Jump to ratings and reviews
Rate this book

Samboksalf en ’n draaktraan

Rate this book
Iets vreemd is in Rhynsburg aan die gang. Lizelle het nie avontuur verwag toe sy een middag tydens haar Desembervakansie buite Stina’s Café vir die koerant gewag het met samboksalf en ’n pakkie sigarette in die hand nie. Niks gebeur dan ooit in hierdie kurkdroë klein Karoodorpie waar sy nou sit te danke aan haar pa se afdanking en haar ma se gebrek aan selfbeheer nie. Maar sy kom vinnig agter iets is nie pluis nie. Die wit rose in almal se tuine steek iets baie meer onheilspellend weg – iets wat haar een aand aanval! Lizelle het niks behalwe tyd nie, en sy is vasberade om uit te vind wat aangaan. Die koster en sy kerkklokke weet meer as wat hy voorgee, en so ook Wilma – die misterieuse bibliotekaresse wat deur die res van die dorp vermy word.
Sy is net glad nie voorbereid vir wat sy vind nie.
Drake ... in die Karoo.

214 pages, Kindle Edition

Published June 1, 2024

Loading...
Loading...

About the author

A.M. Holder

1 book2 followers
Alene Mari Holder

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (50%)
4 stars
5 (31%)
3 stars
3 (18%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
November 29, 2024
Ek lees glad nie fantasie nie en was vasberade om dit so te hou. Vanjaar begin my voorneme egter so ligweg wankel en dis o.a. deur die toedoen van A.M. Holder en haar SAMBOKSALF EN 'N DRAAKTRAAN.
Sy het eerste my aandag getrek toe ek op haar Instagram (Die skrywer met die blou hoed) sien sy bly in dieselfde dorp in Noorwee as my kinders. Sy is 'n musikoloog en operasanger en besig met haar PhD in daardie rigting. Dit lyk volgens haar bio of sy al heelwat uiteenlopende dinge gepubliseer het, maar hierdie is haar eerste roman. En mense, dis flippen goed! Mens kan dit net lees om te kyk hoe op aarde sy 'n blikkie Zam-Buk en 'n draaktraan bymekaar uitbring. Dis eintlik 'n boek vir tieners, maar ek kon absoluut met die hoofkarakter identifiseer.
Lizelle moet die Desembervakansie voor sy hopelik kan gaan swot omkry op die fiktiewe Karoodorpie waar haar ouers geland het toe hulle lewe uitmekaargeval het. Sy is permanent aan die Marlboro's rook en daar's altyd 'n blikkie samboksalf in haar jean se sak. (Albei word later gemotiveer.) Sy ontmoet in haar verveling eers die besonder belese koster en dan 'n astronoom, wat 'n sterk vrou is en vir haar 'n rolmodel word. Mettertyd kom sy agter hierdie mense is nie wie jy dink hulle is nie (op 'n goeie manier). Onder andere is hulle die enigste dorpenaars wat nie wit rose in hulle tuine het nie. En daai rose gedra hulle nie altyd soos rose nie.
Ja, daar is ook drake. Ek het nog nooit trek vir drake gehad nie, maar 'n Vaaldraak is die mooiste ding denkbaar. Daar is ook Momdrake en hulle is nie nice nie.
Hierdie boek was vir my 'n heerlike verrassing. Ek sukkel geweldig met konsentrasie, maar hier het ek enduit vasgebyt.
As mens goed kyk, kan jy die twee soorte drake mooi onderskei op die voorblad.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,549 reviews89 followers
July 1, 2024
#SamboksalfEnNDraaktraan – A. M. Holder
#Lapa

Rhynsburg.
Karoovlaktes.
Hittegolwe.
Kleindorpse bekrompenheid.
Skinderstories.
Kerkklokke.
Verlatenheid.
Verveling.

Kom ons skrap die laaste bewering. Verveling. Want daar is drake. Regte, egte drake.

Lizelle se dae bestaan uit wag. Wag vir die koerant – wat soms nie opdaag nie. Wag vir ‘n beurs sodat haar toekomsplanne om joernalistiek in Londen te studeer, verwesenlik kan word. Wag vir haar versukkelde ouers om rigting te kry. Sedert haar ma se donker geheim haar pa sy werk gekos het, dwaal hy rond met sy koöperasiehempie en sy staar na die televisie. Die enigste ligpunte in haar dae is samboksalf, sigarette en combat boots. Tot die dag wat die drake opgedaag het.

