Jump to ratings and reviews
Rate this book

Quinn se jaar van kwik

Rate this book
Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.

212 pages, Kindle Edition

Published October 1, 2024

Loading...
Loading...

About the author

Zelda Bezuidenhout

16 books36 followers
Zelda Bezuidenhout was born in Zambia but moved to South Africa as a young girl. She worked as an advertising copywriter in Johannesburg for most of her adult life and only started writing books at the age of 56.
Her first book, the youth novel "As mens geluk kon proe" was the runner-up in Lapa Publishers' youth novel competition in 2017. It has been reprinted six times, and has been translated into English. The English version, "Confessions of a Ginger Pudding" was published in September 2021.
Her first novel for adults, "Die dekonstruksie van Retta Blom" was published by Kwela Books in July 2019. Another youth novel, "Die 6 weke van Thomas en Ella", followed in September 2019. "Toe ons oneindig was" was published in June 2020. A first for Afrikaans YA fiction, it's a coming of age story with a lesbian protagonist.
A novel for readers between 10 and 13, followed in March 2021. "Die drie van ons" is a beautiful story about being 12 and trying to figure out your place in this world.
Zelda's second book for adults is a medical suspense novel titled "Die waarde van Stil Bure." It tells the story of Magdaleen Verster, an ordinary young woman who finds herself entangled in the controversial world of stem cell research.
Her seventh youth novel, a young adult #MeToo story called "Quinn se jaar van kwik", was published in 2024. It was the runner-up in LAPA publishers' 2023 youth fiction competition and received rave reviews.
In 2025, Zelda was chosen to translate the first two books in the popular British tween series, Lottie Brooks, into Afrikaans.
"Mei en alles daarna", a story about a woman's search for the truth about her childhood, is her third novel for adults, and was aptly published in May 2026. In the same month she came second in the Lapa Youth novel competition with a poignantly funny coming-of-age book, "Die tusseninners" (The inbetweeners) It was published in June 2026.
Zelda lives in Parys, Free State with her husband Izak. Their daughter, Mia, is a compositing artist at an animation studio in Cape Town.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
14 (60%)
4 stars
7 (30%)
3 stars
2 (8%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 9 of 9 reviews
223 reviews13 followers
November 8, 2024
Vir 'n jeugverhaal is die boek nogal intens. Die verhaal speel af in 'n hoog aangeskrewe elite hoërskool. Die groep leerders en hul onderwysers word natuurlik en menslik voorgestel. Die drama bou stelsematig op. Die skryfster weet duidelik wat kan gebeur in gevalle van intimidasie en die ontlonting ook. Hierdie boek is beslis die moeite werd om te lees, vir jongmense en ouers ingesluit.
Profile Image for Rina Coetzee Gous.
147 reviews8 followers
November 1, 2024
Quinn Albertyn het oor die wêreld heen grootgeword – orals agter haar ma se diplomatieke diens poste aan. Vir haar matriekjaar besluit haar ma egter om haar na ‘n sogenaamde koesterskool te stuur in Suid-Afrika met groot verwagtinge vir besondere goeie matriekuitslae. Vir Quinn is dit ‘n wegskeur van alles en almal wat vir haar belangrik is maar sy neem haar voor om haar Chemie onderwyser in New York se raad te volg: “Become quicksilver” – vloei net verby alles en almal. Moenie betrokke raak nie. Dit is egter moeilik om nie betrokke te raak nie veral as jy self een van die slagoffers word van die Brothers. Meer van die storie wil ek nie regtig weggee nie.

