Jump to ratings and reviews
Rate this book

Geroep vir 'n tyd soos hierdie

Rate this book
Farren Cloete is geroep vir ’n tyd soos hierdie, maar wys vir jou op jou roeping dit maak nie saak wat mense sê nie, as God jou geroep het kan geen mens jou keer nie en jy hoef aan niemand rekenskap te gee nie. Farren kom maak ons vry daarvan dat ons dink ons moet ander gelukkig maak, en help ons om te fokus op wat God van ons wil hê. Dit maak nie saak hoe moeilik ons roeping is nie, of ons opgewasse voel daarvoor of nie, God is by ons en Hy roep ons vir ’n tyd soos hierdie.  

110 pages, Kindle Edition

Published May 31, 2024

3 people are currently reading
2 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (33%)
4 stars
2 (22%)
3 stars
3 (33%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (11%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,479 reviews84 followers
July 31, 2024
#GeroepVirnTydSoosHierdie – Farren Cloete
#LuxVerbi

Tydens die grendeltyd was sosiale media, veral Instagram en Tik Tok, vir menige individue die enigste kontak met die buitewêreld. Alhoewel ‘influencers’ nie ‘n onbekende konsep was nie, het dit toenemend op die voorgrond getree en is dit terstond in Afrikaans as ‘smaakmakers’ gedoop. Die eerste formele smaakmakertoekenningseremonie was in Februarie 2024. Farren Cloete was die wenner in die ‘Kuier’ kategorie. ‘n Ongewone prestasie vir ‘n dominee.

In hierdie memoir vertel sy haar storie, van haar kinderjare in Namakwaland waar die klein juffroutjie reeds haar liefde vir die kollig ontdek het, tot haar beroep na die pienk kerk (en kerksaal, en pastorie) in Lambertsbaai. Sport sou haar nie in die kollig kry nie, want “Hou in gedagte dat ek nie vir hardloop gebou is nie. Die Here het my met ‘n gesonde liggaam op al die verkeerde plekke geseën.” (16), so dit moes Regte wees. Weens ‘n sameloop van omstandighede, beland sy toe by die Teologiese fakulteit – en bly daar. Totdat sy ‘n dominee was wat besluit om die steriele swart en wit kleredrag op te vrolik met kleurvolle hoëhakskoene en bypassende lipstiffie.

Van skoene gepraat: Die pastorie het vier slaapkamers. Een daarvan is omskep in ‘n aantrekkamer, ‘n eufemisme vir ‘n bêreplek vir minstens 90 pare hoëhakskoene. Skinderstories, en selfs petisies, het gereeld haar naam gedra; die astrante dominee wat ‘n verhouding met ‘n gemeentelid (nou haar man) gehad het, en dit durf waag het om haarself op sosiale media uit te leef.

Haar storie loop draaie en kronkelpaaie, en verduidelik wat Job se dilemma met vaalkos in gemeen het en wat die verband tussen leerlinglisensie-eksamens en Gideon se veldslae is. Maar, bowenal, is dit ‘n verhaal van hoop en positiwiteit, die verhaal van iemand wat wou wys dat ‘n dominee “nie bo ander mense verhef moet word nie” (106), wat glo dat sy juis geroep is vir ‘n tyd soos hierdie.

⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
July 9, 2024
Farren Cloete is ’n kleurvolle karakter met rooi lipstif en hoëhakskoene. Sy het grootgeword op Bergsig, drie kilometer buite Springbok in Namakwaland. Omdat sy nie gekeur is om regte te swot nie, skryf sy in vir Teologie. Haar nuutgevonde vryheid op universiteit lei daartoe dat haar studies skade lei as gevolg van haar sosiale lewe. Dit is eers in haar derde studiejaar wat sy gehoor gee aan die roeping op haar lewe. “Ek het besef dit was van die begin af die Here se plan met my lewe. Al was dit nie deel van mý plan nie. (p. 25)
Aan die hand van Bybelse karakters soos Ester, Gideon, Job, Jona en Moses, bring die skrywer belangrike waarhede en beginsels by die leser tuis sonder lang en filosofiese beredenering. Trouens, die boek lees ontsettend maklik en dit het my aandag enduit behou, anders as sommige aanbiedings in hierdie genre. Die eerlikheid waarmee die skrywer haar oorwinnings, maar ook haar foute, voorhou, dwing respek af. Sy is gemaklik met haar uniekheid en sy verklaar onomwonde: “Jesus is ons Verlosser. En ons moet Hom aanbid, in ons uniekheid, in ons andersheid.” (P. 67)
Daar is volop pitkos in die 170 bladsye van Geroep vir ’n tyd soos hierdie. Soos die gevolgtrekking aan die hand van Job se verhaal: “Ware geloof is nie geanker in wat jý verwag of dink God moet doen nie. Ware geloof is geanker in jou oortuiging dat God se wil vir jou die beste is.” (p.147)
Geroep vir ’n tyd soos hierdie is uitgegee deur Lux Verbi, ’n druknaam van NB Uitgewers.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.