Jump to ratings and reviews
Rate this book

Toevlug

Rate this book
Petro beland by Toevlug – ’n skuilplek vir randfigure soos sy met haar seer; ontnugterde hart. Daar ontmoet sy vir Riaan; ’n dominee wat hom oor haar ontferm; maar Petro wil niks weet van ’n God wat toegelaat het dat sy aan soveel genadelose geweld en hartverskeurende verlies blootgestel is nie. ’n Jaar later ontdek twee noodlenigingswerkers ’n verrassende vonds by ’n ou, versteekte mynskag in die reënwoud ... Ida en Gary tref reëlings om hulle kosbare ontdekking terug te neem na Suid-Afrika waar hulle werk hul ook na Toevlug neem. Die een verloor haar geloof en die ander moet leer om te glo ... maar is dit te veel gevra om te hoop dat alles tog ten goede sal uitwerk? Kan blote geloof vertroosting bied en diep geëtste hartwonde weer gesond maak? Wat maak ’n mens met die letsels op jou hart wanneer oorbegin jou roep? En dan is daar ook die onmiskenbare samevloeiing van iets groters as hul albei wat hierdie vroue onlosmaaklik aan mekaar verbind. Beide Petro en Ida word tot die uiterste toe beproef ... “U is ’n toevlug … ’n skuilplek …” het Jesaja gesê. Tussen aksie en avontuur, ongelooflike verlies en lyding en die verbete houe van die noodlot vind twee vroue mekaar in hul eie besonderse geloofsreise in Toevlug.

Kindle Edition

Published November 1, 2024

2 people are currently reading
1 person want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
12 (60%)
4 stars
6 (30%)
3 stars
2 (10%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 7 of 7 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,485 reviews84 followers
Read
February 26, 2025
#Toevlug – Louise Viljoen
#Luca

Volgens die Numeri-voorskrifte moes daar ses vrystede aangewys word wat gedien het as plekke van veiligheid vir hulle wat bloedskuld moes ontvlug. Dit was hulle laaste toevlug wanneer die res van die wêreld antagonisties geword het; ‘n rusplek, ‘n holte vir die voet.

Dominee Riaan Bosman het die moderne weergawe daarvan in die gedaante van ‘n sentrum genaamd ‘Toevlug’ onder sy beheer. Die naam is ontleen aan die Jesaja-teks dat die Here ‘n toevlug is, en verskaf ‘n veilige vesting aan randfigure, soos Mark met die geskende gesig, die kinderlike Karel-Jan, en Dingetjie met die bloedige verlede.

Daar is ook Mara. Sy was eers Petro Mentz, maar na traumatiese gebeure in die Kongo het sy haar voormalige identiteit agtergelaat en Naomi se woorde in die boek van Rut beaam: “... noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen.” (54) Sy resoneer ook sterk met Totius se bekende woorde wanneer sy verwys na haar skrikgedagte (18) by die dood van ‘n kind.

Die bloeddorstige staatsgreep deur rebelle in die Kongo wat in die eerste hoofstukke ontvou, is eietyds en relevant, en skep die ruimte vir lewensbedreigende en onheilspellende gebeure, en motivering vir die daaruit voortspruitende trauma. Die omstandighede is brutaal, en word oortuigend en gestroop beskryf: “Die seuntjie begin wurggeluide maak. Sy oë en mond wydgesper in blinde paniek.” (14) en “Hy het eers sy vrou en toe homself geskiet. Kort afstand. Kopskote. Groot gemors. Hulle sal hulle met grawe moet opskep.” (41)

Aanvanklik parallel, en later oorkruisend, volg die roman ook die lewenspad van ‘n tweede vroulike hoofkarakter, Ida. Daar is egter weinig sprake van Ida as ware fokaliseerder, in verhouding met Petro is haar agtergrond en karakterontwikkeling baie kort en minder omvattend. Daar is egter meriete in die keuse om hierdie onderskeid te maak, aangesien Ida se hoofdoel is om as katalisator in Petro se verhaal te dien.