Die skrywer het haar karakters baie versigtig gekies om die storie in te kleur. Daar is onder andere die borrelende Jozi, die op die oog af floskop Luna en die langeraad Schalk. Elkeen vol ontwikkel met persoonlikheid, kleresmaak en ‘n gewoontes. Die jong juffrou Roux met haar haar klokkies rompe en leersandale is my gunsteling. Selfs Quinn se bakkie, Suzy Q het hope persoonlikheid. Die skool en omgewing word ook uitstekend beskryf en stel die leser in staat om ‘n goeie beeld te vorm van die atmosfeer maar ook die fisiese omgewing waarin die boek afspeel. Dit is egter die heerlike skryfstyl van Zelda Bezuidenhout wat die rede is hoekom ek die boek in ‘n dag klaar gelees het en dit eenvoudig nie kon neersit nie. Die woorde en sinne vloei net eenvoudig. Natuurlik is daar ook die nodige spanningslyn wat bydra tot die bitter vinnige maar heerlike leeservaring. Alhoewel die tema donker kan wees is dit skrywers se heerlike sin vir humor wat heeltyd deurbreek wat opval.

Die pragtige ontwerp en produksie van die boek moet genoem word. Die boek is kunstig en mooi, nie net met die treffende buiteblad en rand van die blaaie nie maar ook teks tipes, swart bladsye en skets by die hoofstukke. Linki Barnard verdien ‘n pluimpie vir die pragtige omslagontwerp en Renthia Buitendag vir die grafiese ontwerp en natuurlik ook Nandi Lessing-Venter, die uitgewer, wat die besondere boek aanmekaar geslaan het.

Alles wat ek reeds genoem het is oorgenoeg rede om die boek aan te beveel maar die grootste rede hoekom die boek wyd gelees moet word, is die onderwerp. Seksuele teistering is ‘n epidemie wêreldwyd en ons hier aan die onderpunt van Afrika is dit nie gespaar nie. Die skrywer hanteer die onderwerp met die nodige versigtigheid maar draai ter selfde tyd nie doekies om nie. Die saak word ook nie eensydig hanteer nie en die fyn verskille tussen wat teistering is en wat dit nie is nie word deur die karakters bespreek. Hierdie is ‘n uiters belangrike boek in Afrikaans en in my opinie sal dit ‘n uitstekende voorgeskrewe boek wees. Op daardie manier sal die jong manne wat dit dalk juis moet lees gedwing word om dit te lees. Koop intussen die boek vir jou tiener om te lees, maar lees dit ook self sodat julle lekker kan gesels oor die onderwerp.

Ek is redelik seker dat “Quinn se jaar van kwik” my gunsteling jeugboek die jaar gaan wees – dit is ‘n uitsonderlike boek en een wat bitter nodig is. Dit gooi ‘n Afrikaans gekleurde lig op die #metoo beweging en #fightlikeagirl sal my altyd bybly. So ook sal ek nooit weer na ‘n blikke Zam- Buk salf kyk en nie aan hierdie besondere boek dink nie.




