.
Gemeet daaraan, was die storielyn vir my geloofwaardig. Ek kan my totaal indink dat ’n gewilde sanger, een wat sy gehoor en sy loopbaan verloor as gevolg van ’n ongeluk, op so ’n dorpie vir homself ’n nuwe nis sou wou uitkap. Die skrywer het ook navorsing gedoen oor gehoorgestremdheid en kan daardie aspek ook met vertroue aanvaar word vir feite.
Dit is dan ook presies hier op Philadelphia, sy veilige hawe, waar hy sy boetiekrestaurant, Die nostalgie, bedryf, waar ou geheime hom kom vind, en wil in die vorm van ’n meisie met die mooiste blou oë wat vir hom bekend wil lyk. Daardie deel van die plot kon my vrugbare verbeelding nogal voorsien, hoewel dit met geduld ontrafel en aan die leser gebied word. Die omvang van die antagonis se ongebalanseerde en hatige optrede, het egter verras. Lees gerus self hoe die storie ontvou.
Die boek is ’n publikasie van Luca, die geestelike druknaam van Lapa Uitgewers. Daarom is ’n paar verwysings na preke nie vreemd nie, maar ek sou nog meer wou sien van geestelike verdieping wat kon saamloop met die hoofkarakter se aflegging van sy vorige leefstyl. Ook vergifnis kon as element verder ingespan word. Nogtans is dit ’n verhaal wat vlot en boeiend lees en kan aanbeveel word.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.