Jump to ratings and reviews
Rate this book

Het van Verlangekraal

Rate this book
Het Heiberg. Die weggooikind wat Verlangekraal se naam sou verewig. Sy het dit gewaag om in opstand te kom teen ’n rigiede skoolsisteem wat geen rebelsheid of individualiteit sou duld nie. Net meneer Doep het tussen haar en die verderflike skoolhoof meneer Erlank gestaan.
Hierdie geliefde en diep menslike verhaal wys vir die eerste keer Het Heiberg se kant van die saak. Wie in haar lewe saak gemaak het en wat in haar gedagtes omgegaan het. Dit vertel bowenal hoe sy oorleef het.

305 pages, Kindle Edition

Published September 6, 2024

4 people are currently reading
11 people want to read

About the author

Leon van Nierop

32 books24 followers
Leon van Nierop is ’n bekroonde skrywer wat reeds 23 vollengte romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale en akademiese boeke. Hy het verlede jaar die Caxton-toekenning gekry as beste skrywer van die jaar en sy drama Twyfelberg is met die tweede prys vir die RSG-SANLAM radiodrama skryfkompetisie bekroon. Van sy bekendste TV-reekse sluit in Ballade vir ’n enkeling en Wolwedans in die skemer. Hy het die kykNET-sepie Villa Rosa ook geskep en die trefferradioverhaal Stralerjakkers (waarvan daar ook ’n resepteboek uitgegee is). Van sy bekendste romans sluit in Plesierengel, Adrenalien, Sielsmokkelaar en Paradys.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
11 (45%)
4 stars
8 (33%)
3 stars
3 (12%)
2 stars
1 (4%)
1 star
1 (4%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,485 reviews84 followers
Read
January 11, 2025
#HetVanVerlangekraal
- Johann Bekker (HAUM, 1960)
- Leon van Nierop (Tafelberg, 2024)

Het Heiberg van Verlangekraal het nie veel gehad nie. As oudste telg van die berugte dronklap-luiaard, Floors, bywoner op die plaas van Sias Pienaar, was haar keuses beperk en haar voorregte min, maar een daarvan was ‘n onderwyser wat in haar geglo het: Ben (Doep) du Plessis.

Bekker, self ‘n onderwyser, het Het se verhaal in 1960 gepubliseer. Sy Het was in die eertydse Standerd 5, dieselfde jaar wat ‘n nuwe skoolhoof, ene Erlank, diens by die Verlangekraal skool aanvaar het. In ‘n voorafnota tot die roman het Bekker toegegee dat inspirasie gevind is van werklike plekke, gebeurtenisse, en persone wat hy in sy loopbaan as onderwyser teëgekom het, maar het benadruk dat geen karakter op ‘n werklike persoon gebaseer is nie. Doep se perspektief is sentraal in die narratief, maar daar kan dus aanvaar word dat hy nie noodwendig die skrywer vergestalt nie.

Die konflik tussen Doep en Het, tussen Het en Erlank, en, daaruit voorspruitend, die konflik tussen Doep en Erlank, is die ruggraat van die roman, met Floors Heiberg wat soos ‘n lastige brommer om die emosionele mengsel draai.

Doep is ‘n gebore onderwyser; ‘Hy het al so dikwels gedink dat Verlangekraal se skool iets lewends is.’ (7), maar Erlank is in wese ‘n akademikus wat nie opgewasse is teen ‘n gekompliseerde karakter soos Het nie, en uiteindelik bely: ‘Hierdie kind roep vreeslike dinge in my wakker.’ (72)

Van Nierop se 2024 roman is beide ‘n uitbreiding op Bekker se werk en ‘n herhaling daarvan. Die verhaal is in wese dieselfde en dieselfde insidente en karakters vorm die verhaalllyn, maar Het is ‘n ouer karakter, sy is 16 jaar oud en in die destydse Standerd 9. Die jaar is 1960. Dis egter nie ‘n voortsetting van Bekker se narratief nie, dieselfde verhaal speel hom bloot in ‘n ander tydperk af.

Die motivering hiervoor is onduidelik. ‘n Insident waar Het ‘n pop by ‘n skoolmaat steel, is realisties vir meisies in Standerd 5, maar minder oortuigend as dieselfde meisies in Standerd 9 is.

Positiewe verskille in die Van Nierop-roman is ongetwyfeld die perspektiefwisselings wat die leser in Het se binnewêreld toelaat, en die skepping van karakters soos Het se broer, Fielies (Francois) en die uitbreiding van die disleksiese Doorsie. Die perspektiefwisselings lei tot ‘n alternatiewe uitkyk op Erlank. In Bekker se weergawe is daar geen sprake van mala fides by die Erlank-karakter nie, eerder onbeholpenheid, maar in die Van Nierop-weergawe word hy as ‘n sadis uitgebeeld: ‘...hoe hy hom verlekker in ander se pyn...’ (173) en ‘...die man is tot moord in staat.. die tiran...’ (274).

