Eie aan Winterbach, met 'n knippie meer "plot". Spannende leestof, maar "deliciously" kompleks, chaoties en "layered". Ek het dit baie geniet, maar geniet die nadenke na die lees amper meer as die leeservaring selfs. 'n Mens sou die boek 'n paar keer oor kon lees en elke keer slegs op een aspek fokus: Die karakters se soeke na 'n outentieke spirituele ervaring, verhoudings tussen familieliede, die rol van filosofie en hoe dit ons help om die lewe beter te verstaan (of nie), die Suid-Afrikaanse geskiedenis, vreemdelinge haat, die kompleksiteit van romanse, noem maar op!