Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die nege lewens van Mevrou Smit

Rate this book
Die fantastiese Mevrou Smit is terug! En daar is weer 'n geheimsinnige moord… Gaan die aweregse, hardekwas vrou met die skerp tong weer die moordenaar vastrek? Die nege lewens van Mevrou Smit is die heerlike opvolg op die gewilde Die fantastiese Mevrou Smit, die eerste boek in hierdie nuwe lekkerlees-spanningsreeks. Dié keer hou Aronspoort bruilof en die dorp bewe behoorlik van op- winding. Maar op die troudag verloop niks volgens plan nie. Nie met Mevrou Smit in die omtrek nie… Net voordat die skone bruid kansel toe stap waar haar aanstaande blouoogdokter vir haar wag, slaan dié se eksvrou morsdood in een van die kerkbanke neer. Pandemonium bars los. Was dit moord? En wie sal so 'n verskriklike ding op so 'n heuglike dag doen? Boonop loop die dorp onder 'n reeks boewery deur. Wie of wat skuil agter al hierdie boosheid en wat het dit met Mevrou Smit se eie donker verlede te doen? Sal sy die dorp en haarself kan red?

304 pages, Paperback

Published May 6, 2024

7 people are currently reading
33 people want to read

About the author

Elizabeth Wasserman

39 books18 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
36 (41%)
4 stars
40 (45%)
3 stars
10 (11%)
2 stars
1 (1%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 11 of 11 reviews
Profile Image for Amanda.
1,173 reviews
May 30, 2024
Die nege lewens van mevrou Smit is die opvolgroman van Elizabeth Wasserman se eerste roman vir volwassenes. Ons ken haar as ’n suksesvolle skrywer van jeug- en kinderverhale.
Die afloop van die verhaal het my gelaat met ’n paar vrae:
- Gaan Tomas terugkom uit Kanada?
- Gaan hy uitwerk of uitvind wat mevrou Smit se agtergrond is?
- Wat gaan word van Dirk?
- Gaan daar nog moorde gepleeg word op Aronspoort?
- Gaan mevrou Smit meer versigting omgaan met haar negende lewe?
Die berugte en onkonvensionele mevrou Smit het byna soveel name as die lewens wat sy so roekeloos opgebruik het. Mevrou Smit, Tessa Smit, Frankie, Francesca Schmidt. Dit dra natuurlik grootliks by tot die misterie wat haar omhul en wat mens stuk-stuk wys word, veral as jy nie die eerste boek gelees het nie, of jou geheue nie perfek is nie. Dit het nie te veel gelol dat ek ván die detail vergeet het nie. Dit was steeds ’n heerlike cozy mystery met genoeg kinkels om die aandag te hou, sonder bloed en derms.
Die skrywer gee met haar woordkeuse insig in die persoonlikheid van mevrou Smit, sonder dat sy dit hoef uit te spel. “Sanet het nou wel horries gekry oor mevrou Smit se jubelende kleurskema,” (p.61) en “Die enkele oop plek voor die ouetehuis is gemerk vir invalides, maar sy steur haar nie daaraan nie.” (p.134)
Terwyl Francesca Schmidt gehoop het om met ’n effens verwaarloosde voorkoms as ’n weduwee van Bellville te kom rus vind op die plattelandse dorpie, slaag sy allermins daarin. Haar geaardheid laat dit hoegenaamd nie toe om op die agtergrond te bly terwyl bendes tentakels uitsteek in Aronspoort nie.
Ek het gelees dat daar ’n derde aflewering oor mevrou Smit op pad is, wat baie goeie nuus is. Ek sal dit baie graag onder oë wil kry om my vrae te beantwoord.
Die nege lewens van mevrou Smit is uitgegee deur Penguin Random House SA, en wyd beskikbaar. Dit kan ook op Lapa Uitgewers se webwerf bestel word in gedrukte, sowel as e-boek formaat.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,506 reviews87 followers
June 5, 2024
#DieNegeLewensVanMevrouSmit – Elizabeth Wasserman
#PenguinRandomhouseSA

Geagte mevrou Smit

Ek is nie seker hoe om jou aan te spreek nie: Fransina Groenewald, Franciska Schmidt, of Tessa Smit is immers almal jy. Ek weet wel van beter as om jou “Tannie” te noem, ook nie Tessie nie. Daardie opsies is soos om ‘n leeu kietsie te noem.

