Na die naelbyt-avonture in Hartklop, is die gevaar nog lank nie verby nie. In ’n desperate poging om Colden uit mal koningin Melody se kloue te hou, roep Zander ’n Forya en’ tarna, ’n Elwe-grootwordritueel. Die vriendegroep word geskei en dis die begin van ’n nuwe avontuur en soeke na antwoorde deur die hele Tír na hÓige. Nereida, Lumi en Kai gaan na Oneiro waar Lumi vinnig leer dat Waternimfmans vleiend in hul soeke na beheer is, en Nereida begin wonder of Kai regtig so ’n slegte toekoms vir haar sal inhou. Zander en Colden bevind hulleself in Izua, waar Zander vir Raidan, die Prinses van Storms, ontmoet en skielik is dit maklik om van sy sielsgenoot, Nereida, te vergeet en ’n nuwe tuiste te vind. “Hierdie storie het begin by die Seisoene en Gruwels en dis ook waar dit moet eindig. Ek weet nie waarom Tír na hÓige julle kinders gekies het om hierdie beeldskone nagmerrie sy vrede te gee nie, maar na vandag is daar ’n teiken op julle rûe.” Tot die eindtyd? Nee wat, hierna is alles moertoe!
"Epic Fantasy Battles & Fated Lovers: Die Ontwaking van Winter 2: Noodlot is a Must-Read!"
If you thought the first installment, Hartklop, was gripping, prepare yourself for the jaw-dropping sequel, Die Ontwaking van Winter 2: Noodlot by Sunel Combrinck! This magical journey into the enchanting world of Tír na hÓige will have you on the edge of your seat, with every page delivering more action, intense battles, and tantalizing secrets than the last.
This time, the stakes are even higher. Colden and Zander's fates are on a knife's edge, while Nereida, Lumi, and Kai are thrust into new realms with more danger and choices that will determine the fate of all. Each twist in the story pulls you deeper, making this a fantasy adventure that you won’t be able to put down!
Let’s dive into why Noodlot is an epic fantasy masterpiece that should be on every reader’s TBR list:
Why You Should Pick Up Die Ontwaking van Winter 2: Noodlot 📚 Spellbinding Narrative with Jaw-Dropping Twists: 🌟 Every chapter leaves you breathless as plot twists unfold, creating suspense that keeps you glued to the pages. It’s hard to predict where the story will take you next—and that’s what makes it so exciting!
Characters You’ll Fall in Love With (Again!): 💖 Just when you think you’ve figured out the characters, hidden secrets emerge that make you love (and question) them even more. Their complexities will surprise and captivate you.
Fated Mates vs. Altered Memory Lovers?: 🧐 Which trope do you think will win? The tension between Zander and Nereida, Colden’s loyalty, and Kai’s mysterious allure will leave you guessing until the end. It’s a true battle of tropes—and it’s SO worth the ride!
Fantasy Battles You’ll Live For: ⚔️ If epic fantasy battles are your jam, this book delivers! The action is intense, and the stakes have never been higher for Tír na hÓige’s fate. These scenes are packed with adrenaline and high stakes—fantasy lovers, rejoice!
Synopsis: Die Ontwaking van Winter 2: Noodlot picks up right where Hartklop left off, but the danger is far from over. In an effort to keep Colden from the clutches of the mad queen Melody, Zander calls upon a Forya en’ tarna, an Elvish coming-of-age ritual. This decision separates the friends and begins a new journey filled with peril and the search for answers across all of Tír na hÓige.
Nereida, Lumi, and Kai head to Oneiro, where Lumi quickly learns that the Waternymph men have their own agenda, and Nereida begins to doubt whether Kai's future is as bleak as it seems. Meanwhile, Zander and Colden find themselves in Izua, where Zander meets Raidan, the Princess of Storms, and soon discovers that forgetting his soulmate, Nereida, may not be as difficult as he once thought.
“This story began with Seasons and Nightmares, and that’s where it must end. I don’t know why Tír na hÓige chose you children to bring peace to this beautiful nightmare, but after today, there’s a target on your backs.”
The ending of this adventure? Expect the unexpected. Everything could fall apart…
Die Ontwaking van Winter 2: Noodlot is Available Now! Don’t miss out on this captivating sequel that mixes magic, epic battles, and unforgettable characters. Fans of fantasy adventure with a touch of romance will devour this one in record time!
So what are you waiting for? Get your hands on Die Ontwaking van Winter 2: Noodlot today and find out if Zander and Colden can escape their fate, and whether Nereida, Lumi, and Kai can survive the Waternymphs’ scheming.
