'n Sjef, 'n welder, 'n finansiële bestuurder en 'n fortuinverteller saam op die lang pad met 'n boks human remains ... Om die as te strooi van 'n vriendin wat lank vooraf geweet het sy gaan doodgaan, is nie speletjies nie. Janine het gans te veel tyd gehad vir rare planne uitdink en leidrade wegsteek - haar laaste avontuur gaan sy in as-vorm meemaak.