Jump to ratings and reviews
Rate this book

Borrelgom

Rate this book
Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, vind met 'n skok uit haar ouers gaan skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Nou bevind sy haar tussen vreemde kinders in 'n stad wat sy nie ken nie en 'n skool wat sy nie verstaan nie. Maar namate haar geheim al swaarder op haar druk, beweeg sy nader daaraan om nuwe mense – en dinge – in haar lewe toe te laat. Sy sal moet grootword as sy nie wil toelaat dat die lewe haar soos borrelgom kou nie.

192 pages, Paperback

Published May 1, 2024

5 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
4 (57%)
4 stars
2 (28%)
3 stars
1 (14%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,495 reviews85 followers
June 6, 2024
#Borrelgom – Jana du Plessis Müller
#HumanEnRousseau

Emoji’s is hier om te bly. Volledige WhatsApp-gesprekke vind deur middel van emoji’s plaas. Vra maar vir Bea. Die dag wat haar ouers haar vertel het dat hulle nie net gaan skei nie, maar dat sy boonop haar geliefde Stellenbosch vir Johannesburg moet verruil, was ‘n poef emoji.

In Skelmbos was sy die koninginby van die Stellenhof Beauties-swerm, in Johannesburg is sy ‘n eensame tiener met olierige hare en witkoppies op haar neus wat in ‘n hoodie wegkruip: “Sy is met een voet in haar verlede en met die ander tussen êrens en nêrens.” (122)

Die skrywer, beter bekend vir haar Chick lit romans “Mieke rock uit” (2012)
en “Vat ‘n gap” (2011) se eerste roman vir tieners van veertien en ouer, is by uitstek ‘n verhoudingsroman wat rondom ‘n verwarde vyftienjarige sentreer. Bea ervaar haar pa as onbetrokke en haarself as ‘n las in sy lewe, haar ma is vir haar kwalik ‘n individu, eerder ‘n stereotipiese funksionele figuur, ‘n gesagsfiguur sonder sy masker van sosiale aanvaarding laat haar wantrouend en met selfverwyt, en diegene wat sy as haar vriende geag het, verdwyn soos mis voor die son toe sy hulle die nodigste het.

Onkonvensionele karakters word ingespan om Bea met haarself te konfronteer, haar waardes te heroorweeg, en haar lewe in perspektief te plaas. Met hulle vertrek na Johannesburg is sy volkome selfgesentreerd, en murmureer: “Hoekom gebeur hierdie goed nóú met haar?” (9) in teenstelling met ‘n latere toneel waar sy met verbasing besef dat haar ma nie net ‘n naam het nie, maar boonop ‘n baie aantreklike vrou in eie reg is.

Die warrelwind-emosies van ‘n ontwortelde en ontnugterde 15-jarige word met deernis ontbloot, van die woedebuie met gepaardgaande gewelddadige gedagtes wat afgewissel word met gevoelens analoog aan die smaakloosheid van papgekoude borrelgom, tot die onverwagse klein vreugdes en die besef van behoort.

Soms verander poef emoji’s in sonstrale en katjies.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek NB-Uitgewers/Publishers
Profile Image for Rozanne Visagie.
768 reviews103 followers
June 22, 2024
Borrelgom het my absoluut verbaas! Hoe sit ek om in woorde die emosies wat hierdie boek my laat voel het. Om dit op te som, toe ek die laaste bladsy gelees het, was ek gevul met soveel vreugde dat ek nie kon slaap nie.

Bea Malan was die populêre meisie in Stellenhof en het alles gehad wat sy wou hê, maar toe het iets groots gebeur wat stadig haar 'picture perfect' lewe begin vlek het. Op die oppervlak, lyk Bea Malan na 'n hoogmoedige tiener meisie, maar daar is soveel meer agter haar masker. Na die trek van Stellenbosch na Johannesburg, moet Bea vrede maak sy is die nuwe meisie in die skool. Terwyl sy haar ouers se egskeiding probeer verwerk, die nuwe kothuis en die verlange na haar vriendinne, kom 'n nuwe kuiergas oor haar pad. 'n Kaliko kat wat sy Kol noem.

Ek voel tieners sal maklik met Bea en die ander karakters resoneer. Dieper onderwerpe word behandel, wat beslis jong lesers sal nalaat met 'n boodskap om te onthou. Die storie het lekker gelees en ek het baie gehou van Lea en Daniël. Enige iemand sal gelukkig wees om vriende soos hulle te hê. Familie, dans en vertroue is drie dinge waarop gefokus word en al drie vleg in mekaar om Bea se storie te vorm.

