Francois van Coke, die voorsanger van die omstrede rockgroep Fokofpolisiekar, vertel in sy eie stem aan Annie Klopper die gebeure wat hom as mens en musikant gevorm het. Sy perspektief word gebied op mylpale soos Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, sy sololoopbaan en die sukses van “Toe vind ek jou”. Minder bekende en onbekende verhale word ook vertel oor wilde partytjies, vuisgevegte, dwelms, nagte in ’n tronkselle, liefde, soberheid en pa-wees. Dít is sy stories, hoe hý dit onthou.
Hierdie boek het my op 'n trip-down-memory-lane gevat. Ek was op universiteit toe Fokof begin het en volg hulle al van daardie dae af, hulle het Afrikaans "cool" gemaak met hulle awesome shows en skerp lirieke en was hulle musiek soortvan die soundtrack van ons oorgangs fase tussen kind en volwasse. Die boek is baie goed en is 'n baie gemaklike lees, omdat Van Coke dit skryf soos hy praat en dit ook baie eerlik doen, en ook pa staan vir sy aksies deur hierdie skrywwe. Dit is interesant om te sien hoe hy al die kontroversiele oomblikke in die band se tyd ervaar het en hoe hy dit hanteer het, en ook hoe hy sy eie journey na solo artist gevolg het in die tyd wat Fokof amper ontbind het en hoe hy so ook groei as mens soos hy ouer word.
Dit is lekker om te lees hoe Van Coke nie net die frontman van die grootste Afrikaans rock band is nie, maar ook om te sien die mens wat hy is as hy nie in die publieke oog is nie. Ek al heelwat international bands sien optree, maar Francois Van Coke bly steeds vir my een van die beste frontmen daar buite, en hy rock altyd 'n show!! Hoogs aanbeveelde boek.
Review in ENGLISH: Title translates to: HOW I REMEMBER IT This book took me on a trip down memory lane. I was at university when Fokofpolisiekar (Fuckoff Police Car in English) started and have been following them since those days, they made Afrikaans "cool" with their awesome shows and sharp lyrics and their music was sort of the soundtrack of our transitional phase between child and adult. The book is very good and is a very easy read, because Van Coke writes as he speaks and does so very honestly, and takes responsibility for all his actions in this book. It is interesting to see how he experienced all the controversial moments in the band's time and how he dealt with them, and also how he followed his own journey as solo artist during the time when Fokof almost disbanded and how he also grows as a person as he gets older.
It is nice to read how Van Coke is not only the frontman of the biggest Afrikaans rock band, but also to see the person he is when he is not in the public eye. I've seen a lot of international bands perform, but Francois Van Coke still remains for me one of the best frontmen out there, and he always rocks a show!! Highly recommended book.
Rou eerlik. Emosioneel meesleurend. Tref op al die regte plekke, met vinnige effektiewe houe. Maklike lees, moeilik om nie elke keer nie dadelik oor te begin wanneer jy hom weer klaargemaak het nie.
My favourite singer wrote a book and I loved it. Featuring my favourite local bands, as a fan it was rad to get some inside stories spanning the last 2 decades. Made me laugh out loud! Wish Brad could understand Afrikaans and read it, he’d love it :)
#HoeEkDitOnthou – Francois van Coke & Annie Klopper #Queillerie
Die wat weet vertel oortuigend hoe moeilik dit is om jouself as’t ware te herontwerp. Daarom is verhale van mense wat dit wel reggekry het, fassinerend. Francois Badenhorst, in samewerking met Annie Klopper, wat ‘...meer (weet) van my lewe as wat ek weet’ (kleurplate tussen 96-97) vertel in die eerste persoon narratief hoe ‘n eertydse predikantseun uit beige Bellville via voorstedelike tiener-anargie, ‘n familiemotor, ‘n koeldrankfabriek, vuisgevegte, dronkenskap, acid trips, tronkselle, en die bokskryt, ‘n gelukkig getroude pa van twee geword het.
Lesers sal bewus wees van die reputasie van Fokofpolisiekar en verhale met grepe soos ‘Dit was die begin van my blacout career’ (33), ‘Toe ek bykom, is ek besig om my veters en my belt vir die cops te gee...’ (49), ‘Ek is net in my boxers en probeer hom bykom met twee braaitange. ‘n Besete halfkaal krap’ (132), en ‘Dis die show wat ek altyd sal onthou as die een wat ek heeltemal vergeet het’ (149), sal dus herinner aan destydse koerantplakkate wat soortgelyke stellings van lamppale uitgil.