Profile Image for Muller Rossouw.
146 reviews5 followers
May 27, 2025
3.5 Sterre!
Ag dit was nou vrek oulik en baie goed vertel! Ek het Quinn se storie vreeslik geniet asook Bezuidenhout se skryfstyl.
Eintlik vir die jongklomp bedoel, maar hierdie 37-jarige hardebaard was vermaak!
Profile Image for Amanda.
1,234 reviews
October 29, 2024
Indien jy, soos ekself, gewonder het oor die titel van Zelda Bezuidenhout se jeugroman, Quinn se jaar van kwik, lê die antwoord in Quinn se voormalige chemie-onderwyser se filosofie: “Suksesvolle mense is soos kwik. Hulle kan oral wees en alles doen, maar laat nie toe dat hulle omwêreld aan hulle afsmeer nie.” (p.26) Dit is Quinn se matriekjaar. Sy is verban, so voel dit vir haar, na Excellentia, ’n sogenaamde koesterskool in Suid-Afrika, een met die voorkoms en tradisies wat grens aan Victoriaans. Gewapen met die vaste voorneme om by niks en niemand betrokke te raak nie.
Die eerste gelade hoofstuk eindig op ’n dramatiese wyse. Moet egter nie ’n riller verwag nie. Eerder die uitstekende en sensitiewe hantering van die moeilike onderwerp van seksuele teistering. Haar voornemens om kwik te wees byt spoedig in die stof wanneer Quinn nie kan slaag om afstand te behou wanneer sy bewus raak van die Brothers nie. Vir geslagte, in die sogenaamde naam van tradisie, word meisies geteister en verneder deur Punteskrums, Sleutelgat en Sambok.
Sinvolle stof tot nadenke is volop. Soos Quinn se besinning oor die verskil tussen flankeer en intimideer, tussen bewondering en teistering. (p.217) Jongmense kan met groot vrug gaan kers opsteek hier, dalk ook soos Quinn ’n eureka-oomblik ervaar wat hierdie moeilike begrippe aanbetref.
Die positiewe kant van die verhaal fokus op vriendskap en waagmoed, met ’n lekker skeut nostalgie bygemeng. Suzi Quatro, die ou bakkie sonder ’n kap, kassette wat uitryg, Manfred man se Mighty Quinn, I will survive …
Die fisiese boek het my nogal herinner aan An-Mari do Carmo se Toe als groen was. Nie alleen het Lapa Uitgewers weer geslaag om ’n pragtige produk daar te stel met gekleurde bladsyrante nie, maar dit hanteer ook gewigte onderwerpe wat uiters aktueel is. Opvoeding deur stories, sonder preke en lesings.
Quinn se jaar van kwik is een van die naaswenners in die Lapa Jeugromankompetisie van 2023, en Zelda Bezuidenhout verdien beslis hierdie sukses. Nou in goeie boekwinkels, en in gedrukte en e-boekformaat beskikbaar op Lapa se webwerf.
184 reviews11 followers
November 24, 2024
Zelda Bezuidenhout mág maar jeugromans skryf, dink ek. Sjoe, die een is 'n grote... 'n baie belangrike tema word aangeraak. En ek is bly ek het hom gelees voordat ek ander lesersindrukke gelees het...
Quinn se diplomaat-ma skryf haar in by 'n "koesterskool" vir haar matriekjaar sodat sy op haar akademie kan fokus. Sy is nie beïndruk met die plan nie maar neem haar voor om
'n lae profiel te handhaaf en te fokus op goeie punte. Teen haar wil raak sy egter bevriend met Jozi, die lang basketbal-speler, Schalk, nóg 'n lang basketbal-speler, en Luna, wat eintlik meer bekommerd is oor die aandag wat sy trek as oor skool.
Dan ontmoet Quinn vir Dylan Steyn, en verloor heeltemal fokus. Intussen begin sy stories hoor oor tradisies, Zambuk, en take wat die Alge (gr 8s) vir hulle Matrieks moet doen - en die Brothers. En iets rondom die hele Brothers ding, pla haar. Dit pla haar só baie dat sy besluit sy wil díe geheime tradisie blootlê - en toe word sy sélf 'n slagoffer! Nadat die drie maats genoeg inligting en moed bymekaar geskraap het, nader hulle juf. Roux, en saam takel hulle die tradisie van seksuele teistering wat al jare by die skool heers.
Hierdie uitsonderlike boek staan op vir elke meisie wat al moes hoor hoe seuns haar 'beoordeel', bespreek, bevat en bevoel - dit staan op vir al die meisies wat gevoel het dat hulle op 'n sekere manier moet aantrek, of optree om sosiaal 'aanvaarbaar' te wees, óf om hulself te beskerm - en vir meisies wat sonder respek deur seuns behandel is. Meisies wat gespot en geterg is omdat hulle bene te maer, of hulle hare te reguit is.
Hierdie boek moet in al ons landstale vertaal word, en voorgeskryf word vir elke kind wat hoërskool toe gaan. Koop hom vir jou seun én jou dogter - en práát met hulle oor hierdie onderwerp - dis ál hoe jy hulle gaan beskerm.
7 reviews
June 20, 2025
Very interesting it consumed my life for about a week until I finished it . it deals with the concept of SA in a boarding school ,and it dealt with it very well without being to harsh and gruesome . Amazing book to let highschoolers read to make them aware of these problems .
3 reviews
December 4, 2024
Zelda Bezuidenhout het aan ALLES gedink toe sy hierdie boek geskryf het -- ek kan net dink hoe moes die notaboekie langs haar bed lyk. Elke gedagte, mening en vlak van die veelkantige debat is aangeraak in die boek.

