Die vrede en stilte in die klein Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort ná skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe ’n jong tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp binnejaag en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie stilhou. Dit was net voor 19:00 toe die bebloede Don Steenkamp uit die voertuig spring en die aanklagkantoor binnestorm met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig doodgeskiet is. Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nóg ’n plaasaanval was, is Don maande later weens die moorde gearresteer. Dit het ’n proses aan die gang gesit wat Suid-Afrika sou meesleur en die mense van Griekwastad onderling sou verdeel. Hierdie boeiende verhaal van wat werklik op daardie noodlottige dag op die plaas Naauwhoek gebeur het, word vertel deur die verslaggewer wat die saak van die eerste dag af gevolg het. Dit is gebaseer op onderhoude met al die betrokkenes, insluitende die ondersoekbeamptes, die forensiese en ballistiese deskundiges asook familie en vriende van die oorledenes, en eindig met die uitspraak en vonnisoplegging…
wow, this book gript me from the 1st moment. I so badly wanted to believe that this child could not do these horrible things, but unfortunately towards the end there is no way that he was not guilty. So incredibly sad. The worst part is that he will be out by the age of about 30 and will probably have a lot of cash to spend thanks to the family that he murdered. This is a very sad story, but very gripping.
What a disturbing book. I did not know much about this murder. The content made the book riveting but its not well written and that annoys me as a reader. At times I also wondered whether the author was writing about himself or the murders. He clearly was in a hurry to get this book out and it looks like he did not bother passing it on to an editor before sending it to the publisher.
Having followed the murder trial, I was keen to read this book. I liked some of the insights shared, but a lot of the focus seemed to be on the author's highlight of his ethical journalism and the contacts he had in the industry which I found a bit distracting.
Ek kan nie fout vind met Steenkamp se verslag/boek oor die Griekwastadmoorde nie. Die persoonlike inligting van die skrywer maak dit des te meer treffend.
Wat 'n ervaring! Siende ek dié saak vanaf die eerste opskrif op Rapport se voorblad in diepte gevolg het, het die boek vir my bitter min details gebied wat ek nie reeds geweet het nie. Dit het WEL baie details waarvan ek geweet en intussen vergeet het weer in my geheue vervars en het die hele storie wat oor amper 2 jaar strek as 'n geheel 'gebind'. Daar was hier en daar die onooglopende spel- of taalfout, maar dit kan mens swaarlik aan Steenkamp toeskryf. Toe ek die boek neersit het dit as't ware gevoel of ek saam met Griekwastad se inwoners 'n paar doppe by Proviand gedrink het en saam met die Steenkamp familielede begrafnis gehou het. Só eerlik en opreg is Jacques Steenkamp se weergawe van dié tragedie. Puik werk en hopelik nie die laaste van hom wat op SA se winkelrakke verskyn nie.
It is absolutely amazing to read about this story in such detail...the book certainly has information that we didn't get through the media. However, I didn't like the writing style; it was obvious that it came straight from the pen of a journalist and the small attempt to lend a writer's hand to it did not succeed. If you're looking for a factual story, this book is for you. If you're looking for beautiful writing this most certainly is not for you.
Ongelooflike interessante leesstof! Ek was vasgenael - het heelwat slaap opgegee om aan te hou lees. Die verteltrant is innemend en persoonlik. Ek het kort-kort foto's ge-google en het die multi-media daarvan ook geniet. Dit was 'n ondervinding!
While it was informative, their was plenty of unnecessary information but it did make you feel like you are following every step of the process. I wished the book had been published after the sentencing.