Maar daar was ook Lauren, onderwerp van die essay ‘Vir die een wat ek eerste liefgehad het’ (136), lewenslange vriende, en die kinders, Alex en Max. In Francois se eie woorde: ‘Daar is my lewe voor “Toe vind ek jou” en my lewe ná “Toe vind ek jou”. (170)
Memoirs en outobiografieë word by uitstek deur subjektiwiteit gekenmerk. Dit sou egter onregverdig wees om dit noodwendig aan oneerlikheid gelyk te stel, die geheue is, immers, van ‘n selektiewe aard. Daarom die titel, en die caveat: ‘Die mense wat daar was se herinneringe kan dalk van myne verskil. Maar wie sal ooit weet wie se weergawe reg is? ...Dis hoe ek dit onthou.’ (9)
Die vertelling, beurtelings dramaties, humoristies, en self-ondersoekend, sluit af met dankbaarheid, ingekleur deur kenmerkende rebellie: ‘Die lewe is nie te kak nie.’ (218)
‘n Nostalgie-drukkie. My 2008 - Present self was mal hieroor! Glad nie wat ek verwag het nie, maar ook tog. Lekker gelag en lekker gehuil! So lekker om te kan lees van plekke en tye wat bekend vir jou was/is. Dankie vir 20 + jaar se musiek wat praat!
Ek weet nie, kyk eks n moerse fan van Francois, Fokof en almal wat daarmee gepaard gaan, maar die stories was net beter vertel in “Biografie van n Bende” en die Fokof doccie, “Forgive them for they know not what they do”.
Vyf sterre, nie oor die musiek, die band of die persoon nie. Maar omdat dit regtig ‘n goeie boek is. Goed geskryf, ongestroop, eerlik en reguit. ‘n Outobiografie wat die persoonlikheid van die verteller eerlik en opreg uitlig.
Een van die lekkerste boeke wat ek in ’n lang tyd gelees het. So f***** eerlik geskryf. Ek het hardop gelag, en hier en daar sommer tranerig geraak, en meer as ’n paar keer vir myself gevra: “Hoe de f*k lewe hierdie bra?”
Die lekkerste deel was om ná die tyd, en selfs deur die boek, terug te gaan en ou musiekvideo’s te kyk of liedjies te luister, met die prentjie wat die boek my gegee het van daardie gebeure. Net great.
Ek is 'n massiewe Francois van Coke aanhanger. Het CD's van Fokofpolisiekar en Van FokkenTasties in my kas en het hom al te veel keer lewendig sien optree. Alles om te sê - ek het die boek baie geniet. Dit was 'n rou, eerlike blik op die musiekbedryf en beskryf hoe een van die grootste Afrikaanse rockgroepe ooit tot stand gekom het.
Ek moet egter eerlik wees en bieg dat ek dink die boek is swak geskryf. Dit lees maklik en maak gebruik van eenvoudige sinne, maar mis die poësie en metafore wat in Van Coke se liedjies verskyn. Die boek vloei nie goed nie en ek sal dit definitief nie weer lees nie.
As jy nie 'n groot aanhanger is van Francois van Coke nie sal ek jou nie aanraai om die boek op te tel nie - dit verg bietjie deursettingsvermoë om deur te druk tot die einde.
A beautifully raw story, the good, bad, ugly and great successes that came from the lessons learnt through the years.
I have always been a fan of the music Francois, Polisiekar and Van Coke Kartel has created, and knowing the back story to so much of this music has now made hearing the music a much more enriching experience.
Would definitely recommend to anyone who enjoys this music.
This was really entertaining. It was interesting to read all the little tales of what things were like in the early years of Fokofpolisiekar. Sometimes I wanted to laugh out loud, and quite often I sat in total disbelief at how Francois managed to stay alive to see 40. Times were rough back then. It's also endearing to read about how he turned his life around and became the man he is today.
As a huge FPK fan since the early days I flew through this book as if I was there every single moment. When a mate brought the EP to a braai at the end of 2003 when I was still in St.9, I was hooked. 22 years later I am still.