Dis nie verbasend dat jy jouself steeds in Aronspoort bevind nie, jy laat jou nie afskrik deur ‘n lyk in jou kombuis of ‘n spook in jou voorhuis nie. Dis wel verbasend dat jy in die kerk was. Toegegee, dit was vir die mooie blouoogdokter, Tomas, se troue met Loretta-die-melktertbakker. Dis nie jou skuld dat die troue toe nie plaasgevind het nie, min mense sal met die seremonie voortgaan wanneer ‘n gas dood neerslaan. Veral as die lyk in lewe die bruidegom se eksvrou was.

Jy mag dink dat ek verras sou wees deur die klomp Kekkels, van Mevrou Dominee met haar aaklige sykouse, Tannie Annetjie wat in idiome praat, tot Bart met die ghries onder sy naels wat sy tande met jou koekvurkie skoonmaak, wat hulle in jou sitkamer tuisgemaak het. Maar ek is nie. Want, jy sien, ek weet daardie klomp is besig om onder jou vel in te kruip. Hoekom anders was jy so begaan daaroor om die wegholbruid op te spoor en Tannie Annetjie van ‘n grypdief te red? Ek dink nie dit was net oor die melktert nie. Onder jou wollerige japon en bokant die onaansienlike Birkenstock sandale klop daar ‘n goeie hart.

Jy koop dan selfs vir ‘n ystervark ‘n pienk halsbandjie met ‘n klokkie en bekommer jou snags oor die dikkoppe in jou tuin se kuiken. Nee wat, daardie vlymskerp tong van jou is meer bek as binnegoed. Jy mag nou wel klere dra wat jy in ‘n vorige lewe nie eers as stoflappe sou gebruik het nie en woon in ‘n dorp waar selfs die posbusse skinder, maar jy weet jy is tuis daar. Geen stadsboef of moordenaar sal jou ontglip nie.

Jy is goed vir Aronspoort, liewe Mevrou Smit. Hulle raak jou nou gewoond. En ek ook.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
31 reviews
June 23, 2024
Eventhough my home language is Afrikaans, I normally don't read Afrikaans books, but this was such a fun and surprising read!

From the start I was instantly dragged into the story and I wanted to know what's going to happen next.
Let me just say, Mevrou Smit is such an interesting character, she certainly surprised me a few times. This woman is badass if I may say so🤣

The book is set in a small town and definitely has all the elements and characters that perfectly fits into the small town image.

I didn't know that this is book 2 in the series, so I'm definitely going to get the first book as well.
I'm so intrigued to know what happened between Mevrou Smit and Tomas, the town doctor. The tension between these two characters is chefs kiss and I was rooting for them the whole time!

If you read Afrikaans books and love small town, mystery, murder, bit of romance, definitely give this book a read!
I would definitely recommend reading Die Fantastiese Mevrou Smit first.
Profile Image for Muller Rossouw.
138 reviews4 followers
November 4, 2025
“Die Nege Lewens van Mevrou Smit” is ‘n heerlike, ryk en atmosferiese roman waarin Elizabeth Wasserman jou in ‘n wêreld intrek wat tegelyk vreemd, huislik, ironies menslik én elegant Afrikaans voel. Die boek weef herinneringe, moontlike lewens, alternatiewe moontlikhede, verlies, klein misteries, subtiliteit en hoe identiteit gevorm word deur duisende klein draaie in ‘n mens se geskiedenis. Mevrou Smit word nie net ‘n karakter nie, sy word ‘n studie in menswees self.

