Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die Onsigbare

Rate this book
Wanneer spraakstramme skaapboer Jada Olivier op sy Karooplaas Erfdeel met die bewustelose, gebroke liggaam van ’n vreemdeling aankom, sluit hy die ketting van die plaashek en raak ’n gevangene van sy besluit.

“Die Onsigbare is ’n rare spin van die tradisionele plaasroman . . . bevestigend, andersmakend en uiteindelik vierend.” – Frederik de Jager
“’n Mens moet dit verwelkom as ’n profetiese roman van ons tyd.” – Kerneels Breytenbach

374 pages, Kindle Edition

Published August 9, 2024

Loading...
Loading...

About the author

P.J.O. Jonker

1 book3 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
62 (48%)
4 stars
41 (31%)
3 stars
15 (11%)
2 stars
6 (4%)
1 star
5 (3%)
Displaying 1 - 17 of 17 reviews
Profile Image for Amanda.
1,245 reviews
February 3, 2025
Voordat ek enige lofrede oor die debuutboek van wynmaker, Philip Jonker, of eerder skrywer, PJO Jonker, gelees het, het die minimalistiese voorblad my aandag getrek. Pure nuuskierigheid het my ’n paar dae gelede genoop om ’n uittreksel op Libby te lees, net om binne die eerste paar bladsye betrokke te raak by die jong Jada. Té jonk, die erfgenaam van die spogplaas, Erfdeel.
Hy het ’n “sinjaal-oomblik” waartydens die koers van sy lewe verander. Hy skroom nie weg van die ellende en uitdagings van die aangrensende krotwoonbuurte nie, gretig om die “sinjaalsleutel” aan te gee, ongeag die ras of status, al dan nie.
Soos ’n modern Hosea, kruis sy pad met dié van ’n prostituut waarvan hy nie die naam ken nie. Hy weet net dat hy haar moet liefhê “totdat sy mooi is.” Hierdie is nie ’n geestelike roman nie, hoewel Jada se bekering en wat hy daarmee maak, ’n prominente rol vervul. Dit is ook veel meer as ’n gewone plaasroman, hoewel die uitdagings van boerdery en veral die sosio-ekonomiese dinamika ’n duidende deel uitmaak van die storielyn.
Jada se naïwiteit en sy impulsiewe optrede het my telkens laat sidder, maar ek wil niks verder van die storielyn verklap nie. Net die skrywer geluk wens met hierdie fenominale stuk skryfwerk.
Die Onsigbare is in Augustus 2024 uitgegee deur Tafelberg, ’n druknaam van NB Uitgewers
Profile Image for Anschen Conradie.
1,600 reviews92 followers
Read
December 4, 2024
#DieOnsigbare – PJO Jonker
#Tafelberg

Die mens is aan grond verbonde, die stof waaruit hy kom, en waarheen hy sal terugkeer.

Jan-Dawid Olivier, Jada, se vroegste herinneringe kan beskryf word in terme van “Die reuk van Karooveld. Skaapwol. Leer. Droë lusern. Peperboom.” (9) Vader. Moeder. En Anys, met die vertellings soos deeg wat van die buitekant af binnetoe geknie word. Deeglik. Sonder haas. Anders as Boetie wat die gejaagdheid in hom het, wat stukkies granaatskil skelmpies opkerf om voortydig die rypheid te probeer peil. En met wurms beloon word.

Jada is deels Moses: “Hy kan nie praat nie. Al sou hy kon, is daar niks in hom wat woorde wil word nie.” (49), die een wat selfs soms vind dat hy ook papier ook stamel wanneer die kortgeskryfde potlood ‘n lewe van sy eie op die plaasdagboekbladsye aanneem. Maar hy is ook Saulus op die Damaskuspad met ‘n rooikat neffens hom Johannes die Doper vir die inwoners van Duiwelskamp, Isak op soek na sy Rebekka wat hom vasloop in Lea, “Die verkeerde een. Die groot misgissing.” (144), Hosea, nadat hy in haar oë gekyk en homself daarin herken het, maar ook Job wat moet veg teen die roepstem van die ashoop en die potskerwe.

