Jump to ratings and reviews
Rate this book

Geroep vir meer: Hoe om suksesvol te leef

Rate this book
Jou wildste drome kom nie naby aan dit wat God vir jou beplan het nie. Hykie Berg, bekende akteur, outeur en entrepeneur gee praktiese riglyne oor hoe om suksesvol te wees en jou drome te bewaar. Hy gesels oor kwessies soos selfdissipline, intensionele optrede, verskonings uit die weg ruim en uitwerk wat jou visie en doel is in die lewe. Dis moontlik vir jou om 'n buitengewone lewe te lei. Dis wat God vir jou wil hê. Beweeg van ‘n gemiddelde lewe na 'n uitstekende lewe.

179 pages, Kindle Edition

Published September 13, 2024

5 people are currently reading
5 people want to read

About the author

Hykie Berg

6 books3 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (57%)
4 stars
3 (21%)
3 stars
3 (21%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
November 7, 2024
Ek is altyd lugtig vir enige gedagtes en boeke oor welvaartskepping omdat dit dikwels hand aan hand loop met die voorspoedteologie wat ek nie onderskryf nie. Hykie Berg kom met hierdie nuwe boek met ’n ander invalshoek wanneer hy skryf oor sukses: “Die nuwe definisie van sukses moet bepaal word nie deur wat ons het nie, maar deur wat ons is.” (p.49)
In die loop van die boek herbesoek die skrywer kortliks sy stryd met verslawing en ADHD, maar dit is suksesverhale van mense soos David Ring, Gert en Mariska Jansen van Vuuren, Peter J. Daniels, Monty Robers en sy vriend, Erik Holm, wat maak vir interessante leesstof. Selfs die drome van die bekende Walt Disney kry aandag. Van Disney het sy kleinseun gesê: “His life teaches all of us to believe in our dreams, to be daring in the pursuit of our goals, and never to back away from a challenge.” (p.104)
Die veelvuldige uitsprake soos aangehaal, het my telkens laat nadink. Soos dié van Jen Sincero, wat gesê het: “You can have excuses or you can have success; but you can never have both.” (p.125). Jim Baker beweer: “Prosperity starts with who you have, not what you have.” (p. 45) En dan die konstante terugverwysing na die Woord van God, ons belangrikste riglyn, ook in verband met sukses en welvaart. Die skrywer haal aan uit soveel as nege Bybelvertalings om die stellings wat hy maak, te ondersteun.
Dennis Waitley het gesê: “It’s not what you are that holds you back, it’s what you think you are not.” (p.120). Hykie Berg daag sy lesers uit om drome te droom, God se visie vir jou lewe te vind en dan doelbewus te lewe.
Hierdie derde boek uit die pen van Hykie Berg, word uitgegee deur Lux Verbi, die geestelike druknaam van NB Uitgewers.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,486 reviews84 followers
Read
April 24, 2025
#GeroepVirMeer – Hykie Berg
#LuxVerbi

Jy kan nie kennis oordra waaroor jy nie beskik nie.

Derhalwe kan geen nie-fiksie publikasie na behore beoordeel word alvorens die deskundigheid van die skrywer nie ondersoek is nie. Hykie Berg is bekend as akteur, skrywer, entrepreneur en motiveringspreker, maar was ook al ‘n probleemkind, ‘n dwelmverslaafde, ‘n dief, en ‘n leuenaar. Wanneer hierdie geskiedenis tesame met die inhoud van sy twee vorige publikasies, “My storie van hoop” (2017) en “My stryd met ADHD” (2020) oorweeg word, is hy ongetwyfeld geregtig op die voordeel van die twyfel dat hy wel bevoeg in om ‘n boek te publiseer wat ‘n meer suksesvolle lewe in die subtitel beloof.

Die gids is Christelik georiënteerd, maar, is nie ‘n memoir nie. Die leser word wel kort blikke in die skrywer se persoonlike lewe geoorloof, maar hy maak geensins daarop aanspraak om die held in sy eie verhaal te wees nie, en steun eerder op die gebruik van Bybelse karakters en bekendes soos Monty Roberts en Walt Disney om voorbeelde te illustreer.

Temas wat aangespreek word sluit in die aanleer en beoefening van selfdissipline, die identifisering en afleer van ‘n slagoffermentaliteit en aangeleerde hulpeloosheid, die onderskeid en wisselwerking tussen ‘n visie en ‘n doel, asook die vaslegging van die korrekte denkpatrone. Die inleiding verduidelik breedvoerig vir watter gehoor die boek geskryf is, en dit kan saamgevat word as dat die aangewese gehoor almal sal insluit wat nie is waar hulle graag in die lewe wil wees nie.

Die teks bevat verskeie Engelse aanhalings en Bybeltekste, en sommige sinne is ook in gemengde taal geskryf, byvoorbeeld “Jy hoef geen rocket scientist te wees...nie” (93) en “Jy is nie stuck nie.” (133) wat ‘n informele gesprektrant daarstel en die teks baie toeganklik en eietyds maak.

Dis nie ‘n ek-weet-alles-en-daarom-moet-jy-vir-my-luister boek nie, eerder ‘n inspirasie om te begin beweeg as jy nie tevrede is met jou huidige posisie nie.

Jy is immers nie ‘n boom nie.
1 review
April 20, 2025
Ek het die boek ontvang as ‘n geskenk en het gevolglik hom ook weer as geskenk gegee. Want, Hykie het ‘n enorme inpak gemaak op my en my denke. Spesifiek oor God en Sy wil vir my as mens. Heikie se verhaal is inspirerend omdat hy deur genade gegroei het om baie suksesvol te wees in alle aspekte van sy lewe en wil daarmee ander help om ook vry te wees.

Sy boek lees baie maklik, hy vloei in en uit hoofstukke en die hoofstukke is nie baie lank nie. So jy kan maklik gou ‘n 15-20 minute gebruik om nog ‘n hoofstuk te lees en nogsteeds die konteks te hou.

Ek kan sy boek sterk aanbeveel. As jy kies om hom te lees weet ek jy sal geseën wees.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.