Jump to ratings and reviews
Rate this book

Portchie: Van Tweeling tot Trafalgar Square

Rate this book
Portchie is een van Suid-Afrika se suksesvolste kunstenaars, maar wie is die man wat agter die skilderye skuil? En hoe en wanneer het Jan Hendrik Viljoen van die klein dorpie Tweeling in die Vrystaat aangemeld om die wêreldbekende kunstenaar Portchie te word? Hierdie memoir kombineer Portchie se inspirerende verhaal met foto’s, 60 skilderye, 12 beelde en selfs sy gunstelingresepte. Portchie se verhaal is een van hoop, van liefde en deernis, en van treffende eenvoud.

276 pages, Kindle Edition

Published April 12, 2024

1 person is currently reading
4 people want to read

About the author

Portchie

1 book1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (16%)
4 stars
8 (66%)
3 stars
1 (8%)
2 stars
1 (8%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,510 reviews87 followers
June 6, 2024
#VanTweelingTotTrafalgarSquare – Portchie
#Tafelberg

Ek kan nie sing nie. In my laerskooldae was kinders soos ek in die verpligte sangperiode aangeraai om eerder boeke oor die lewens van groot komponiste te lees as om te sing. Ek onthou hoe ek altyd gewonder het hoe en wanneer die musiekhelde van hulle talent bewus geword het. As volwassene het ek dieselfde nuuskierigheid oor alle kunstenaars: Vanwaar Gehasi?

Die titel van hierdie kleurvolle memoir is meer as treffende alliterasie, dit verwys na ‘n baie spesifieke tydperk, van die 6-jarige Jan Hendrik Viljoen se aankoms in die dorpie Tweeling waar hy verwelkom is deur ‘n buitetoilet en koue badwater, tot die 60-jarige Portchie wat in 2016 sy droom van ‘n internasionale uitstalling te Trafalgar Square verwesenlik het.

Tussen hierdie twee punte is daar die rede waarom hy op ‘n stadium Andre genoem is, sy eerste liefde, die pynlike verlies van sy geliefde moeder, die rede waarom al sy bome altyd blou is, die verhaal agter “Die hoender vir die Here”, die nederigheid van sy eerste uitstallings in piepklein woonstelle, en, natuurlik, die geskiedenis van sy reis met kleur, veral met die wisselwerking tussen en balansering van kleure.

Kritiek was daar dikwels, so-ook snedige verwysings na sy “kinderprentjies”, maar, die Schuster van die kunswêreld lag al die pad bank toe, kritiek ten spyt. Die leser kan self oordeel, volkleur plate met Portchie se sestig gunsteling skilderye en ‘n kort agtergrond van elkeen, is ingesluit by die teks.

Die skryfstyl is, analoog die aard van sy kuns, bedrieglik eenvoudig en gestroop van aangeplakte gekunsteldheid, maar deurentyd so knus en gesellig soos die legendariese etes aan sy lang tafel.

Die eertydse jongman met die giggelgeel sweetpakbroek wat sy huis in Paradyskloof tot die ontsteltenis van die bure pers, rooi, groen en geel geverf het, kan nou met tevredenheid verklaar: “Ek is Portchie Viljoen en ek lewe in volkleur.” (156)

