Rumi: Liefdesverse en aanhalings is ’n keur uit Jalāl al-Dīn Rūmī, die Midde-Oosterse Shakespeare, se omvangryke digkuns, uitgesoek en vertaal deur Dietloff van der Berg.
Rumi se werk het sedert die 1960’s in Engelse vertalings ’n geweldige aanklank by lesers gevind en is steeds die topverkoper van alle digkuns in Amerika. Sy wêreldwye invloed is so groot dat UNESCO 2007 as die Rumi-jaar verklaar het ter herdenking van die 800ste jaar van sy geboorte.
Rumi: Liefdesverse en aanhalings (Love Poems and Quotes) is a selection of poems by Jalāl al-Dīn Rūmī, the Middle-Eastern Shakespeare’s extensive volume of poetry chosen and translated by Dietloff van der Berg.
Rumi’s works in English translation have resonated so strongly with readers since the 1960s that it is still the bestselling poetry in America. His worldwide influence is such that UNESCO declared 2007 as the year of Rumi, in commemoration of the 800th anniversary of the birth of the poet.
Dietloff van der Berg was vanaf 1979 tot 2015 verbonde aan, en vanaf 1996 tot 2010 medeprofessor en hoof van, die dissipline Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg. Van 2000 tot 2006 was hy hoof van die dissipline vertaling wat hy ingestel het aan die Universiteit van Natal, wat in 2004 met die Universiteit van Durban-Westville saamgesmelt het om die Universiteit van KwaZulu-Natal te vorm. Hy is sedert 1988 ’n beëdigde vertaler. Hy was president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Taalonderrig, lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en verskeie vakverenigings, en het die Hoofstad Skakel Kultuurprestasietoekenning, Klas Goud ontvang. Hy het verskeie boeke oor taalonderrig en artikels oor vertaling geskryf.