Jump to ratings and reviews
Rate this book

Drome het ook asem

Rate this book
Duncan Weston, eienaar van Soeterwijn, voel of hy uit homself kan stap. Hoe kan ’n mens alles hê en tog voel asof jy niks het nie?  ’n Vakansie weg van sy alledaagse roetine is wat hy nodig het. In Rome wag Isabel Haasen hom by die lughawe in. Ondanks haar kil houding voel Duncan intuïtief tuis in haar geselskap, maar daar is iets wat sy  wegsteek . . .
’n Fyn genuanseerde verhoudingsverhaal wat veel dieper delf as net ’n romanse in Rome.

305 pages, Kindle Edition

Published July 5, 2024

Loading...
Loading...

About the author

Helene De Kock

70 books7 followers
Helene se skryfwerk dek ‘n wye spektrum van genres. Sy doen ook joernalistieke werk en skryf resensies vir dagblaaie. Sy skryf al langer as dertig jaar lank en meer as 40 boeke is gepubliseer. Van haar vroeër werke verskyn nou in omnibusse, maar sy skryf steeds nuwe romans asook geestelike werk en kinderboeke. Daar verskyn binnekort nog ‘n omnibus en ook nuwe romans van haar. By CUM verskyn daar ‘n boek oor haar seun se dood met die titel ‘As dood Lewe word’. Sy skryf vir verskeie uitgewers soos Tafelberg Uitgewers, Human & Rousseau, Litera, CUM, Aktuapers en LAPA. Sy het ook ‘n gereelde rubriek naamlik ‘BBP’s’ op www.ekerk.co.za.

Helene skryf graag oor die liefde - maar net so belangrik in haar werk is die klem op die werklike lewe en die eise wat dit aan álle verhoudings stel. Sy verwys na haar romans as verhoudingsverhale. Sy het byvoorbeeld ‘n roman geskryf wat oor ‘n periode van byna ‘n eeu strek. Dit is die liefdesverhale van twee vroue wat nie slegs die trauma van oorlog ken nie, maar ook die pyn van verlange en wantroue. Helene het ‘n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands wat sy cum laude verwerf het. Sy het in 2008 ‘n toekenning gekry vir die beste meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteitvan Noordwes. Haar roman ‘Dieper Water’ is juis ‘n uitvloeisel van hierdie studie.

Sy skryf ook kortverhale wat al in bundels opgeneem is. Hierdie bundels is saamgestel deur T.T.Cloete, Jeanette Ferreira en Daniel Hugo.
Helene was verskeie male naaswenner met die ATKV/Sarie pryse vir vervolgverhale en ook die ATKV/rooi rose kortverhaalwedstryd. Al haar vervolgverhale is in boekvorm deur verskeie uitgewers uitgegee en ander romans het weer direk in boekvorm verskyn. Sy gee sporadies lesings oor Skryfkuns aan die Skryfskool van die Noordwes Universiteit asook by die Universiteit van Pretoria.

http://www.helenedekock.com/

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
18 (35%)
4 stars
15 (29%)
3 stars
14 (27%)
2 stars
0 (0%)
1 star
4 (7%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Bambi.
194 reviews
April 27, 2025
I will do the review first in Afrikaans and then translate to English.

Ek het my review netso van die ander Drome het ook asem (fisiese boek keuse) gevat en oor geplaas na die Kindle weergawe:

Drome het ook Asem is die opvolg storie van Diana se dag. Die storie gaan oor Duncan Weston wat bietjie oorweldigend voel oor alles en almal, en is op die grens van uitbranding. Sy vriende stel voor hy gaan op vakansie, verkieslik landuit. Dis toe dat hy in Rome beland, en sy agterklein niggie, Isabel ontmoet. Die ontmoeting is defnitief nie dié van totale vriendlikheid nie, maar soos tyd aanstap, raak hulle tog goeie vriende. Maar daar skuil geweldig baie geheime wat Isabel geheime wil hou. Maar hoe beter sy vir Duncan leer ken, hoe groter is die drang om hom alles te vertel.

Drome het ook Asem is 'n baie mooi en diep verhaal van allerdaagse en ingewikkelde probleme. Jy voel absoluut saam met die karaters, al die blydskap en verliese. Helene de Kock het net 'n manier om dit so mooi te skryf wat jy kan nie help om 'n traan of twee te pik nie.

Die begin van die storie was 'n bietjie stadig na my sin, maar die oomblik toe die twee hoof karakters mekaar ontmoet, het die storie vlam gevat. Die karakters van die eerste boek word ook in hierdie boek genoem, waaroor ek baie bly is. Diana en Lutz bly maar my gunsteling twee mense.

Die feit dat Duncan se karakter so mooi gegroei en uitgedraai het in hierdie storie, is 'n verligting. Want kyk, in Diana se dag was hy 'n skepsel wat jy net graag wil rond skud en wurg. Drome het ook asem het wraggieswaar sy lewe as 'n karakter gered, want hy was een van my gehate karaters in die eerste storie. Dan sal ons maar liewers nie sy ma, Fransien, noem nie. Daardie tannie bly maar net 'n ander karakter. Laat my opnuut weer my eie ma meer waardeer!