NB-Uitgewers/Publishers

⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,174 reviews
June 23, 2024
Ek beskou myself allermins as ’n kenner van kuns en kunstenaars. Met die uitsondering van ’n paar bekende werke en groot name, is ek redelik oningelig, met net ’n paar wat ek enige tyd sal herken. Die beste voorbeeld is natuurlik die kleurvolle en herkenbare werk van Portchie, oftewel Jan Hendrik Viljoen.
Van Tweeling to Trafalgar Square, ’n Memoir, is enige tyd so kleurvol soos sy kunswerke. Dit wys inderdaad sy top 60 skilderye op 60 jaar, kosbare familiefoto’s, twaalf van sy beeldhouwerke, selfs sy gunsteling resepte. Vir Portchie was sy sestigste verjaarsdag ’n groot geleentheid van dankbaarheid oor ’n gespaarde lewe, en “die drang om nuwe dinge te doen en nóg meer van elke dag te maak.” (p.137)
Ek kan met alle eerlikheid sê dat ek nie ’n oomblik verveeld was met hierdie indringende kyk in die lewe en werk van dié kunstenaar nie. Hoe word Jan Hendrik, Portchie, ’n naam wat hy met trots dra? Waarom is sy bome blou? Wat is sy gunsteling kleur? Wat maak hy met kritiek oor sy “kinderprentjies”? (p.85). En belangrik: hoe sien hy kuns? “Vir my is kuns iets wat jy skep om ’n gemoedstoestand of ’n emosie of ’n perspektief oor ’n bepaalde onderwerp aan jou gehoor oor te dra. Dis die vasvang van ’n oomblik, van ’n beweging, van die lewe self, op ’n manier wat iets in elke persoon se gemoed laat ontwaak.” (p.145)
Ten spyte van groot finansiële sukses, bly Portchie se leuse: “Bly nedering, bly hoop, en bly goed sover jy kan.” en “ontwikkel jou vaardighede sonder om jou heeltyd aan ander se sukses of standaarde te meet.” (p. 150) Geloof is vir hom ’n lewensanker en hy heg waarde aan ’n persoonlike verhouding met God.
Ek het tans ook ’n stukkie Portchie in my huis, ’n legkaart van sy skildery: Veldblomme vir Tant Julietta. Ek kyk nou met nuwe begrip na die uitbundige kleur, die blou bome en die boodskap wat hy daarmee oordra: “Hierdie een gaan daaroor om iets moois te doen vir ander mense.” (p.168)
Portchie gaan ’n beslis ’n permanente plek kry in my boekrak. Die memoir is uitgegee deur Tafelberg, ’n druknaam van NB Uitgewers.
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
147 reviews8 followers
May 23, 2024
"Portchie - Van Tweeling tot Trafalgar Square. 'n Memoir."
“Daar binne is groot potloodboksies met enorme potlode omdat ek almal wil herinner dat onsalmal ons eie potloodboksies gekry het, vol potlode waarmee ons die mooiste moontlike prentjies op ons lewenspad moet skets. Dis anders a die potlode van die ou langs jou, en jy moet dankbaar wees vir wat jy gekry het, eerder as afgunstig op wat hy of sy het. Want net jy kan jou eie potlode ten beste gebruik.”
Portchie het met hierdie woorde die opening van die uitstalling om sy sestigste verjaarsdag te vier, geopen en van alles wat ek in hierdie boek gelees het, sal dit my bybly. Dit is so waar en so goeie inspirasie vir een en almal van ons.
Portchie se memoir skets sy lewe van ‘n klein seuntjie wat trek na Tweeling tot seker een van die mees kommersieel suksesvolle kunstenaars wat Suid-Afrika nog ooit opgelewer het. Sy sakevernuf is net so inspirerend soos sy kuns en bewys net weer dat ‘n passie met slim denke in ‘n besigheid omskep kan word. Sy gemaklike vertelling van sy lewe het my, ten spyte daarvan dat ek nie graag nie-fiksie lees nie, heeltemal bekoor. Ek het so lekker aan sy storie gelees. Wat mens opval is sy warmte en liefde nie net vir mooi goed en kuns nie maar ook vir mense en elke een se unieke karaktertrekke.
Die boek word aangevul deur fotos van sy lewe en ‘n pragtige bundel van Portchie se 60 gunsteluing kleurvolle skilderye en 12 beelde op hoë kwaliteit glanspapier wat ‘n fees vir die oog is. Alhoewel sy kuns moontlik nie almal se smaak is nie, is ek seker dat daar iets tussen daardie bladsye is wat jou oog sal vang en geniet. Dis is ‘n pragtige sonninge en kleurvolle positiewe wêreld wat hy vir ons almal skep om te geniet. ‘n Paar van sy heerlike resepte sluit die boek af met kort besprekings van elkeen van sy gunsteling skilderye en beelde.
“Van Tweeling tot Trafalgar Square. ‘n Memoir” is ‘n absolute moet vir alle Portchie aanhangers maar sal selfs dié wat net oppervlakkig van sy werke gesien het. Dit is ‘n heerlike lees van ‘n vasberade en kunstige mens se lewenspad. Ons sien uit na nog baie van die mooi van die lewe uit Portchie se kwaste en sy oulike planne vir die toekoms wat hy vlugtig noem.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.