Die roman is nie net Erfdeel of Jada se verhaal nie. Dis die optekening van ‘n universele, fiktiewe gemeenskap se stryd en teenstrydighede wat die skeure tussen mens en mens openbaar deur die paradoks van die lewe in die duisternis van armoede en hooploosheid in ‘n plakkerskamp teenoor die herhalende klatergoud van ‘n jaarlikse Kerssangdiens waar ‘n reine “...kinderkoor oulikies en van die noot af sing.” (312) wyl die betrokkenes met sandpapier in hulle siele rondstap en die witgeverfde toring se weerhaan drie keer sou gekraai het as hy kon.

Erfdeel is tegelykertyd Eden en Puratorio, Jada beide profeet en fariseër, en die leser toeskouer, maar ook deelnemer. Want hulle stories is ook ons s’n.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Anschen Conradie.
1,600 reviews92 followers
Read
September 25, 2024
#DieOnsigbare – PJO Jonker
#Tafelberg

Die mens is aan grond verbonde, die stof waaruit hy kom, en waarheen hy sal terugkeer.

Jan-Dawid Olivier, Jada, se vroegste herinneringe kan beskryf word in terme van “Die reuk van Karooveld. Skaapwol. Leer. Droë lusern. Peperboom.” (9) Vader. Moeder. En Anys, met die vertellings soos deeg wat van die buitekant af binnetoe geknie word. Deeglik. Sonder haas. Anders as Boetie wat die gejaagdheid in hom het, wat stukkies granaatskil skelmpies opkerf om voortydig die rypheid te probeer peil. En met wurms beloon word.

Jada is deels Moses: “Hy kan nie praat nie. Al sou hy kon, is daar niks in hom wat woorde wil word nie.” (49), die een wat selfs soms vind dat hy ook papier ook stamel wanneer die kortgeskryfde potlood ‘n lewe van sy eie op die plaasdagboekbladsye aanneem. Maar hy is ook Saulus op die Damaskuspad met ‘n rooikat neffens hom Johannes die Doper vir die inwoners van Duiwelskamp, Isak op soek na sy Rebekka wat hom vasloop in Lea, “Die verkeerde een. Die groot misgissing.” (144), Hosea, nadat hy in haar oë gekyk en homself daarin herken het, maar ook Job wat moet veg teen die roepstem van die ashoop en die potskerwe.

Die roman is nie net Erfdeel of Jada se verhaal nie. Dis die optekening van ‘n universele, fiktiewe gemeenskap se stryd en teenstrydighede wat die skeure tussen mens en mens openbaar deur die paradoks van die lewe in die duisternis van armoede en hooploosheid in ‘n plakkerskamp teenoor die herhalende klatergoud van ‘n jaarlikse Kerssangdiens waar ‘n reine “...kinderkoor oulikies en van die noot af sing.” (312) wyl die betrokkenes met sandpapier in hulle siele rondstap en die witgeverfde toring se weerhaan drie keer sou gekraai het as hy kon.