Die karakters bly lank met jou. Die manier hoe Prof Wasserman Afrikaans gebruik is werklik pragtig en presies die soort gebruik wat mens al hoe minder teëkom. Dit lees maklik, maar dit is nie vlak nie. Die atmosfeer is amper soos n Wes Anderson fliek, stadig en lig melancholies, maar nooit swaar nie.

Ek gee hierdie boek 4/5 ★

Lekker lees. Baie mooi Afrikaans. Oulike karakters.

Prof Elizabeth Wasserman is briljant en ek hoop regtig daar kom nog baie volwasse fiksie uit haar pen.
147 reviews8 followers
June 8, 2024
#dienegelewensvanmevrousmit
#elizabethwasserman
Sjoe, Mev Smit! Wie sou nou kon raai?

Hierdie interessante boek volg op Die Fantastiese mevrou Smit, en glo my, jy kan maar albei lees!
Mevrou Smit (sy verkies daardie aanspreekvorm - en dis glad nie van spoggerig wees nie hoor!) woon in Aronspoort. Sy het daarheen verhuis omdat sy graag wou wegsmelt in 'n plattelandse gemeenskap vir haar aftrede. Maar, ten spyte van haar keurige plannetjies, gebeur dit nie. Die een drama ná die ander vind plaas rondom haar, en die dorpsmense begin al hoe meer vrae vra. 'n Langverwagte troue vind nooit plaas nie, 'n wildvreemde man op 'n motorfiets verskyn skielik voor haar deur, en sy voel of daar 'n net al hoe stywer om haar span. Wie ís onse Mevrou Smit? En gaan sy ooit haar ware kleure wys?

Ek het hierdie boek (en sy voorganger) terdeë geniet. Albei het 'n goeie skeut drama, spanning, humor en ironie van bladsy 1 tot op die einde - pure leesgenot! Elizabeth Wasserman, doe zo voort!
#penguinrandomhouse
#katinkadink
Profile Image for Roelia (Roelia Reads).
431 reviews1 follower
May 31, 2024
Die boek is die opvolg op “Die Fantastiese Mevrou Smit”. Ek het hierdie boek sommer dadelik begin lees toe ek dit gekry het, ten spyte van die feit dat daar ‘n netjies hopie ander boeke is wat al langer vir my wag!

Dit is soos ‘n reunie – Mevrou Dominee, Hester, en natuurlik, Dokter Tomas. En ons ontmoet ‘n paar nuwe karakters ook. Sonder om te veel weg te gee, kom ons sê dat “troues”, “bendes” en ‘n “moordfees” op die kaarte is. En soos altyd, melktert!

Mevrou Smit is presies waar ons haar gelaat het, dalk net effens meer ingeburger in Aronspoort. Sy huiwer nogsteeds nie om haar opinie te lug nie, en gee nogsteeds nie om wat die res van die inwoners van haar dink nie. Haar weerbarstige persoonlikheid laat haar definitief uitstaan, of sy wou kom wegkruip as ‘n ander persoon of te nie.

Ons sien wel ‘n bietjie meer van haar duistere verlede, so stadig maar seker leer ons meer van die onkonvensionele karakter. En nog meer as ooit, is sy nie iemand aan wie se verkeerde kant ek ooit sal wil wees nie.

Hierdie knussie (cozy mystery) voel, soos die vorige boek, familier en soveel pret om te lees. Die mense en omgewing voel bekend, want ons almal ken mos ook maar klein dorpies en hulle mense. Ek het erens gelees dat Aronspoort gebaseer is op Montagu, en van toe af is ek nog meer gefasineerd met die plekkie en die gevoel van gemeenskap en nostalgie.

Die einde van die verhaal los mens met ‘n paar vrae – wat my laat glo en hoop dat boek drie definitief aan die kom is!