Enkele punte van kritiek:
1. Daar is twee karakters met die voornaam James.
2. ‘n Broer en suster het verskillende vanne sonder dat die rede daarvoor geopenbaar word.
3. Die (letterlike) preke en gebede beslaan ‘n te groot gedeelte van die teks. Toegegee, die roman word aangebied as Christelike fiksie, maar trefkrag word ingeboet wanneer die beginsels wat oorgedra wil word, oordoen word.

Daar kan waarskynlik geargumenteer word dat toeval ‘n te groot rol speel in die gemaklike saamvat van al die los drade in die slottonele, maar die slot is nietemin bevredigend, en kombineer die elemente van ‘n tradisioneel gelukkige einde met ligte, empatiese humor om ‘n bevredigende geheelbeeld te verseker.

#Uitdieperdsebek
40 reviews
November 10, 2024
Ek was bevoorreg genoeg om sommer blitsig ʼn kopie van Louise Viljoen se nuutste inspirasieverhaal, Toevlug in die hande te kry.

Wat ʼn opwindende en verrykende leeservaring.

In Toevlug ontmoet ons ʼn klompie uiteenlopende karakters, sommige ietwat verwond, ander reeds genees, en ander net ʼn kosbare onskuldige briese lafenis in ʼn snikhete dag.

En toe, so tussen Petro se erge, bomenslike beproewing, Mara se onindinkbare smart, Riaan se mantel van hoop en Ida se reis terug na ons Vader, vind ek, die leser eiteindelik by monde van die karakter, Dingetjie op bladsy 213, die antwoord op ʼn geloofsvraag wat my al jare lank teister. Ek wens ek kon vir julle haar woorde aanhaal, maar ek wil nie die leeservaring en eureka oomblik vir julle bederf nie.

So gepraat van Dingetjie, wat ʼn lieflike lewendige karakter, is die liewe mens nie. Pittig, diep, ag sommer net ʼn oulike koestermens.

Toevlug is werklikwaar nie jou gewone inspirasieverhaal nie, dis iets heeltemal anders. Dit is ook glad nie prekerig, dweperig of soetsappig nie. Dis ʼn sterk kragtige storie, wat se slot my weliswaar ʼn traan laat pink het.

Ek sal definitief die boek vir enige iemand wat in die genre belangstel aanbeveel.

Toevlug word deur Luca, ʼn onderafdeling van Lapa uitgewers uitgegee en behoort reeds in die meeste boekwinkels beskikbaar te wees.

Ek plak sommer die lokteks vir julle hier, aangesien ek, soos wat julle weet, nie waffers met opsommings is nie.

