Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Sy vertolk hierdie belofte letterlik en verlaat die skool. Marta verwerf 'n diploma in haarkappery en begin 'n haarsalon in haar tuisdorp, sodat sy haar ma kan versorg. Mettertyd kring haar dienslewering wyer na die ouetehuis in Lambertsbaai en werk by die kerk. Sy en haar Ma het 'n roetine van Bybellees en bid in die aand, maar dis net nog 'n plig en hul gebede steek vas by afgerammelde rympies. Sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie.
Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en -vervolgverhale. Luisteraars sal haar veral vir Blinkwater en Mooi mense onthou. Sy het ook al drie keer die eerste plek in die Sanlam/RSG-skryfkompetisie gewen en haar drama Swane is met 'n ATKV-Woordveertjie bekroon. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.
I am sure this is a good story for Christian fiction, but the story was a bit dragging. Very slow start, to much feeling-sorry-for-herself from the main character and hammering on the teenage-puppy-love for the next door neighbor's son.