Erfdeel is tegelykertyd Eden en Puratorio, Jada beide profeet en fariseër, en die leser toeskouer, maar ook deelnemer. Want hulle stories is ook ons s’n.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Elsabé Welman.
Author 16 books51 followers
June 25, 2026
Dit het my ‘n week gevat, eerder twee, voordat ek ‘n ander boek na Die Onsigbare wou oopmaak. “Want hokom?” sou Lucky van Duiwelspiek vra.
Vanaf bladsy een het Jada, Erfdeel en Jonker se manier van skryf deel van my geword – hierdie is nie ‘n gewone liefdesverhaal nie. Nie ‘n spannings- of speurroman nie. Die boek het sy eie stasie.
Jada, die stille gees van Erfdeel. Hy is nie die tipe held wat met groot woorde of dramatiese gebare vorendag kom nie. Hy hou nie van baie woorde nie. Het ‘n spraakgebrek. Tog is hy die sagte ontfermer in die verhaal. Vir die rooikat – al wat boer is se vyand. Vir mense wat deur die samelewing misgekyk word; Duiwelspiek, straatmense, ‘n prostituut. Maar selfs ook die kerkmense en gemeenskap kon onder sy vlerk inklim. Geen onderskeid nie. Van spraak gepraat: wanneer dit nodig is, het sy tong woorde van wysheid gevorm.
Deur Jada kry onsigbare mense ‘n stem.
Die rooikat, Meisiekind, is veel meer as net 'n dier in die verhaal. Soos Jada leef hy op die grens tussen sigbaar en onsigbaar – altyd teenwoordig, maar selde werklik raakgesien. Jada en sy vreemde troeteldier was baie ongewild onder die gemeenskap, maar dit het hom nie afgeskrik nie. Moontlik omdat beide buite die gewone reëls wou leef, sagter is as wat die wêreld dink maar gevaarlik om verkeerd te hanteer. Die rooikat-draad word tot die einde deurgetrek as ons Katryn ontmoet: wild, moeilik om te verstaan, ontwykend, nie iemand wat maklik besit of beheer wil word nie.
Wat hierdie verhaal so sterk maak, is dat Jada se goedhartigheid nie altyd beloon word nie. Die ontfermer word self ingeloop. Gekonfronteer deur die stasiemeester, die buitelandse vennote, diefstal en ook mense wat hy vertrou. Selfs sy eie plaasmense bring teleurstellings. Dit maak sy karakter net soveel meer menslik en geloofwaardig.
Die Karoo vorm 'n sterk agtergrond vir die verhaal. Die landskap is nie bloot agtergrond-dekor nie. Net soos Meisiekind, die rooikat, is Erfdeel ‘n karakter op sy eie.
Jonker se karakters is besonder sterk geskryf. Nie net die hoofkarakters nie. Elkeen het sy eie stem, eie manier van praat en eie persoonlikheid. Ná 'n ruk weet jy sommer wie aan die woord is sonder dat die naam genoem hoef te word, byvoorbeeld Anys se Heegert. In ‘n onderhoud met Trisa Hugo sê Jonker tereg: “Karakters is vir my selfs belangriker as die storie. Dis immers húlle storie, nie my storie nie.”
Waarvan ek deurgaans bewus was, is die seuntjie wat grootword sonder om sy sagte hart te verloor. Dit begin by die rooikat en sy ouers wat dit toelaat. Hy kom tot bekering en sy innerlike groei is heerlik om te lees. Ek het soos ‘n trotse ouer gevoel toe Jada, ten spyte van die gemeenskap se opmerkings, wel die plaas sonder sy ouers kon bedryf. In sy eenvoud, in sy gehoorsaamheid aan God, staan hy uit. Sy uitgangspunt oor sy lewensmaat het my herinner aan Francine Rivers se boek Verlos deur Genade, gegrond op die Bybelboek Hosea.
Die einde het my siel geraak. Boetie van die buurplaas wat nog heeltyd agter Erfdeel aan was, het nou langs Jada op sy knieë gestaan toe die swaard oor Erfdeel val. Ek wou getroos word na hierdie toneel, maar ... die einde was nou te vinnig op my. Na 350 bladsye wou ek nog ‘n hoofstuk hê. Of meer. “Want wat van Katryn, en Jada?”, wou ek tydens ‘n boekbespreking op Kleinmond van die skrywer weet. ‘n Tipiese vraag van liefdesverhaalskrywer. “Die leser moet maar self die storie verder skryf,” het Jonker met ‘n glimlag geantwoord.
WYSE WOORDE, NES JADA
Juis daarom is die boek ‘n sukses. PJO Jonker het geweet waar om op te hou skryf, sodat die leser die storie nie kan laat gaan nie. Skitterende leesstof.
Profile Image for Muller Rossouw.
149 reviews5 followers
September 20, 2025
Sjoe!

Jada het my aanvanklik herinner aan Sagie van Is Sagie van Jan van Tonder, maar helaas was Jada Olivier se saga ietwat meer kompleks... stadige lees vir my, met tonne pragtige, kleurvolle en eg suid-afrikaanse vertellings en karakters, en dan sommige minder pragtige scenes - soos die skaap- of bokslagtings en rooikat-geweld.