Tydens 'n staatsgreep in die Kongo, val 'n ekstremis en sy handlangers 'n sendingstasie aan met gruwelike gevolge. Een van die oorlewendes vlug vir haar lewe deur die reënwoud en per smokkelboot al met die kus langs tot in Suid- Afrika en beland by Toevlug - 'n skuilplek vir randfigure soos sy met haar seer, ontnugterde hart. Daar ontmoet sy vir Riaan, 'n dominee wat hom oor haar ontferm, maar Petro wil niks weet van 'n God wat toegelaat het dat sy aan soveel genadelose geweld en hartverskeurende verlies blootgestel is nie. 'n Jaar later ontdek twee noodlenigingswerkers 'n verrassende vonds by 'n ou, versteekte mynskag in die reënwoud ... Ida en Gary tref reëlings om hulle kosbare ontdekking terug te neem na Suid-Afrika waar hulle werk hul ook na Toevlug neem.
Die een verloor haar geloof en die ander moet leer om te glo ... maar is dit te veel gevra om te hoop dat alles tog ten goede sal uitwerk? Kan blote geloof vertroosting bied en diep geëtste hart wonde weer gesond maak? Wat maak 'n mens met die letsels op jou hart wanneer oorbegin jou roep? En dan is daar ook die onmiskenbare samevloeiing van iets groters as hul albei wat hierdie vroue onlosmaaklik aan mekaar verbind. Beide Petro en Ida word tot die uiterste toe beproef ... “U is 'n toevlug … 'n skuilplek …” het Jesaja gesê. Tussen aksie en avontuur, ongelooflike verlies en lyding, en die verbete houe van die noodlot, vind twee vroue mekaar in hul eie besonderse geloofsreise in Toevlug.
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
November 26, 2024
Louise Viljoen is ’n vryskutresensent, taalpraktisyn en sommer alles wat met woorde te doen het. Haar geloof, omgee vir mense en haar sagtheid het uiting gevind in haar boek, Gesinstyd met God, wat in 2022 deur Luca gepubliseer is. Ek het met groot verwagting uitgesien na haar eerste roman, en wel in die geestelike fiksie genre. Niks kon my egter voorberei op die hou-in-maag-inpak van Toevlug nie.
In die Kongolese reënwoud word die sendingstasie waar Evert en Petro Mentz arbei, deur ekstremiste onder leiding van die wrede kolonel Ahadi Idi Nyoma, bekend as La Hyène, Die Hiëna, aangeval. Die terreur word nie versag nie, ook nie die ontsettende ontbering wat wag op Petro, wat wonderbaarlik die aanval oorleef nie. Wanneer sy uiteindelik ’n holte vir haar voet vind op Toevlug, noem sy haarself Mara, vanweë die bitterheid wat sy voel jeens die Here wat haar versaak het.
Die skrywer konfronteer haar lesers met die krisis waarmee baie mense worstel: waarom laat die Here toe dat slegte dinge met mense, selfs goeie, godsdienstige, mense, gebeur? “Op die einde gaan dit oor goed en sleg… Soms wen die slegtes en dan wen die goeies weer… Daar hoef nie redes te wees nie…” (p. 205) Mara se wroeging bring haar nie uit by ’n antwoord nie, net by die kwelvraag: “Maar wat as die Here werklik bestaan? Wat as Hy werklik is?” (p.205).
Verder word ook die kwessie aangeraak van huwelike tussen gelowiges en dié wat nie die Here volg nie. Die aanverwante storielyn van Ida en Gary lig hierdie saak uit, terwyl Ida ook haar geloof verloor het, weliswaar onder ander omstandighede.
Die storie boei enduit, maar dit is veral die gebede wat woordeliks opgeteken word, wat my telkens aan die hart geruk het. Dit is Woordgefundeer en spreek van opstandige verset en soeke na sin aan die een kant, en ernstig intree vir die redding en genesing van trauma aan die ander kant.
Die aanbieding is sinvol verdeel vanuit die oogpunte van Petro, Mara, Riaan en Ida, wat die vernaamste rolspelers is. ’n Verskeidenheid randfigure, elkeen met ’n lewensverhaal van val en oorwinning, vul die storielyn aan en maak daarvan ’n besondere leeservaring.
Toevlug, deur Louise Viljoen, is weereens ’n publikasie van Luca, die geestelike druknaam van Lapa Uitgewers. Jy sal die boek vind in goeie boekwinkels, en op Lapa Uitgewers se webwerf is ook die opsie van ’n e-boek beskikbaar.
Profile Image for Elsabé Welman.
Author 13 books47 followers
December 26, 2024
'n Diep-raak verhaal met 'n einde wat ek geensins voorsien het nie. Die verhaal so realisties geskryf, dat ek op 'n stadium gewonder het of dit 'n ware verhaal is. Want ja, soos 'n karakter opmerk, slegte goed gebeur ook met goeie mense. Niemand is gevrywaar nie. Toevlug is 'n bewys dat elke mense se seer vir hom/haar erg is. En dit is die natuurlikste verskyning om in trauma te voel God bestaan nie, en dat jy alleen in die situasie is. Ek beveel TOEVLUG ook aan vir lesers wat hou van liefdesverhale.
213 reviews12 followers
January 15, 2025
Die boek is baie goed geskryf. Die storielyn vloei ook goed inmekaar.
Die drie sterre gee ek omdat dit vir my te oorweldigend en oordrewe gruweldade beskryf en telkens weer terug gedink word daaraan. Ook voel die geloof is ook te veel na perfekte en menslik verkeerde.
Profile Image for Danica Gouws .
67 reviews2 followers
November 10, 2025
'n Pragtige storie wat baie mooi die hart van ons liefdevolle Vader, in die gebroke wêreld waarin ons leef, uitbeeld.
Displaying 1 - 7 of 7 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.