Beslis 'n boek wat nodige gesprekke sal aanspoor. Met tye het die tema bietjie "in your face" gevoel, maar ek dink dis doelgerig so geskryf en dit het beslis 'n effek. Dis 'n tema wat mens soms te gemaklik onder die subbewussyn se mat invee, maar die boek dwing jou om oor die realiteit daarvan na te dink.

Aanvanklik het ek gedink die boek is bietjie distopies, maar toe ek die week 'n koerantberig lees wat soos gebeurtenis uit hierdie boek voel, het ek besef ons lewe in 'n "distopiese" tyd.

5/5! 'n Uitstekende jeugroman wat ten minste 'n Woordveertjie en Scheepers-prys verdien.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,589 reviews91 followers
Read
November 18, 2024
#QuinnSeJaarVanKwik – Zelda Bezuidenhout
#Lapa

Die mitologiese Mercurius was die gode se wispelturige boodskapper. Die chemiese element na hom vernoem is ewe ver van die hoofstroom verwyder en een van slegs twee metale wat vloeibaar is by kamertemperatuur.

In Quinn se matriekjaar is dit egter ‘n ander eienskap van die fassinerende element wat haar mantra word: ‘Kwik vorm nie maklik verbindings met ander elemente nie.’ (45) Nadat sy, die enigste dogter van ‘n diplomaat, die vorige jaar nog die vryheid van ‘n skool in New York geniet het, bevind sy haar nou in ‘n kosskool, ‘n sogenaamde koesterskool genaamd Excellentia. Haar fokus is op onderskeidings, nie op vriendskappe of verhoudings nie: ‘...dit help nie jy belê tyd en moeite in ‘n vriendskap net om weer oor ‘n paar maande totsiens te sê nie.’ (18)

Die jaar tref haar met die onvoorspelbaarheid van die einste Mercurius; Jozi en Luna breek haar emosionele skanse moeiteloos af, en Dylan vergruis haar voornemens met ‘n skalkse glimlag. Maar oor dit alles hang die donker wolk van ‘n geheime broederskap waar misoginie hoogty vier, wat haar telkens herinner: ‘ Hier is dinge by die skool wat veel groter is as jy. Hier tel tradisie baie meer as integriteit.’ (89) en wat die #metoo-beweging ‘n werklikheid in haar lewe maak.

Die voorneme om soos kwik op te tree, is bykans onmoontlik wanneer toksiese manlikheid en seksuele teistering nie aan jou deur klop nie, maar dit eenvoudig oopskop en jou vierkantig in die oë kyk met ‘n gevoellose modus operandi wat herinner aan Anna Todd se ‘After’. Die roman is egter nooit ‘n eensydige aanval op manlikheid nie, die realiteit van dubbele standaarde en die verskynsel dat ‘...daar... meisies (is) wat dink hierdie soort ding is koel.’ (35) word eweneens aangespreek.

Benewens die eggo’s van Manfred Mann se ‘Mighty Quinn’ word die leser ook gelaat met: ‘Dis die gebrek aan respek wat van flankeer seksuele teistering maak.’ (218)

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Cliffordene Norton.
Author 7 books10 followers
December 16, 2024
Wow, this book! Ek was, is en sal in die toekoms mal daaroor wees. Die vriendskap, Quinn as verteller, en daardie eerste hoofstuk!
Displaying 1 - 9 of 9 reviews