In kort, Drome het ook asem is 'n diep, eg menslike verhaal van vergifnis, nuwe liefde en geluk. Iets waarna almal smag. Baie dankie Helen de Kock vir nog 'n pragtige storie.


There were two choices of books to select on this story - this one is the kindle edition, where I read the physical book, which was not having any pictures or details on Goodreads. I reviewed on both to give the black edition a chance in life. Drome het ook asem is the sequel of Diana se dag (Diana's day).

Drome het ook asem (Dreams have a breath) is about Duncan Weston, owner of a winery in the Boland who is having a hard time to cope with his everyday work, emotions and feelings. He needs to get away from everyone and everything. His friends and family tell him he needs to go abroad somewhere and try and find himself again. With this in mind, he goes to Rome.

In Rome, Isabel Haasen, a very distant cousin (there is a surprise/secret regarding this family tree), picks him up at the airport. But as soon as he sees her, he knows his life will never be the same. She on the other hand, is very unfriendly and doesn't want him in Rome. She doesn't want to babysit a man, she doesn't have the time for it. She gives private English lessons to Italians who needs it, and is quite contempt as things are at the moment.

But the more the keep running into each other, the more she likes Duncan, and even feels safe around him. So safe in fact, that she tells him secrets that no one else knows.

This story is one of those one that gives your emotions a ride of its life. One time, you feel happy, then just in the next paragraph, you are hit with an extremely unhappy and sad "scene" (if you can call it that). Then there are a couple of times where you feel frustrated for Isabel, because some people can't take no for an answer. And then, just before you know it, you get angry and happy at the same time! Helene de Kock has the ability to get your emotions running. I'm not sure if there is a translated version of this book (hope there is!) But I can commend on Helene's style. She knows what she is doing.

Duncan's character is also a breath of fresh air. In the first book - Diana se dag (Diana's day) - he was one of those characters you seemed to want to kick or throw over a bridge. He was that annoying, and one of the most hateful characters. But in this story, his character grows into someone who seems to connect better to life and meaning. He is more considerate, and he actually listens this time. So, from zero to hero!

The story does start off a bit slow, and just before you start to wonder if it's really worth it, firework happens.

So, thank you Helene de Kock for a rollercoaster of a story. My emotions were running wild with this one. There is especially one very sad part which had me crying (and I don't cry easily), but was also very beautiful.
Profile Image for Amanda.
1,245 reviews
August 17, 2024
Helene de Kock is ’n skrywer vir wie ek hand opsteek sonder om die bekendstelling van ’n nuwe boek te lees. As dit boonop ’n uitsonderlike titel het, soos Drome het ook asem, sal dit hoog op my leeslysie wees.
Die Duncan Weston wat ons raaklees in hierdie nuwe roman verskil hemelsbreed van die selfversekerde en selfgesentreerde weergawe, soos ons hom ontmoet het in Diana se dag, wat in 2023 verskyn het. Die blyk duidelik as ons na hom kyk deur die oë van ’n paar rolspelers, soos sy pa: “Al sy vooropgesette opinies oor die verhouding tussen ’n man en ’n vrou het verdamp en hom stom en verwese agtergelaat.”(p. 20) Dokter Isabel Haasen, wat in Rome teësinnig by hom betrokke raak, sien: “Iewers in sy blinkgrys blik skuil ’n vermoeide onsekerheid. ’n Ontnugtering wat sy sekerhede weggekalwe het.” (p.129)
Die titel en tema is ontleen aan ’n Lord Byron gedig, The dream. Dit word sommer vroeg in die verhaal ingelei deur Duncan se vriend, Hein, wat verklaar: “Jy het net ’n doelwit gehad. Nooit ’n droom nie.” (p.11) Wat volg is ’n skitterende verhoudingsroman wat diepgaande trauma aanraak, asook onderwerpe soos snobisme en oppervlakkigheid. Geloofsoortuigings kom ook onder die loep, ook die rol wat geloof speel in die verwerking van verlies.
’n Groot deel van die storielyn neem die leser na Rome en speel af teen die lieflike agtergrond van historiese geboue, kleure, geure en klanke eie aan dié besondere stad. Dit word met groot vaardigheid gedoen, sodat die milieu nooit die ontwikkelende verhouding oorheers nie.
Met Drome het ook asem wys Helene de Kock weereens waarom sy een van ons voorste skrywers van verhoudingsromans is. Die vooraf lees van Diana se dag is nie ’n vereiste nie, hoewel ek nou graag die tyd sou wou maak om beide verhale, in volgorde, te herlees. Drome het ook asem word uitgegee deur Human & Rousseau, ’n gewilde druknaam van NB Uitgewers.
Profile Image for Niekie Bushby.
67 reviews
August 2, 2024
Ek hoop daar is nog 'n opvolgboek. Daar is te veel vd storie wat ek nog wil weet.
Profile Image for Annica.
131 reviews
January 28, 2025
"...dat ons nooit die ekstase van jonk wees in ons volwassenheid mag verloor nie, want wat sal die sin van die lewe dan wees?"
Displaying 1 - 5 of 5 reviews