Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die keiser se duim

Rate this book
Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het hulle verdwyn. Lou moet tog dringend die twee jong boere in een stuk terugbring. 
          So vertrek Ella na België, en Lou na Boedapest. Maar iewers duskant die Donau regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser.

382 pages, Kindle Edition

Published September 17, 2024

Loading...
Loading...

About the author

Chris Karsten

32 books40 followers
Chris Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon in Mpumalanga gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria (1970). Hy werk daarna as koerantjoernalis by Die Volksblad, Beeld en Rapport.

Chris is die skrywer van twee kinderboeke, Floris sapiens (1985) en Die jokkie wat met perde kon praat (1997). Hy ontvang die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir Floris sapiens. Sy eerste roman, Frats, het in 2007 verskyn, en is ’n jaar later met die ATKV-prosaprys bekroon.

As koerantman was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy Ware Misdaad-reeks opgeneem is. Van die titels wat sedert 2007 in dié reeks verskyn het, sluit in Riller in die raaisel, Opspraak deur moord, Dodelike vroue, Verlore onskuld en Boos en bisar.

Sy boek oor aktrise Charlize Theron verskyn in Mei 2009 en is in Afrikaans (Charlize: Ek leef my droom) en Engels (Charlize: Life’s One Helluva Ride) beskikbaar. Chris se tweede roman, Seisoen van sonde, verskyn in Junie 2009 by Human & Rousseau.

Karsten woon in Kanada.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
45 (38%)
4 stars
50 (42%)
3 stars
16 (13%)
2 stars
5 (4%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 9 of 9 reviews
Profile Image for Anschen Conradie.
1,546 reviews89 followers
Read
November 29, 2024
#DieKeiserSeDuim – Chris Karsten
#HumanEnRousseau

Feite bederf ʼn storie. Keiser Nero het nie viool gespeel terwyl Rome gebrand het nie. Hy kon nie, want die eerste getuienis van ‘n viool het eers in 1540 verskyn – in ‘n skildery deur Gaudenzio Ferrari. Aldus geskiedskrywers het hy waarskynlik ‘n lier bespeel. Maar nie noodwendig terwyl Rome brand nie.

Pollice verso, letterlik vertaal, beteken eenvoudig ‘n gedraaide duim. Hopelik speel niemand meer ‘n musiekinstrument neffens ‘n inferno nie, maar die draai van ‘n duim om goed- of afkeuring oor te dra, is ‘n alombekende gebaar wat van die keisers van antieke Rome se mag oor lewe en dood afkomstig is.

Hongarye, 2024.
‘n Mafioso wat homself die mag van die Romeinse keisers toeëien, is wel aan ‘n rolstoel vasgekluister weens motorneuronsiekte, maar sy duim tik steeds dodelike opdragte op ‘n sleutelbord: ‘In sy wêreld is hy die enigste regter en laksman, hy’s die keiser.’ (285)

‘n Huurmoordernaar met die postuur van ‘n waggelende eend, opereer vanaf die Csepel-eiland in die Donau. Hy is metodies en dodelik-effektief – en koester ‘n dekades-oue wrok.

In Suid-Afrika is Ella Neser tussen twee vure; die uitnodiging van die enigmatiese Harry Grimbeek om hom in België te besoek, dwing haar om haar verhouding met haar vennoot/minnaar, Lou Pepler, te heroorweeg. Die verdwyning van twee Suid-Afrikaners in Hongarye is die sneller tot ‘n reeks gebeure wat die ruggraat van hierdie spanningsroman vorm.

Die effektiewe aanwending van verskeie tegnieke dra by daartoe om die roman ver bo gemiddeld in die genre uit te lig. Die insluiting van historiese notas, vergesel deur ‘n foto van die gedenkteken bestaande uit sestig pare ysterskoene op die Donau-promenade, sorg vir ‘n diepte-perspektief ten opsigte van die gekose ruimte, en variasies in fokaliseerders en tydspronge dra by tot die skepping van ‘n geloofwaardige raaiselroman met oortuigende karakters en ‘n sterk spanningslyn wat deurlopend volgehou word, en kulmineer in ‘n sensoriese ontploffing van kleur en klank.

Duim op.

