Jump to ratings and reviews
Rate this book

Seenimf en die skeepsdokter

Rate this book
Verpleegsuster Kira Louw gaan werk op die Sea Nymph-toerskip sodat sy van ’n teisteraar af weg kan kom.
Sy en die aantreklike dokter Albert Dorell is dadelik aangetrokke tot mekaar maar albei het voorbehoude. Kira is nou lugtig vir mans. Albert se pa se ryk familie op Malta het op sy ma neergesien en sy ouers is geskei.
Vroue is net so aangetrokke tot Alber t as wat mans tot Kira is. Sal die liefde seëvier?

150 pages, Kindle Edition

Published October 1, 2024

2 people are currently reading
1 person want to read

About the author

Malene Breytenbach

84 books18 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (35%)
4 stars
6 (42%)
3 stars
2 (14%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (7%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Amanda.
1,160 reviews
October 26, 2024
In onlangse Romanzas was daar ’n paar boere waaroor lesers en heldinne geswymel het. Malene Breytenbach skryf toe ook ’n boer in haar nuwe Romanza in, maar met die verskil dat hierdie boer die skurk is. ’n Angswekkende en afstootlike teisteraar wat vir Kira Louw noop om ’n pos as verpleegster op ’n luukste passasierskip te aanvaar in ’n poging om van hom ontslae te raak.
Dit bring dan ook die ware held in die prentjie, die aantreklike skeepsdokter, Albert Dorell. Struikelblokke is ’n gegewe in die romanse genre, maar die skrywer vermy een wat alte dikwels opduik, naamlik ’n held wat vooraf besluit het, om welke rede ookal, dat hy nie gaan trou nie. Sy kom met ’n vars invalshoek, naamlik die vereiste dat ’n vrou vir Albert moet kan aanpas by ’n gegoede en tradisievaste familie op Malta. Anders as sy pa en sy voormalige Suid-Afrikaanse vrou, wie se huwelik nie die toets deurstaan het nie.
Die feit dat aantreklike mans en vrouens gewoonlik té veel aandag kry van die teenoorgestelde geslag, maak ook telkens deel uit van die storielyn van Seenimf en die skeepsdokter. Die skip en die bedrywighede dien as agtergrond, maar oorheers nie die storielyn nie. ’n Oulike ekstra is die pittige karakter, Lee-Anne in wie Kira ’n bondgenoot vind. “Jy’t nie vir my koebaai gesê nie, toe’s ek nogal aangevat in my binneste, jy weet.” (p.106) Ek het vir Lee-Anne baie geniet, so ook die storie as geheel. Daar was oorgenoeg onverwagte wendings om die aandag te behou, alvorens die uiteindelike gelukkige einde aanmeld.
Seenimf en die skeepsdokter is ’n Romanza uitgegee deur Lapa Uitgewers. Dit is in gedrukte, sowel as e-boekformaat beskikbaar op hulle webwerf.
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.