Afstande is 'n aksiebelaaide reisavontuur vol ontdekkings, uiterste ervarings en hand-tot-hand-gevegte, dit is 'n verhaal van verraad en broedermoord, bevolk deur waars ers en hekse, fanatiese profete en hul kranksinnige profesie, voetsoldate wat leef van varkbloed en asyn, mense wat elke dag begin met die slag van 'n offerdier
Wat 'n verrassend genotvolle boek! Ek kon nie glo dat ek dit soveel sou geniet het nie. Die lange tog word met groot detail geskep en die mense wat daarby betrokke is is wesens van vlees en bloed, jy wil HE hulle moet oorleef. Ek wens daar was meer oor Sokrates, Sleigh skep 'n aanliklike andersoortige beeld van die karakter. Sleigh se fokus is egter op oorlog en oorlewing en hy hou by sy plan. Die boek is dik, maar liewe leser, pak die reis aan dit is die moeite werd.
As dit nie was dat hierdie verhaal op 'n ware geskiedkunige gebeurtenis gebaseer was nie sou ek die ongelooflike oorlewingstog as heeltemal oordrewe afgeskryf het. Maar die feit dat dit alles so te sê gebeur het soos hier beskryf het my só geboei en aangegryp. Aanvanklik was dit vir my vreemd om so oor die ou antieke Grieke in Afikaans te lees maar ek het dit algaande gewoond geraak. Wat 'n ongelooflike storie!