‘n Kontinuïteit blaps in die 2024-roman is wel hinderlik. Op bladsy 265 beantwoord Doep ‘n telefoonoproep van Erlank, op ‘n Vrydag (258) en sluit die gesprek af: ‘Ek sal Maandagoggend voor skool daar wees.’ (265) Op die volgende bladsy: ‘Doep sluit sy klas die volgende oggend vroeg oop.’ (266) Op ‘n Saterdag? En geen verdere woord oor die Maandagafspraak nie?

Van Nierop se nawoord is insiggewend en verskaf antwoorde oor die geskiedenis van die 2024-roman. Hy sluit af: ‘Ek hoop dat die roman ‘n nuwe geslag lesers sal aangryp en inspireer... omdat die (oorspronklike) roman bloot verdwyn het en nooit die aandag gekry het wat dit verdien het nie.’ (350) Alhoewel ek hierdie sentiment heelhartig eggo, is dit steeds ‘n ope vraag of dit ‘n herskryf regverdig en of ‘n herdruk ‘n meer geloofwaardige opsie sou gewees het.

#Uitdieperdsebek
213 reviews12 followers
November 3, 2024
Het is 'n dogter wat gedurig in die moeilikheid kom omdat haar omstandighede waarin sy lewe haar liggaam en siel wil vernietig. Hierdie Het is nie meer die Het van standerd vyf nie maar 'n jong vrou wat deur almal verag word. Hoekom? Lees gerus die boek. Leon v Nierop het 'n aangrypende verhaal geskryf oor hoe wreed die mede leerlinge, ouers en volwassens was en in 'n sekere mate steeds is. Omdat ek self in daardie omgewing groot geword het kan ek my vereenselwig met wat Het deurmaak. Het het steeds oor en oor gewys dat sy nie net 'sleg' is nie. Lees gerus die boek. Dis die moeite werd.
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
October 24, 2024
Ek dink dit is veilig om te sê dat Het van Verlangekraal ’n plek verdien in die Afrikaanse volksmond. Al het jy, soos ekself, nie die oorspronklike roman deur Johann Bekker gelees of die rolprent, Gee my jou hand, ’n verwerking daarvan, gesien nie, het jy dalk die 1984 televisiereeks, met Sally Campher in die rol van Het, gevolg, of die radioverhaal op RSG geluister.
Die bekende Leon van Nierop was die dryfveer agter beide die televisiereeks en die radioverhaal, maar steeds het hy gevoel dat Het Heiberg se verhaal nog nie na behore vertel is nie. Met die verskyning van sy splinternuwe weergawe met die treffende buiteblad, is daar ’n paar wesentlike veranderinge wat Van Nierop aangebring het, terwyl die essensie van die verhaal behoue gebly het.
Die verhaal speel nou af in 1960, in teenstelling met die oorspronklike 1959. Het is nou ’n hoërskoolleerling, terwyl sy oorspronklik in standaard 5 was. Die feit dat die nuwe weergawe ’n ouer Het oopskryf, laat meer ruimte om haar komplekse persoonlikheid te ondersoek. Haar familie-agtergrond, die skreiende armoede van ’n bywonersbestaan en ’n dronk pa wat mishandel, die spot van die kinders waarmee sy skouers skuur en haar gebrekkige selfbeeld gee aanleiding tot ’n rebelse tiener wat geen beheer het oor haar woedeuitbarstings nie.
Die skrille kontras tussen die nuwe skoolhoof en Het se Afrikaansonderwyser, wat die held van die verhaal is, word deeglik uitgebou. Doep tree telkens vir haar in die bresse: “Ons het maar almal krake en barste. Soms slaag ons om die kraak toe te smeer of te oorkom. Maar die twee lê gevaarlik naby aan mekaar.” (p.212) Die fyn lyn tussen dissipline en mishandeling het my ook telkens laat sidder.
Die leefwyse en wêreld van daardie tyd, kom klop nou aan met ’n goeie skoot nostalgie. Die His Majesty’s-teater, Die Bloukamer, Joubertpark en Braamfontein se woonstelstrate was deel van my verwysingsraamwerk. So ook die politieke bestel, hoewel politiek nooit die fokus in hierdie roman was nie. Die klem lê deurentyd op mense, hulle ambisies, vrese, struikelblokke en oorwinnings.
Na dese gaan ek nie vinnig vergeet van Het Heiberg nie. Dit is ’n roman wat in die huidige hersiene formaat maklik lees, die ontstellende tema ten spyt. Die gemaklike lettergrootte het ook bygedra dat ek in ’n paar sittings hierdie publikasie van Tafelberg, kon baasraak. Tafelberg is ’n druknaam van NB Uitgewers en die boek is wyd beskikbaar.
Profile Image for Danica Gouws .
67 reviews2 followers
June 7, 2025
Alhoewel hierdie boek pragtig geskryf is, is die storie vir my vervelig.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.