Jump to ratings and reviews
Rate this book

Openbaring: Hersiene Uitgawe

Rate this book
Openbaring is ‘n inspirerende reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes – C. Johan Bakkes en sy reisgenote trotseer die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en ‘n bestaan maak, in onderskeidelik die snerpende Siberiese koue en die verswelgende hitte van die Danakil-depressie.

208 pages, Paperback

Published August 1, 2024

2 people want to read

About the author

C. Johan Bakkes

10 books13 followers
Prof Johan Bakkes is a qualified CA and lectures in Business Economics at the University of the Western Cape. He lives on a smallholding in the Paarl, and his adventurous spirit has taken him to destinations all over the world, the common thread being that these places are almost always off the beaten track!

Bakkes has garnered much controversy for often including offensive and exaggerated remarks towards members of his own family. Much controversy emerged from his book "To Hell and Gone" (2008) when he put forward the argument that one of his nephews should not have had the right to be born in South Africa. In the same book, he also expressed that members of his family "betrayed" South Africa in moving to Canada because of the crime and racial tensions associated with South Africa. These conditions were wide-spread throughout South Africa, especially after the South African farm attacks had begun in the mid-90's.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (100%)
4 stars
0 (0%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Anschen Conradie.
1,501 reviews86 followers
Read
November 25, 2024
#Openbaring – C. Johan Bakkes
#ProteaBoekhuis

Casparus Johannes Bakkes, ook al aangesien as Moses, Jesus, ‘n seerower, en ‘n sangoma het weinig bekendstelling nodig. Hy was ‘n rekenmeester en professor in toegepaste rekenmeesterskap aan die Universiteit van Wes-Kaapland voor sy aftrede, en was bereid om ‘uit ‘n koek te spring’ vir bemarking, maar deesdae sal dit, in sy eie woorde, waarskynlik die toeskouers traumatiseer.

Sy reputasie as skrywer van aweregse reisverhale is egter steeds immergroen. Hou dit in gedagte, liewe leser, want hierdie ‘Openbaring’ speel grotendeels in Siberië af, nie op die eiland Patmos nie. Daar is wel ooreenstemming met die laasgenoemde skrywer en, om misverstande te vermy, sal ek na hierdie skrywer verwys as Ivan – die Russiese variasie van sy voornaam.

Ivan het Openbaring 3:15-16 (die Patmos-weergawe) letterlik opgeneem en, uit vrees om lou te wees, met sy kenmerkende semi-chaotiese uitgelatenheid vertrek om beide die koudste en warmste plekke op aarde, waar mense nietemin ‘n bestaan maak, saam met sy makkers te gaan opsoek. Hierdie twee reise – die een na Oimjakon se -71 grade Celsius, en die ander na ‘n gehuggie op die rand van die Danakil-depressie – word in afwisselende hoofstukke in sy weergawe van ‘Openbaring’ beskryf.

Oudergewoonte is Ivan die eerstepersoon-verteller vanuit die reisiger-waarnemer se perspektief, maar ‘n beskrywing van ‘n Ethiopiese muilrit by monde van medereisiger, Kalie (Kirsten), voeg ekstra geur by die vertellings: ‘My en Roland se muile kry nie te swaar nie, maar Bakkes s’n kak. Die arme ding se oë traan, hy proes en kreun... Ek wonder wat sy diereliefhebbende vrou Nanna van dié petalje sou sê. Ek dink sy bliksem hom dood.’ (96)

Die ysige reis sluit Stalin se berugte Pad van Gebeendere in, 2025 kilometer van gestorwe werkers wie se beendere ingespit is om die pad te versterk, en ook ‘n gewilde tema in kontemporêre rillers soos Christopher Golden se ‘Road of Bones’. Terloopse, maar relevante geskiedkundige staaltjies aangaande die Oktober-revolusie van 1919, die Russiese burgeroorlog en die beleg van Stalingrad (Wolgograd) in 1942 en ‘n skalkse verwysing na Jules Verne se Michel Strogoff, dra daartoe by dat die leser onwillekeurig die veraf melodie van Dr Zhivago se ‘Lara’s Theme’ hoor tydens die lees hiervan. Miskien selfs ook ‘n vers of wat van Elton John se ‘Nikita’.

‘Openbaring’ is oorspronklik in 2016 gepubliseer. Hierdie 2024-weergawe is nie bloot ‘n herdruk nie; dis ‘n heruitgawe, ‘bygewerk en bygereis’, maar, anders as sy voorgangers, is die terugblikke nie aan die einde van elke hoofstuk nie, maar hoofsaaklik in die nabetragting, wat as slot dien, vervat. Die wisselwerking tussen oorle’ Johannes en Ivan se Openbarings word hier saamgevat as: ‘Daar is geen manier dat ek en my lewensreis met Johannes en syne vergelyk kan word nie. Behalwe miskien dat ons dieselfde naam het, dat ons in dieselfde God glo en dat ons moes skryf. En soos hy het ek my bes gedoen om nie lou te wees nie.’ (200)

#Uitdieperdsebek
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.