Ek kon dit nie neersit nie. Dis so mooi geskryf ek wou kort-kort huil. Pieterse vervleg die storie van Soois met die storie van die Jakkals so goed dat mens soms wonder wie jag en wie word gejag. Pieterse skryf dat jy die sand tussen jou tande voel en die reuk van die rooiaaskoppe soos die Jakkals dit oopbreuk. Net uitstekend!