Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.
Dana Snyman is an award-winning South African journalist, writer and playwright.
Snyman was born in Stellenbosch and matriculated from Nylstroom High School. He later followed a journalism course at the Pretoria Technikon before joining the Afrikaans newspaper Beeld as a crime reporter.
Three years later he became a journalist at Huisgenoot magazine, where he worked for ten years. As of 2007, Snyman is the travel editor of Weg! magazine.
His first book, Uit die binneland (From the interior) was published in 2005 and his second, Anderkant die scrap (The other side of the scrap), in 2006. Both are collected short-short stories and schetches.
Snyman's first play, the one-man comedy Die Uwe, Pottie Potgieter (Yours Truly, Pottie Potgieter), was first performed in 2006 and was the runner-up for the AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroes Award for new texts in the same year.
Ek het al die voorreg gehad om jou in die oë te kyk. My herinneringe aan die geleentheid is die van ʼn sensitiewe siel met groot empatie en insig vir sy medemens. Die barmhartige Samaritaan lyk in my kop nogal soos jy. Jy skryf en gesels al baie jare oor mense. Juis gewone mense, diegene wat andersins in die massas sou verdwyn het, onsigbaar in hulle gebrek aan merkwaardigheid. Mense wat jy wel raakgesien het, omarm het, mee gesels het.
‘n Deel van jou as mens het deur ‘n klein skrefie op die bladsye van “In die tyd van die gif” deurgesypel, jou hartseer oor jou hondekind, jou frustrasie met dieselfde stuk gereedskap wat herhaaldelik aan jou verkoop word. Sulke goed. Maar “Seun” is anders, persoonlik, jou en joune se stories. Ek hoor wat jy sê, dat jou “wankelende geheue” en ooraktiewe “verbeelding” jou nie toelaat om daarna as ‘n outobiografie te verwys nie, so kom ons noem dit ‘n versameling van jou herinneringe uit die 1980’s, toe omtrent elke jaar vir jou na dieselfde jaar gevoel het.
Dit was ook die tyd van jou besef dat jy meer in gemeen het met Bob Dylan en Jona, as met Trompie en ABBA, die tyd toe troep 78302494BG as ‘n “malletjie” beskryf is en binne net meer as ‘n maand van G1-K1 tot G5 gedaal het, die tyd van macaroni-en-kaas, sagopoeding en Vicks as troos-onthoue, teenoor die minder aangename assosiasies met Cameo-sigarette, en Mills & Boon-boekies.
Jy noem jouself ‘n verraaier, maar jy was ook ‘n verraaide, mislei deur diegene wat bo jou aangestel was. Nadat ek alles gelees het, selfs die nabetragting, word my antwoord aan jou die beste deur Robert Frost verwoord: “Two roads diverged in a wood, and I – I took the road less travelled by, And that has made all the difference.”
sjoe, wat 'n boek. ek haal al my hoedens af vir die skrywer. hy was so rou, eerlik en oop. dit het my diep geraak.
dis darem erg hoe hulle mense geklassifiseer het wat anders was. anders is veronderstel om goed en interessant te wees. ja, wat sal ons nou verder sê van daai tyd, ai.
Almal wat nog koerant lees en boekstories volg sal teen die tyd al weet dat Dana Snyman in Seun oor ‘n deel van sy lewe skryf waaroor hy nog nooit gepraat het nie. Sy diensplig. Die boek se inhoud strek oor ‘n paar maande waar negentienjarige Dana as troep moes aanmeld in Voortrekkerhoogte en skaars ‘n maand later oneervol uit die weermag ontslaan is - en die maande wat daarop volg. Ek vermoed Dana (nou 61 jaar oud) het gedink die volk gaan swaarder daaraan sluk dat hy nooit sy diensplig voltooi het, as die feit dat hy as ‘n skisofreen gediagnoseer is. (Darem nie rêrig nie, maar ‘n diagnose wat hulle gegee het as hulle ‘ontslae’ wou raak van ‘n troep wat nie ‘ingepas’ het nie). Tog was dit ‘n helse skok vir sy arme ma en pa wat natuurlik nie geweet het hoe om hul enigste kind nou te hanteer nie. As jy Dana se boeke lees, ken jy sy skryfstyl. Jy weet hy hou daarvan om in die verlede rond te kuier - half met die gedagte van “as ek toe geweet het, wat ek nou weet’’. Hy skryf oor die verhouding met sy pa en sy ma, die verhouding tussen sy ouers, hulle huishulp, sy liefdeslewe (of gebrek aan), sy pa as AWB-lid, en sy eie soeke na ‘n Suid-Afrika wat hy nog nie geweet het kan bestaan nie.
Dana het gesê dit was nie ‘n maklike boek gewees om te skryf nie. Ek het die boek baie geniet. Dit is soms nodig om in jouself te soek na antwoorde vir die vraagstukke waarmee mens worstel. As jy die fliek Kanarie geniet het, en die boek Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so? deur Anelia Heese, sal jy hiervan hou.
Dankie Dana dat jy jou storie met ons gedeel het. Ek het lekker gelees! Dit was die £8 werd. Dit was goed om die geskiedenis van ons land vanuit 'n ander oogpunt te sien as wat vir ons voorgehou is.
Ek het ook in daardie jare grootgeword, maar gediglik nie nie ons land hoef teen die rooi gevaar te verdedig nie. Dienspligtig het verval terwyl ek studeer het.
Die eerlike rou pad wat Dana deel het onverwags herhindringe wakker gemaak. Soos die skryf vir hom terapeuties was, het ek self op my eie reis gegaan terwyl ek gelees het. Dankie Dana, 'n paar van my weggebêre spoke is ook verjaag.
Dit is interessant hoe sekere woorde, veral in die spesiale manier wat dit beskryf word, jou weer laat beleef wat jy gedink het lank vergete was. Ek onthou skielik soos gister die twee keer ooit wat ons genoeg gespaar het om by Meet & Eat te gaan eet het. Jakaranda bloeisels wat pop as jy op hulle trap, Noord Transvaal teen WP, Caravan chocolate, Lynnwood weg waar ek fiets gery het skool toe...
Moeilik om te lees op stukke weens die rouheid, hang seker af van wie jy is en wat aanklank vind in jou, maar vloei ook maklik en is moeilik om neer te sit
Ek het in dieselfde tyd as Dana opgegroei, selfs skool gegaan in Voortrekkerhoogte(1960tigs). Hierdie boek is oop en reguit geskryf. Ek haal my hoed af vir Dana. Baie van die ondervindings was regtig soos hy dit beskryf en beleef het. Selfs die politieke omstandighede asook kerklike ondervindings kan ek onthou. Beslis 'n boek om te lees oor twee jaar militêre opleiding van seuns na matriek in Suid Afrika.