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Amanda.
1,206 reviews
December 14, 2024
Die keiser se duim het my tot lank na middernag besig gehou; trouens, dit het my klaarblyklik ook daarná bloots gery, want my slaaptelling was dalk die laagste ooit! Chris Karsten is sekerlik een van die mees bekroonde en benoemde skrywers in Suid-Afrika, maar hierdie was my Karstens-debuut.
Ek kan met vrymoedigheid sê dat om vir Ella Neser eers hier, in haar tiende verskyning, te ontmoet, nie problematies is nie. Die skrywer was heeltemal in staat om genoeg voorgeskiedenis by die huidige storielyn by te werk, sodat ek haar, en ook haar verhouding met Lou Pepler, na behore kon peil. Ek het ook reeds gou agtergekom dat hierdie skrywer meesterlik omgaan met woorde, soos op p.53, waar hy dié verhouding verwoord: “(hulle) was elkeen in eie hart huiwerig of hulle gereed was om persoonlike vryhede op te offer vir ’n verhouding waarin hy so swaar van tong is met woorde soos liefde en trou.”
Die keiser se duim het mag oor lewe en dood; verwys die gladiatorgevegte van die vroeë Romeine (p.99) Daardie mag lê, in die moderne Boedapest, by die nyweraar, doctor Zoltán Farkas en indirek by sy gesant, die prokureur, Gábor Mészáros. Die milieu verander gereeld tussen Johannesburg, Hongarye en Brugge terwyl dit telkens onderbreek word met historiese notas wat die storielyn inkleur.
Wat het ek reg en verkeerd gedoen met die lees van hierdie roman? Ek het vroeg reeds besluit om nie die Hongaarse name en woorde te probeer verbaliseer nie. Lees dit bloot op sigwaarde, dan vlot dit heel goed. Dit was ’n pluspunt. ’n Fout was om iewers my lees te onderbreek. Gegewe die komplekse aard van die storie, en die groot hoeveelheid karakters betrokke, was dit ’n uitdaging om weer op koers te kom.
Die keiser se duim was waarskynlik effens in die rooi wat betref my toleransie van geweld, maar sonder twyfel is hier ’n fenominale skrywer aan die woord. Een van die boeke waarvan jy die slothoofstukke wéér wil lees om seker te maak dat jy jouself nie vergis het nie.
Die boek is uitgegee deur Human & Rousseau, druknaam van NB Uitgewers, en wyd beskikbaar.
Profile Image for Heloise Hart.
11 reviews
April 11, 2026
Ek het die boek baie geniet, veral met die verandering van plek waar die verhaal afspeel. Ek sou Ella se verhoudings met Lou en Harry en haar gevoelens bietjie meer aandag gegee het en op die spits gedryf het asook die ontknoping van die verhaal in die laaste hoofstuk. Steeds was dit hope genot. Baie dankie Chris Karsten!
169 reviews8 followers
December 26, 2025
Ek het gesien díe boek het baie aandag gekry, en was baie nuuskierig om dit te lees. Nodeloos om te sê, verstaan ek nou die rede vir die bohaai!
Buiten die feit dat ek mateloos beïndruk is deur die hoeveelheid navorsing wat die skrywer moes gedoen het, en die gebruik van afrikaanse woorde wat ek tot my skaamte nog nooit eers gehoor het nie, is die storielyn ook baie opwindend en interessant. Die simboliek deurgaans van die duim en die leë skoene bring nóg 'n onverwagse dimensie.
Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Ella besluit om 'n tydjie af te knyp om vir haar nuwe vriend, Harry Grimbeek in Brugge te gaan kuier en omtrent in dieselfde tyd gebeur dit dat Lou vir 'n ondersoek na Boedapest toe moet gaan. Hy moet gaan soek na twee Suid-Afrikaners wat daar op 'n wynlandgoed werk, en skielik (na 'n baie benoude boodskap) kontak met hul families verloor het. Daar loop hy hom gou vas in 'n ingewikkelde en gevaarlike situasie, wat Ella noop om haar kuier kort te knip en hom te gaan help. Intussen, is daar Kasca (oftewel die Eend) wat die mafioso se marionet is, en alle probleme stilweg en sonder om spore agter te laat, uit die weg ruim. Het Lou en Ella te veel vrae gevra in hul soeke na die twee vermiste Suid-Afrikaners? En sal hulle, en die Suid-Afrikaners, lewend uit Boedapest kom?
Die boek was 'n regte naelbyter - een van díe wat jy al hoe vinniger lees soos wat die einde nader kom. Totale leesgenot!
Displaying 1 - 9 of 9 reviews