Jump to ratings and reviews
Rate this book

Toe gebeur Vegas

Rate this book
Predikantsdogter Vanessa Sonnekus gaan op ’n wilde Las Vegas-wegbreek en word een oggend met die volgende skokbesef wakker: Nie net het sy per ongeluk by haar verloofde se beste vriend geslaap nie, maar blykbaar ook met hom getrou!
Nie sy of Luhan kan enigiets hiervan onthou nie. Tog voel sy skielik heeltemal anders oor hom. Terselfdertyd wil sy nie dat een aand se swak oordeel haar voorgenome huwelik met Neil in die wiele ry nie. En wat van Luhan en Neil se vriendskap?
Vanessa en Luhan kom albei voor ’n baie moeilike lewenskeuse te staan: Was hul nag saam ’n enorme fout wat dreig om hul netjiese lewens te ontspoor of was dit juis die begin van ’n gelukkige lewe saam?

134 pages, Kindle Edition

Published June 1, 2024

Loading...
Loading...

About the author

René van Zyl

34 books4 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
11 (57%)
4 stars
3 (15%)
3 stars
3 (15%)
2 stars
1 (5%)
1 star
1 (5%)
Displaying 1 - 1 of 1 review
Profile Image for Amanda.
1,280 reviews
July 19, 2024
Net wanneer ek begin dink dat bykans alle moontlike scenarios al ingespan is om ’n romanse rondom te weef, kom verras ’n skrywer soos René van Zyl met Toe gebeur Vegas. Las Vegas is bekend as die stad wat nooit slaap nie, maar wees gewaarsku: die leser gaan ook nie slaap as jy eers ingetrek is by die verhaal nie!
Neil, rykmanskind en erfgenaam van die Hunter-dinastie, trou oor twee weke met ’n predikantsdogter, Vanessa. Hoewel sy ’n week in Italië sou verkies, dring hy daarop aan om die strooijonkers en strooimeisies Vegas toe te neem. Die intrige begin reeds op die eerste aand en neem in intensiteit toe soos die week vorder.
Die betrokke partye leer dinge oor mekaar wat telkens ’n openbaring is, al loop hulle al ’n ver pad saam. Die kort tydspan waarbinne die storie afspeel, sorg daarvoor dat die pas lekker vinnig is. Die adrenaliengedrewe aktiwiteite waaraan Neil opsluit wil deelneem jaag ook die spanning en agterdog aan, spanning wat konstant opbou tussen die lede van die gevolg.
Die skrywer bewys haarself as een wat buite die normale kan dink om ’n redelik unieke storie daar te stel, een wat telkens verras met nuwe wendings. Dit sou nogal ’n oulike speelfilm uitmaak. Soos ’n goeie Vegas-storie betaam, is dit kompleet met ’n Elvis, troulisensies, casinos en deurnagvermaak.
Toe gebeur Vegas is ’n publikasie in die moderne romanse sub-genre, en uitgegee deur Romanza, ’n druknaam van Lapa Uitgewers. Dit is as gedrukte, sowel as e-boek beskikbaar op Lapa Uitgewers se webwerf.
Displaying 1 - 1 of 1 review