Jada is n underdog, en die leser wil hê hy moet suksesvol wees, maar hy is telkens n slagoffer van sy eie bloeiende hart - wat my onstel het!

Dit is briljant en goed geskryf, ek hoop PJO Jonker lewer nog penvrugte vir ons.
Profile Image for Ad Wegner.
19 reviews4 followers
June 2, 2026
Sommige boeke vertel ’n storie. Ander laat jou nadink lank nadat jy die laaste bladsy omgeslaan het. Die Onsigbare van PJO Jonker doen albei.

Ek het die boek kort voor Paasnaweek in die hande gekry nadat ’n vriendin dit met groot entoesiasme aanbeveel het. Nog voordat ek halfpad was, het my broer vir my ook ’n kopie gegee om te lees. Dit alleen het reeds iets gesê van die indruk wat die boek op sy lesers maak.

Wat my onmiddellik getref het, was Jonker se skryfstyl. Daar is sterk ooreenkomste met die werk van Jan van Tonder, veral die vermoë om die alledaagse lewe van Karoo-karakters met warmte, humor en menslikheid uit te beeld. Tog bly Die Onsigbare sy eie verhaal. Die uitdagings van ’n moderne Klein-Karoo boer word verweef met hedendaagse sosiale vraagstukke op ’n manier wat vars voel binne ’n genre wat dikwels histories georiënteerd is.

Die boek se grootste krag lê egter nie in die intrige nie, maar in sy mense. Jonker nooi die leser om verby etikette en vooroordele te kyk. Die simboliek van die rooikat is besonder treffend. Vir boere is die rooikat dikwels ’n gehate dier weens die skade wat dit aanrig. Die hoofkarakter sien egter iets anders raak, iets mooi, iets uniek. Dieselfde perspektief word weerspieël in sy verhouding met die prostituut in die verhaal. Waar die gemeenskap haar maklik sou veroordeel, sien hy die mens raak. Die individu. Die waarde.

Hierdie tema word verder uitgebou in sy interaksie met die inwoners van die plakkerskamp. Terwyl ander karakters hulle op ’n afstand beoordeel, kies hy om hulle as mense te ontmoet. Dit laat die leser met ’n ongemaklike maar noodsaaklike vraag: Hoe sien ons die "ander"? Deur die lens van gemeenskaplike vooroordele, of deur die lens van menswaardigheid?

Die Christelike onderbou van die verhaal verdien ook vermelding. Dit word nie swaarhandig of veroordelend aangebied nie. Inteendeel, dit vloei natuurlik deur die verhaal, gekenmerk deur genade, humor en ’n diep begrip van menslike gebrokenheid. Dit is dalk juis hierdie benadering wat die boek so toeganklik en eg maak.

Die ontknoping bied nie al die antwoorde op ’n skinkbord aan nie. Dit laat ruimte vir eie interpretasie, wat die verhaal nog lank in die gedagtes laat voortleef.

Ek lees gereeld, en probeer doelbewus Afrikaanse boeke ondersteun. Van alles wat ek die afgelope twee jaar gelees het, staan Die Onsigbare vir my bo-aan die lys. Dit is ’n boek wat vermaak, ontroer en uitdaag. Meer as dit, dit herinner ons daaraan dat die mense wat ons die maklikste miskyk, dikwels diegene is wat die meeste gesien moet word.

’n Uitsonderlike debuut en hopelik die eerste van vele werke uit PJO Jonker se pen.
Profile Image for Danica Gouws .
70 reviews2 followers
May 17, 2025
Ek het nog nooit so iets in Afrikaans gelees nie. Ek is stomgeslaan.
Profile Image for Lena Nel.
344 reviews2 followers
August 26, 2024
Met elke bladsy het ek ‘n tree op Erfdeel gevat. Elke woord is diep in my hart in.
2 reviews
February 3, 2026
Die Onsigbare is 'n uitstekende boek en pragtig geskryf. Dit beskryf die situasie, wat op baie plekke in Suid Afrika afspeel, baie raak. Dit is ongelukkig die realiteit van wat in ons pragtige land aangaan en dit is baie tragies.
Displaying 1 - 17 of 17 reviews