Hierdie is nou 'n Afrikaanse boek wat jou opgewonde maak na die laaste bladsy. Wat jou laat dink in emojis en agterkom hoe lekker dit is om te sê hartjie-emoji. Hierdie boek is 'n moet lees! Hande in die lug emoji.

Baie dankie aan NB Uitgewers vir die kopie in ruil vir 'n eerlike resensie.
Profile Image for Luzanne Warren.
335 reviews35 followers
July 15, 2024
Looking for a quick yet impactful read that packs a punch? Look no further than "Borrelgom" by Jana Du Plessis Muller. This gem of a novel isn't just a book—it's a journey through the complexities of life, wrapped in wit and heart.

Quick Read:
In the hustle of modern life, finding a book that hooks you from the first page is a rare delight. "Borrelgom" does just that, whisking you into Bea Malan's world with its engaging narrative and brisk pace.

Quirky Characters:
Meet Bea, aka Koningin Bea, navigating the tumultuous waters of divorce, relocation, and teenagehood with sass and vulnerability. Muller's characters are as real as they come, each adding their own flavor to Bea's rollercoaster journey.

Deals with Topics Like:

Depression: Bea grapples with the shadows that depression casts over her life.
Divorce: The upheaval of her parents' separation shakes her world.
Anorexia: Struggles with body image and self-worth are sensitively explored.
Molestation: Tackles the difficult topic with empathy and insight.
Relevant and Relatable:
In today's world, where we all face our own battles, "Borrelgom" strikes a chord. It's a reminder that life's challenges may stick like chewing gum, but with resilience and community, we can rise above them.

Why You Should Pick It Up:

📚 Captivating Narrative: You won't be able to put it down!
💬 Authentic Characters: Bea and her crew will feel like your new best friends.
💡 Deep Themes, Light Touch: Muller's writing balances weighty topics with humor and grace.
🌟 Emotional Resonance: Prepare to laugh, cry, and reflect—it's all in there!
🎯 Perfect Blend: Whether you're seeking escapism or insight, "Borrelgom" delivers.
Dive into "Borrelgom" today and discover a story that sticks with you long after you turn the last page. It's a must-read for anyone who believes in the power of resilience and the beauty of life's messy moments.
14 reviews2 followers
June 7, 2024

Bea Malan, oftewel, Koningin Bea, word met ‘n skok van haar troontjie afgestamp wanneer haar ma die nuus breek dat hulle gaan skei en dat sy en haar ma na Johannesburg verhuis. Groot poef-emoji.
Hoe kan sy haar geliefde Stellenbosch verlaat? Die Eikestad verruil vir ‘n Crime jungle? Haar swerm agterlaat en oor begin op ‘n plek waar sy nie wil wees nie, in ‘n onbekende skool met onbekende kinders. Honderd huil-emoji’s. Haar lewe suck!
Die aanpassing in haar nuwe omgewing en skool is pynlik. Haar swerm van Stellenbosch het haar ook summier afgeskryf nadat sy verhuis het. Sy voel verwerp, versaak en alleen. In haar eie woorde ‘van die hot list na die not list’ (bl 84) En bl 122: Ek weet nie meer wie ek is of waar ek inpas nie.
Haar verhouding met haar ouers is op ‘n laagtepunt en intussen probeer sy cope met hierdie groot geheim wat sy met haar saamsleep. ‘n Geheim wat haar wil opvreet. Een waarvan niemand mag weet nie.
Daniël en Lea, die ligstsraal-emoji, reik ‘n hand van vriendskap uit na Bea, wat dit baie huiwerig aanvaar. Sy moet van voor af leer om mense te vertrou, want dié naby aan jou maak jou gewoonlik die seerste – dit het sy eerstehands ervaar.
Kol, die rondloperkat, se verskyning in Bea se lewe is amper terapeuties. Sy kan haar hart uitstort teenoor hierdie viervoet sonder om geoordeel te word.
Borrelgom is die verhaal van Bea se reis na selfaanvaarding en innerlike genesing. Die opstandige, selfgesentreerde tiener wat self moet besef dat die lewe haar niks skuld nie. Dat sy die beste moet maak met die kaarte wat aan haar uitgedeel word. Dat daar ‘n verskil is tussen baie vriende hê en ware vriende hê. Dat jy self verantwoordelik is vir jou sukses en geluk. Bl 63: Success is overcoming obstacles to be the best version of yourself.
Hierdie boek is geskryf vir tieners rondom die ouderdom van veertien. Maar volwassenes sal ook aanklank vind by hierdie verhaal. Dit gee die leser ‘n bietjie insig in die psige van tieners, want hulle is maar ‘n vreemde spesie …
Mag almal wat hierdie verhaal lees, pragtige pienk borrels blaas en nie soos voos gekoude borrelgom uitgespoeg word en onder skoensole beland nie.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.