‘n Algemene beswaar teen fantasie as genre is dat dit onrealisties is. Hmmm, ja. Dis hoekom dit fantasie is. Nietemin verkies sommige skrywers in die genre om ‘n parallelle werklikheid as ruimte te gebruik, eerder as om die karakters in ‘n fiktiewe wêreld te plaas. Dis ook die geval hier. Die fantasie-element word gebalanseer met die alledaagse: die reuke en klanke van ‘n plattelandse kerkbasaar, die marmerklippies in die veld soos ‘vergete manna wat op die Karoo-vloer verkalk het’ (168), die hitte, stof en boerdery-uitdagings, en die toekomsvrese en frustrasies van moderne jong volwassenes.

In die alternatiewe ruimte is daar drake, eeue-oue wesens in ‘n stryd tussen lig en donker, profesieë, en antieke wapens, met mitologie as verbindingsfaktor. Letterkunde speel eweneens ‘n samebindende rol, Tolkien en Rowling staan teenoor Shakespeare, Lee, Joyce en Hemingway.

Ironie word gevind in die boosheid vermom as wit rose, wat nogal herinner aan G.J.Combrink se 1977-riller vir tieners, ‘Saad van onheil’ (Human en Rousseau) maar in alle ander opsigte daarvan verskil. Combrink se werk was op jonger lesers gemik en was veel meer naïef; Holder huiwer nie om meer komplekse temas soos verslawing, tienerrebellie, traumatiese verliese, en selfs koelbloedige moord in die teks te ontgin nie. Aan humor ontbreek dit egter nie, Lizelle se pogings om voor te gee dat sy onder die invloed van alkohol is, is vars, oorspronklik, amusant en uiters realisties.

Samboksalf sal nooit weer dieselfde wees nie.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek

A.M. Holder - Skrywer met die Blou Hoed
Profile Image for Rozanne Visagie.
781 reviews105 followers
December 16, 2024
Samboksalf en 'n Draaktraan is 'n fantastiese boek! Waar om te begin met hierdie meesterstuk!
Fantasie lesers sal eerstens hierdie boek opeet oor die drake. Dit is werklik uniek geskryf en die beskrywings is fantasties. Dinge soos Die Burger, Samboksalf en die Simba tjips pakkie sal Suid-Afrikaners opgewonde maak omdat dit iets is wat ons ken. Uiteindelik kan ons ook voel dat daar iets op ons agterstoep afspeel waarvan die wêreld sal wil deelhê.

Die momdrake het my baie gefassineer en die manier hoe hulle hulself vermom was slim. Die aksie, die suspensie en die magic was so goed. Die storie vind plaas in 'n klein Karoo-dorpie maar moenie dat die stof jou 'n rat voor die oë draai nie! Daar gebeur BAIE!

Ek het gehou van Lizelle se karakter en dink jong volwassenes sal maklik met haar kan identifiseer. Daar is 'found family' en ek het veral gehou van die rol wat die kerkklokke speel. Ek sal nooit weer dieselfde na 'n kerkklok kyk nie.

Baie dankie aan Lapa Uitgewers vir 'n gratis kopie van hierdie boek inruil vir 'n eerlike resensie.
Profile Image for Luzanne Warren.
347 reviews35 followers
July 25, 2024
"Samboksalf en ’n draaktraan: Unleashing Karoo Mysteries"
If you’re in the mood for an enthralling journey filled with unexpected twists and turns, then "Samboksalf en ’n draaktraan" by A.M. Holder is the book you need on your reading list. This unique novel seamlessly blends the quaint charm of small-town South Africa with a creative storyline that will keep you hooked from start to finish. Let’s dive into why this book is an absolute must-read!

A Dive into Karoo Mysteries
Imagine finding yourself in the middle of a seemingly sleepy Karoo town, only to uncover hidden secrets that are far beyond your wildest dreams. That’s exactly what happens to Lizelle in "Samboksalf en ’n draaktraan." What starts as an ordinary afternoon waiting for the newspaper outside Stina’s Café quickly turns into an adventure she never anticipated.

