Dis 1814 in Carlisle, Engeland, en die lewe het min genade vir ’n werkersklasvrou. Edith Maberry is dus verbaas toe Lewis Bloodsworth vir haar in die bresse tree in die kroeg waar sy werk. Toe Edith haar werk en blyplek verloor, wend sy haar tot Lewis. Hiermee dompel sy beide van hulle in ’n krisis. Lewis word met sy verlede gekonfronteer en kom voor ’n keuse te staan. Sal hy Edith kies wat vir hom die verpersoonliking is van alles wat hy in ’n vrou wil hê? Of sal hy hul liefde opoffer om die geheim te bewaar oor wie en, belangriker, wát hy werklik is?
Woorde ontgaan my, my kop soek na woorde wat hierdie storie die beste kan beskryf, maar die beste woorde sal nie kan beskryf hoe goed hierdie storie is nie. Dit was boeiend, genotvol, spanningvol, hoopvol en pragtig! Ek het lanklaas my so verlustig in 'n Afrikaanse storie soos dié een, en ek het gehoop vir nog meer hoofstukke. Magdaleen Walters het my ogies omtrent bederf met haar tweede weerwolf storie, en ek is in ekstase dat dit opvolg op "Nogtans sal ek jou liefhê". Dit sal een van my gunstelinge bly, en ek sal hierdie storie weer en weer kan lees en alles opvreet soos 'n stuk sjokolade koek op 'n reëndag!
"Waar die wolwe huil" in kort, gaan oor Edith Maberry, 'n werkersklas meisie wat se paaie kruis met Lewis Bloodsworth, 'n baron met 'n geheim. Hy help haar toe sy haarself in 'n onmoontlike, moeilike posisie bevind, en weer sodat sy 'n beter werk en toekoms kan geniet. Maar haar geluk word kort geknip nadat sy haar werk en blyplek weens 'n brand verloor. Desperaat om te oorleef, doen Edith die onnoembare, en versteek haarself op Lewis se koets wat oppad reis na sy plaas toe. Daar ontdek sy 'n baie siek Lewis, min wetend dat hy nie net siek sal bly nie, maar ook sal verander in die lig van volmaan.
Die storie was van begin tot einde boeiend. 'n Pragtige liefdesverhaal tussen 'n meisie en 'n weerwolf met 'n baie goeie einde. Magdaleen het die omgewing, die gebeurtenisse, alles wat 'n mens kan noem, so mooi en deeglik beskryf asof jy daar is. Selfs wanneer Lewis verander het, is niks uitgelaat nie. Jou verbeelding is verryk met haar woorde. My absolute gunsteling deel in die hele boek, is toe Edith haar voete op die koets sit en haarself versteek oppad plaas toe, 'n siek Lewis kry, en hom versorg in daardie hut op volmaan! Hoofstukke vol genot! Defnitief 'n boek wat ek altyd sal voorstel!
I have absolutely no words to use to describe this story. No word will come close to describe this absolute perfection!!! It had it all! Joy, suspense, hope, humor, love and wonder! I haven't read an Afrikaans book like this one where I wished for more chapters in a long while. Magdaleen Walters spoiled my eyes with this sequel. This will be and stay one of my favorite stories, which I will reread again and again! It's like having a piece of chocolate cake on a rainy day! Absolute perfection!
In short, "Waar die wole huil" (Where the wolves cry), is about Edith Maberry, a worker's class girl whose path crosses with baron Lewis Bloodsworth, who carries a secret. He saves her from danger and even helps her to find a better work arrangement or job if you will. But it doesn't last long, for she loses her job and her place to stay when the building burns to the ground. Desperate for survival, she does the unthinkable and stows on Lewis' horse cart which is headed towards his farmland. Once there, she discovers a very sick Lewis and decides to help. But he will not only stay sick for long, for its full moon and the wolf side want to come out and play.
This story was from start to finish one where you can't possibly put the book down. You need to know what's going to happen next! A beautiful written love story about the love between a human and a werewolf. Magdaleen Walters described the scenes extremely well, where you felt you were there with the characters. Even when Lewis changed from man to wolf was very well described, as seen through the eyes of Edith. My favorite part of the whole book is where Edith stowed in the horse cart, found a sick Lewis, decided to nurse him back to health on the night of a full moon. She got more than she bargained for, that's for sure. Absolute perfection! This is a story I will always highly recommend!
Waar wolwe huil is ’n langverwagte en baie welkome nuwe Romanza uit die pen van Magdaleen Walters. Dit is uitgegee onder die subgenre, Histories, omdat dit afspeel in Engeland en wel so ver terug as 1814. Al die oudwêreldse fleur van kastele, baronne en koetse van die rykes, in skrille kontras met die armes wat in stegies woon en raap en skraap om siel en liggaan aanmekaar te hou. Ook kon dit onder die subgenre, Fantasie, resorteer, want mitiese figure en die liefde hoop mos gemaklik hand aan hand. Die versoeking is groot om Baron Lewis Bloodsworth se attribute te besing, maar ek sal eerder ruimte laat vir lesers om self te ontdek watter formidabele held hy eintlik is. Edith Maberry het ’n hartseer verlede. As jong weeskind beland sy in ‘n werkshuis, later as metgesel vir die bedorwe dogter van Graaf Rodeback, waar sy gelukkig baie vaardighede aanleer. Dan beland sy op straat en moet in ’n obskure kroeg werk. Dit is dan ook daar waar haar pad kruis met dié van Baron Bloodsworth en haar lewe vir ewig verander. Hoewel fantasie nie noodwendig my eerste keuse is nie, sal ek moet jok as ek sê dat ek hierdie Romanza nie van harte geniet het nie en heel boeiend gevind het nie. Die skrywer verdien beslis ’n pluimpie vir die wyse waarop sy die leefwyse en omgewing lewend gemaak het. Die gedrukte, sowel as e-boek is beskikbaar op Lapa Uitgewers se webwerf.