Jump to ratings and reviews
Rate this book

Boytjie

Rate this book
Johnny Davids word groot op die Kaapse vlakte. As jong seun besluit hy hy het genoeg mishandeling gehad en loop weg. In Walvisbaai kry Johnny kans om heel te word. As jong volwassene skryf hy en sy sangmaat Vivian in vir 'n sangkompetisie, hulle wen en so skop sy TV-loopbaan af. Vandag is Johnny 'n suksesvolle televisie- en sportaanbieder. Sy verhaal gee aan elkeen van ons krag om aan te gaan en om te droom dat dinge vir ons kan beter wees. 

167 pages, Kindle Edition

Published July 12, 2024

2 people are currently reading
6 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
12 (41%)
4 stars
14 (48%)
3 stars
3 (10%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,484 reviews84 followers
August 6, 2024
#Boytjie – Johnny Davids
#LuxVerbi

Byname steek dikwels so diep en langdurig vas dat niemand eintlik meer die persoon se “regte” naam kan onthou nie. Soms word dit selfs na die volgende geslag oorgedra. Dink maar aan Kleinjan, Oujan, Grootjan, Bangjan, en Bontjan. Of Oom Lepel wie se seun terstond Teaspoon genoem was. Maar daar is ook ʼn ander soort bynaam. Een wat jy nooit weer wil hoor nie. Want die assosiasie is eenvoudig te pynlik.

Tydens sy verblyf te Anemoonstraat 66, Kleinvlei, was Johnny Davids sy dowe ouma Katie, en haar bedorwe Pietie-boy, se Boytjie. Boytjie wat moes hout haal, vuur maak, water kook, en bygedam is met die aapstert vir onsinnige redes – soos die feit dat dit reën – en wat selfs op ‘n kol met ‘n lewendige hoender gegooi is. Want Boytjie se ma het hom weggesmyt. Letterlik. Een keer amper onder ‘n bus in, en een keer deur ‘n venster.

Na ‘n desperate vlug deur ‘n toiletvenster en trein steel tot by engele in Wellington, verruil hy die Kaapse vlakte vir Narraville in Namibië. By Mermaidstraat 312 word Boytjie Johnny, wen saam met ‘n vriend, Vivian, die gesogte kykNet sangkompetisie, Zing!, vir duo’s, en is deesdae ‘n bekende sportaanbieder, getroud met Liezel, en trotse pa van drie seuns. Hy haat die naam Boytjie, maar bely: “Die feit van die saak is egter dat dit onlosmaaklik deel was van wie ek was, en tot ‘n mate seker steeds is.” (16)

Sy memoir is nie ‘n “rags to riches” sprokiesverhaal nie; tussen Anemoonstraat 66 en Mermaidstraat 312 moes hy toekyk hoe ‘n vrou voor hom doodgesteek word: “Hulle het net ‘n kombers of iets oor haar gegooi en gewag vir die ambulans en die polisie.” (55), en tussen Mermaidstraat 312 en die hede, moes hy sy nuutgevonde pa finaal groet: “Jonsie is op 26 November 2011 in Walvisbaai se staatshospitaal oorlede.” (116) en sy vrae oor waar sy van vandaan kom, onbeantwoord laat: “Haar (sy ma) van is Jonathan, en my pa se van is Klazen. Wie was die Davids-persoon?” (140)

Die skryf van die memoir was wel ‘n katarsis om vergifnis te verwoord, en die verlede in die verlede te laat, in soverre dit moontlik is: “The weight that I carried for so long, has officially been lifted.” (233)

⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
October 25, 2024
“My naam is Johnny Davids … Maar hulle het my Boytjie genoem.” (p.15) “Ek haat daardie naam … Boytjie”, vervolg die skrywer uit die staanspoor wanneer hy sy memoires met soortgelyke titel begin opskryf. Hy identifiseer met Adam Small se stelling in een van sy gedigte: “Die Here het gaskommel en die dice het verkeerd geval vi’ ons …” (p.23) Dit was inderdaad die harde werklikheid waarin die klein Johnny grootgeword het en wat vir baie jare sy bestaan gekenmerk het.
Die skrywer onderskei tussen ’n mens se “komvandaan” en jou “waarnatoe”, maar ook jou tussenin. Vir hom was laasgenoemde die pynlike tyd in Kleinvlei, die Skiem, uitgelewer aan die afknouery van sy kwaai ouma en haar seun. ’n Ligpunt was die skool waar hy op sy naam genoem was, waar hy uitgestaan het as gevolg van sy aanleg vir lees en voordrag, al was sy dikwels ongewaste lyf en sy boeke in ’n Shoprite-sak ’n verleentheid. Dan was daar ook sy vriendskap met Ruben Fisher en die feit dat sy ouma hom aan die Here voorgestel het.
Boytjie se lewe slaan ’n ander koers in wanneer hy op ’n dag letterlik ’n geloofsprong waag en vlug. Die skrywer brei uit oor die wye familiekring aan beide sy pa en sy biologiese ma se kant, juis omdat soveel van hulle ’n rol gespeel het in sy lewe. Tog lees dit baie gemaklik en die detail pla nie.
Sy sukses as sanger, wenner van Zing, saam met sy vriend, Vivian, en sy uiteindelike sukses as omroeper en sportkommentator, skets ’n ligter kant van Johnny Davids se lewe. Die belangrikste vir my was die feit dat hy uiteindelik kon leer wat liefde is. “Die liefde is geduldig. Dit het my jare geneem om myself te vind, of vir liefde om mý te vind en ’n ewige woonplek in my hart en siel in te neem.” (p.183)
Hy getuig dat die skryf sy lewensverhaal hom gedwing het om diep te delf sodat hy oorblywende kwaad en bitterheid kon aanspreek. Hy kon vergewe en vryspreek, en daardeur vrede en hoop vir die toekoms vind.
Hierdie besielende werk is gepubliseer deur Lux Verbi, ’n druknaam van NB Uitgewers.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.