Jump to ratings and reviews
Rate this book

Taboek

Rate this book

114 pages, Softcover

Published June 1, 2024

6 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (25%)
4 stars
2 (50%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
1 (25%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Anschen Conradie.
1,486 reviews84 followers
July 21, 2024
#Taboek – Riku Lätti
#Naledi

Etlike jare gelede hoor ek ʼn liedjie waarvan die lirieke my in my spore laat vassteek: “Stuur my groete aan jou stoep / Aan die mense wat jy ontmoet / En sê ek’s jammer oor al die bloed…” Veel later vind ek eers uit wat die titel en die naam van die skepper daarvan is: “Pakpoort” van Riku Lätti. Sedertdien spits my ore as ek sy naam hoor, want ons het almal toegang tot die alfabet, maar nie almal kan eenvoudige woorde na ‘n melodie laat klink nie.

“Taboek”, sy poësiedebuut, word deur Dana Snyman beskryf as “Aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid.” Terwyl die leser nog hieraan prosesseer, tref die uitdaging van die eerste gedig reeds: “...die mense wat hierdie boek nodig het / gaan dit nie lees nie / die mense wat hierdie boek gaan lees / het dit nie nodig nie...” (7), wat gevolg word deur die caveat: “ek dig nie / ek skryf net neer wat ek voel...” (8)

Daarop volg ‘n stelling wat die dansbaan open: “...mens besin / meer / oor mens / as oor god / as mens / oor god besin...” (11) voordat die swaargewigte na vore tree: “... sal die tuinier verhartseer / as hy ‘n plant verloor / dog onnodig om te treur daaroor / liewer blydskap / dooie plant is mos kos / kompos vir / die ewige lewe / elke dag nuutgebore / uit die ewige dood...” (15/16) en “...eendag / is ons almal saam / in die graf / gelykgemaak / verskille opgelos / gesamentlik ontbind / in stukkies / alles tesame / weer / een ding / soos ons nog altyd was...” (21)

Indien enigeen egter dink dat die bundel ‘n ode aan ateïsme is, sal “toksiese ateïsme” (22) die misverstand vinnig opklaar: “wanneer die ongeloof / in die bestaan van god / jou verhewe laat voel / omdat jy beter weet / en gelowiges minag / het jou ateïsme / ook maar op die ou end / ‘n giftige religie geword”. Hierdie waarskuwing word met empatie alternatief verwoord as: “...vriendskap / is heelwat meer gesellig / as reg wees / alleen...” (64)

Waaroor gaan die bundel dan?

Oor vrae. Nie noodwendig oor die antwoorde nie, soos hierdie woorde aangaande Paulus illustreer: “...dat daar geleentheid was / om ‘n ander boodskap / uit paul se pen / by die woord in te glip / as jy die mag / in beheer is / met die geskiedskrywer in die sak / maar hoe sal ek weet / ek was nie self daar / om dit te ontken nie” (26).

Spasiëring is deurgaans ‘n belangrike stuk gereedskap om tussen teenstrydighede en ooreenkomste te onderskei, een standpunt word dikwels heel links gedruk, met die teenargument daarteenoor heel regs, en ‘n bykans gelate aanvaarding in die middel. Bladsy 37 verskaf ‘n goeie voorbeeld, heel links is “wat jy weet is waar”, en heel regs “hoef jy nie te glo nie” met “wat ons bring by / die crux / van die verhaal / dit is / soos / dit is...”

Ewe belangrik is die afwesigheid van hoofletters; die aanwesigheid daarvan sou dui op sekerhede – wat juis nie veronderstel word nie – en die afwesigheid kan saamgevat word as: “...is mens se kop / groot genoeg / om god se denke / klein genoeg te kry / om as geskrewe teks / te versprei” (41).

Die digterstem stel as maatstaf voor: “as jy wil weet of iets goed is / meet dit aan die liefde / vir jou en jou naaste daarin...” (61) maar herinner “ek vind dit onnodig / om andere te oortuig / van enige van my oortuigings...” en sluit in nederigheid af: “jy wat gebly het / tot hier / dankie...” (112)

Die titel is oop vir meer as een interpretasie. Sommige mag dit interpreteer as ‘n samesmelting van woorde om ‘n verbode boek te beskryf; ‘n tipe waarskuwing. Maar andere sal, hopelik, ook insien dat dit eweneens ‘n uitnodiging kan wees: Ta (dankie) vir die boek.

⭐️⭐️⭐️⭐️⭐️ #Uitdieperdsebek
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.