Synopsis:
Iets vreemd is in Rhynsburg aan die gang. Lizelle het nie avontuur verwag toe sy een middag tydens haar Desembervakansie buite Stina’s Café vir die koerant gewag het met sambaksalf en ’n pakkie sigarette in die hand nie. Niks gebeur dan ooit in hierdie kurkdroeë klein Karoodorpie waar sy nou sit te danke aan haar pa se afdanking en haar ma se gebrek aan selfbeheer nie. Maar sy kom vinnig agter iets is nie pluis nie. Die wit rose in almal se tuine steek iets baie meer onheilspellend weg – iets wat haar een aand aanval! Lizelle het niks behalwe tyd nie, en sy is vasberade om uit te vind wat aangaan. Die koster en sy kerkklokke weet meer as wat hy voorgee, en so ook Wilma – die misterieuse bibliotekaresse wat deur die res van die dorp vermy word. Sy is net glad nie voorbereid vir wat sy vind nie. Drake ... in die Karoo.

Lizelle’s journey to uncover the truth behind the white roses and the mysterious attacks will take you on a ride filled with suspense, secrets, and yes, even dragons in the Karoo!

Why You Should Pick Up "Samboksalf en ’n draaktraan"
📖 Quick Read: Despite the sometimes complex language use, this book is a quick and engaging read.
🌍 Creative and Unique: The story captures the atmosphere of small-town South Africa perfectly while delivering a creative and unique plot.
👤 Interesting Characters: While the book is more plot-driven, the characters are intriguing and add depth to the story.
🌀 Layers of Intrigue: The book is filled with fascinating plot twists that will keep you guessing until the very end.
Why This Book Stands Out
"Samboksalf en ’n draaktraan" is not just another fantasy novel. It’s a testament to A.M. Holder’s ability to weave a narrative that is both deeply rooted in South African culture and rich with fantastical elements. The mix of familiar settings with extraordinary events creates a reading experience that is both comforting and thrilling.

Lizelle’s determination to uncover the secrets of Rhynsburg, her interactions with the mysterious librarian Wilma, and the strange occurrences that plague the town are all crafted with a keen eye for detail and an appreciation for suspense. And let’s not forget the dragons – a surprising yet fitting addition to the Karoo’s dry landscape.

Get Your Copy Today!
"Samboksalf en ’n draaktraan" is available now. Don’t miss out on this thrilling journey through the Karoo!
170 reviews8 followers
July 13, 2024
Wanneer ek 'n boek soos hierdie lees, is ek sommer hartseer. Hartseer omdat die boek baie beter is as die hoeveelheid lesers wat hom waarskynlik in Afrikaans sal lees. En ek is ook dadelik hoopvol. Hoopvol dat die uitgewers sal sien dat die boek in Engels vertaal moet word sodat báie meer lesers toegang kan kry!
Samboksalf leef ook in my huis. In my handsak, broeksak en op my bedkassie. Dus is ek bekend met die reuk en die blikkie. Die nuw blikkies wat moeilik oopmaak. En dis seker die mees indrukwekkende parallel in hierdie boek - die eenvoudige, tipies Suid-Afrikaanse Zambuk en die magiese realisme, en dit speel af in ons eie, nederige Karoo!