Spanning, humor en verassings – presies wat ek van ‘n “Mevrou Smit” boek verwag het. Nog ‘n lekkerlees boek wat ek definitief sal aanbeveel vir lesers wat hou van Suid-Afrikaanse en Afrikaanse karaktergedrewe verhale.

Dankie aan PRHSA vir die geleentheid om hierdie boek te lees.
Profile Image for Susanna.
261 reviews6 followers
March 16, 2025
Mevrou Smit (nie tannie, hoor), woon steeds op die plattelandse Aronspoort. Soveel soos sy haarself oortuig sy gaan maar in die agtergrond inpas, laat die gebeure rondom haar en haar erge nuuskierigheid dit net nie toe nie. Dr Tomas trou met die plaaslike melktert koningin, Loretta, en die hele dorp is daar om die bruilof te vier. Toe Tomas se eks-vrou dood neerslaan op die troue, breek chaos los in die klein dorpie.

Die dorp se spul skinderbekke kan nie na hulle gewone tuisnywerheid gaan vir die nuutste nuus en melktert nie, want Loretta het mos getrou en moet gaan wittebrood hou. Toe Mevrou Smit noem sy’t ‘n paar melkterte vooruit gekoop om te vries, raak haar sitkamer sommer nou die nuutste bymekaarkomplek. Die moord is natuurlik op almal se lippe, maar Mevrou Smit dink daar steek meer agter die gebeure in Aronspoort.

Dit lyk of Mevrou Smit se vorige lewe besig is om haar in te haal toe sy hoor daar is al hoe meer bendebedrywighede op die platteland. Hoe gaan sy haar nuwe borrel beskerm, sonder om bekend te maak wie sy werklik is? Mevrou Smit gaan slim moet werk as sy haarself, en selfs Aronspoort, wil red.

My indruk: Daar is ‘n rede hoekom Mevrou Smit se boek weer gekies is vir ons boekklub – wat ‘n lekker boek om te lees! Die eksentrieke karakter wat Mevrou Smit is, maak die storie sommer ekstra lekker want mens weet nooit wat sy volgende gaan doen of kwytraak nie. Ek sien uit na die derde boek!
Profile Image for Hanlie.
629 reviews25 followers
July 21, 2024
Wat n heerlike lees en opvolg op Die Fantastiese Mev Smit!

Dis n tipiese klein dorpie storie ( Hopelik sonder al die moorde) wat my nostalgies laat terugdink het aan my kinderjare.

Moeilikheid volg Mev Smit (sonder n H!)
Dit is asof sy dit aantrek en dit is die laaste ding wat sy soek. Sy wil net n rustige lewe lei op Aronspoort, n dorp waar sy gebore is (maar niemand mag dit weet nie) en waarheen sy n paar maande tevore heen gevlug het. Sy wil rondvroetel in haar tuin en sorg dat Hester (haar krimpvarkie) nie die tuin die heeltyd verniel nie, maar dit is haar nie beskore nie. Die boek skop af met n bruilof; of n amperse 1 want wie kan nou trou as die bruidegom se eks dood neerslaan in die kerk net soos die bruid die paadjie afstap?! Ongelukkig gaan dit nie by 1 moord bly nie!
Sommer vinnig word Mev Smit nader gehark om uit te vind wat aangaan en in tipiese Mev Smit styl doen sy dit op haar manier!
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
May 11, 2024
Heerlike cozy mystery in 'n Suid-Afrikaanse omgewing.
Profile Image for Tertia Oosthuizen.
13 reviews
July 3, 2024
Lekkerleesboek

Die storie lees lekker. Die kinkels is goed beplan. Die alewige verwysing na die rekbroeke is afgesaag, los liewer. Mev Smit kan ook ophou om so mislik en kwetsend te wees, dit doen afbreuk.
Displaying 1 - 11 of 11 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.