This book is pure magic! ✨
Order it NOW and escape into the world of Tír na hÓige!
Tinkerbell is nie ʼn fae nie. Fae en sprokiesfeetjies het wel gemene delers, beide is gevleuelde spitsoriges, maar die verskille is aansienlik meer. Feetjies, geklee in balletrokkies, vlieg rond met towerstaffies en sterstof, fae veg vir eie oorlewing en mag. Baie soos die mensdom.
Welkom in die faedimensie, ook bekend as Tír na hÓige, mensekind. Die Herfs- en Lenteryke het ongelukkig uitgesterf, die Vuurwoud is al wat nog herinner dat hulle eens bestaan het. Laat ons fokus op wat wel bestaan. Izua, die Gruwelryk, is Donohue se domein. Zander se uitroep van ‘n Forya en’tarna, ‘n grootwordritueel, het tot gevolg dat hy en Colden hulleself daar bevind, terwyl Lumi en Nereida in Óneiro, die Waternimfryk, vertoef.
Hierdie skeiding beproef die rykwydte en veerkragtigheid van sielsverbindings tot die uiterste, want in Izua is daar ook Raiden, en in Óneiro die broers, Nalu en Kai. En veel meer as tienerverhoudings is op die spel, die toekoms van Tír na hÓige hang in die weegskaal.
‘Noodlot’ is die derde in die ‘Ontwaking van Winter’ reeks en volg op die eerste deel, ‘Hartklop’, (Lapa, 2022) terwyl die novelle, ‘ ‘n Beeldskone Nagmerrie’ (Lapa, 2023), ‘n proloog tot die reeks is. Die gekose ruimte is deels die werklike wêreld met betrekking tot tonele wat sentreer in en rondom Kasteelhoogte, en deels die fantasieruimte van Tír na hÓige. ‘n Kaart van laasgenoemde is ingesluit op bladsye 6-7, maar teksgewys bly dit grootliks ontwykend en onontwikkeld in die leser se verbeelding. Sommige tonele se beskrywings is baie goed en span verskeie sintuie in om die vaslegging in die geestesoog te verseker, naamlik die hawe (41), en die Vuurwoud (269), maar die beskrywings van ander ruimtes, soos Valta en Juhla, verdien groter aandag in die teks.
Die risiko van verskeie hoofkarakters en perspektiewe is dat veelvlakkigheid en outensiteit in die slag bly ter wille van ruimtebesparing. Dit is ook hier die geval. Die karakters se gewaarwordings word klinies aan die leser verskaf, eerder as om hulle dade en reaksies die praatwerk te laat doen. As voorbeeld: ‘Toe Kai by Kasteelhoogte aankom, word dinge regtig vreemd.’ (20) Daar is te veel karakters waarop gefokus word, en te min ontginning van hulle dryfvere en uniekheid.
Dis aanvaarde praktyk om jeugdige karakters se dialoog versoenbaar met die van die beoogde lesers te hou, maar hier moet in gedagte gehou word dat die karakters nie menslik is nie. Hulle taalgebruik is soortgelyk aan die van moderne tieners en woorde soos ‘long shot’, ‘any case’, forever’ (28), ‘vrekkit’ (48), ‘Warrehel’ (59) en ‘windgat’ (218) doen afbreuk aan die karakters as mitiese figure wat onderskeibaar van menslike karakters moet wees.
Ten spyte van die voorbehoude en die agterplat se lakoniese ‘Nee wat, hierna is alles moer toe!’, sal ek graag die afloop van hierdie fae-drama wil lees.
"Hier binne, tussen woorde en bladsye, is dit maklik om daarvan te vergeet, al is dit slegs vir 'n oomblik."
Alles is definitief moer toe in Noodlot. Hierdie was 'n avontuur wat ek nie gesien kom het nie. Ek het 'n hele paar "wat de hel" oomblikke gehad en die boek so hard toe geklap en my oë toe gemaak. Hierdie karakters se hele lewe word omver gegooi. Daars 'n paar nuwe karakters soos Nalu en kyk ek het gedink die ou is heel okay turns out, hys nie wat hy voorgee nie🫠.
Ek het baie gehou van elke karakter veral vir Raidan die Prinses van Storms. En dan natuurlik vir Lumi en Nereida. Hierdie boek vat jou definitief op 'n avontuur en sodra jy een hoostuk klaar het wil jy die volgende ene lees. Hierdie is 'n moet-lees meesterstuk.
"Dis belangrik dat jy weet wat jy met jou lewe sal wil beskerm." Hy kyk een lasste keer na Raidan. "Want binnekort gaan jy bereid wees om elke dimensie vir my suster af te brand."