Lizelle is in limbo, klaar met skool, en wag om te hoor of sy by 'n tersiêre instansie 'n beurs gekry het om te studeer. Want, haar ouers kan nie bekostig om te betaal vir haar studies nie. Sy sit dag in en dag uit op Stina's Cafe se stoepmuurtjie (want sy wil nie by die huis saam met haar ouers wees nie!) en wag vir die koerant - wat soms eers drie dae ná publikasie daar uitkom. So ontmoet sy die Koster, oom Johannes en, wanneer sy uit pure verveeldheid die dorpsbiblioteek besoek, ook die vreemde 'astroloog', Wilma. Met die twee mense voel sy 'n sterk band, al is hulle soveel ouer as sy.
Maar, dit wat bedags sigbaar is verander met skemer, en gou is Lizelle betrokke by 'n eeu-oue stryd tussen goed en kwaad - tussen magiese wesens. Holder se beskrywings van die wesens is sò kleurvol, dat ek nou presies weet hoe 'n momdraak, 'n vaaldraak 'n nagvreter en 'n Skemerloper lyk. Ewenwel, Lizelle en Wilma se vriendskap ontwikkel tot 'n diep begrip vir mekaar, en wanneer die nagvreters toeslaan, staan nie een van hulle terug nie.
'n Ander interessante aspek van díe boek, is die rol wat kerkklokke speel in die verhaal. En dit het sin gemaak toe ek in die bio agter in die boek lees dat die skrywer ook 'n hoogs-gekwalifiseerde musikus is! Die roman het soveel lae dat ek bladsye vol daaroor wil skryf. Daar is humor, fantasie, realisme, moord, geweld en dan die magiese aspekte. 'n Skitterende debuut - ek sien uit na nog!!
Profile Image for Jodi .
216 reviews8 followers
July 31, 2024
"𝙳𝚒𝚝 𝚠𝚊𝚜 𝚍𝚒𝚎 𝚜𝚊𝚖𝚋𝚘𝚔𝚜𝚊𝚕𝚏. 𝙳𝚒𝚜 𝚐𝚘𝚎𝚍𝚔𝚘𝚘𝚙 𝚎𝚗 𝚓𝚢 𝚔𝚊𝚗 𝚍𝚒𝚝 𝚜𝚊𝚊𝚖 𝚖𝚎𝚝 𝚓𝚘𝚞 𝚛𝚘𝚗𝚍𝚍𝚛𝚊. 𝙰𝚜 𝚓𝚢 𝚍𝚒𝚝 𝚘𝚙 '𝚗 𝚘𝚘𝚙 𝚠𝚘𝚗𝚍 𝚜𝚖𝚎𝚎𝚛, 𝚍𝚊𝚗 𝚋𝚛𝚊𝚗𝚍 𝚍𝚒𝚝 𝚗𝚒𝚎 𝚜𝚘 𝚎𝚛𝚐 𝚜𝚘𝚘𝚜 𝚓𝚢 𝚐𝚎𝚍𝚒𝚗𝚔 𝚑𝚎𝚝 𝚍i𝚝 𝚜𝚘𝚞 𝚗𝚒𝚎. 𝚂𝚘𝚘𝚜 𝚟𝚎𝚛𝚐𝚒𝚏𝚗𝚒𝚜."

Samboksalf en 'n Draaktraan deur A.M Holder

Die boek se vibes is 🤌🏻 ek love Lizelle en Oom Johannes met sy kennis oor drake en vir Wilma wat veraltyd lewe is pretty cool. Lizelle geniet koerant lees en sy sit elke dag en wag vir Die Burger maar die koerant daag nie op nie.

Hoe meer jy lees hoe meer wil jy weet! Ek sê elke keer vir myself nog net 1 hoofstuk. Maar dit bly nie daar nie. Die boek hou jou op die tone. Jy wil net lees en al jou vrae geantwoord kry.

Iets vreemds is aan die gang in hierdie klein Karoo dorpie en elke huis het witrose behalwe 2 mense se huis. Die hoender op die kerk se vlerke het beweeg... wat de hel was dit?... 'n vlermuis... nee wat lees maar aan sê ek vir myself.

Ek het hierdie boek baie geniet. Die geveg tussen die skemerlopers en die nagvreters, was soos n aksie fliek wat afspeel. Ek het omtrent op die rant van my stoel gesit. Hierdie boek leer n mens baie oor vergifnis, om te vergewe en te vergeet. Dit was n boodskap wat vir my duidelik uitgestaan het.

Lizelle en haar combat boots en samboksalf en Marlboro sigarette. Hierdie boek is vol avontuur en sal jou aandag vasvang van die eerste sin af. Ek was so vasgeplak aan die boek en ek dink die storie sal veraltyd in my gedagtes bly.


⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ vir hierdie awesome boek!
Baie dankie aan @lapa_uitgewers @lapa_kinder_en_jeugboeke en @penguinbookssouthafrica vir hierdie resensie-kopie.

#leesafrikaanseboeke #leesafrikaans #afrikaans #lapauitgewers #penguinbookssouthafrica #booksofinstagram #bookstagramies🍒🍓🍑🌻🦋🌸 #aesthetic #bookphotography #booktok #bookrecommendations #bookreviews
Displaying 1 - 6 of 6 reviews