Jump to ratings and reviews
Rate this book

Operasie: spinasie-situasie

Rate this book
“Vandag bly jy by die tafel sit totdat elke krieseltjie spinasie op is!” Tomas weet hy kan dit nie eet nie, sy lyf wil nie spinasie hê nie. Maar sy ma staan vas. En uiteindelik gee Tomas oor en eet al die spinasie op sy bord. Toe hy die laaste sluk vat, besef hy egter dadelik dit was ’n fout. ’n Groot fout. Want ’n rilling rol deur sy hele lyf. En hy voel die sweet soos twee riviere teen sy slape afrol. En dis nog nie die ergste nie ... hoekom hoor hy wat Gemmer, die kat, vir hom sê? BEGIN HY STEMME HOOR?!
Lees van Tomas se vreemde avontuur, sy ma se laptop word gesteel en die damwal bo in die rivier breek, maar as hy die mense waarsku, wil niemand hom glo nie – want hy kan nie sê hoe hy dit weet nie. Gelukkig kry hy hulp van iemand van wie hy dit nooit sou verwag nie ...

101 pages, Paperback

Published February 1, 2025

1 person want to read

About the author

Nerine Ahlers

36 books3 followers
Nerine Ahlers het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en aan die Universiteit van Pretoria gestudeer, waar sy in 1985 ’n M.A.-graad verwerf. As gekwalifiseerde taalonderwyseres, hoofsaaklik in Frans, gee sy ook klas in Afrikaans en Duits op hoërskool, onder andere by St. Mary’s DSG en die Hoërskool Menlopark in Pretoria. Sy is getroud met Johann Ahlers en het twee dogters, Joekie en Rianné. Nerine Ahlers en Alet Steenkamp is as skrywerspan die skeppers van die gewilde SSS-reeks, asook die enkeltitel-tienerboeke Liefde is … en Ek+Jy. Selfone, skelms en sjokolade is in 2007 met ’n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon, en in 2011 palm dié gedugte duo nog ’n ATKV-Kinderboektoekenning in met Liefde is …

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
0 (0%)
4 stars
2 (100%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
March 2, 2025
Die titel, Operasie: Spinasie-situasie, klink lighartig en prettig. Inderdaad begin dit dan ook heel komies met Tomas wat desperaat planne bedink om nié die spinasie te eet waarop sy ma aandring nie. Gou neem dit ’n ernstiger wending aan wanneer daar ’n diefstal plaasvind en Tomas en sy maatjie, Thandi, die dief se spoor volg.
Wat aan die storie ’n element van fantasie verleen, is die feit dat Tomas met diere en voëls kan kommunikeer vandat hy die spinasie ingewurg het. Die honde van die straat is dan ook instrumenteel om hulle te help om die dief te vind.
Dit raak later regtig spannend wanneer ’n damwal breek en die rivier sterk afkom. Die aftreeoord is reg op die wal gebou en spoedig is daar inwoners in gevaar. Skrywer, Nerine Ahlers, het al voorheen sukses behaal met spanningsverhale vir kinders en jeug, en hierdie nuwe boek, geskik vir kinders van ongeveer 11jaar en ouer, behoort ook groot byval te vind.
Kreatiewe gebruik van lettertipes en oorspronklike illustrasies deur Pippa Pereira maak die boek visueel stimulerend en ondersteun die storielyn uitstekend.
Operasie: Spinasie-situasie is uitgegee deur Lapa Uitgewers, beskikbaar op hulle webwerf en in boekwinkels.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,490 reviews85 followers
Read
March 20, 2025
#OperasieSpinasieSituasie – Nerine Ahlers
#Lapa

ʼn Suksesvolle klingel is ʼn ook ʼn uiters effektiewe oorwurm, selfs vir jare nadat dit die laaste keer gehoor is. Soos hierdie een:

“Ek is Popeye die seeman
Ek eet Harvestime net waar ek kan.
Dit proe tog so lekker
Ek voel nou nog sterker
Ek is Popeye die seeman.”

Toegegee, dit was ‘n Harvestime advertensie, maar Popeye was reeds dekades tevore bekend vir sy voorliefde vir spinasie. Die 13-jarige Tomas staan lynreg daarteenoor: Hy haat spinasie.

Gewoonlik slaag hy op innoverende wyses daarin om van die spinasie op sy bord ontslae te raak. Maar hierdie spesifieke dag staan sy ma so vas soos die rots van Gibraltar: “Vandag bly jy sit totdat jou bord skoon is. Totdat jy elke krieseltjie daarvan geëet het.” (10)

Hy en die spinasie gluur mekaar aan. Die bergie groen papperasie lyk aggressief, vyandig, en uiters grillerig. Toe hy dit uiteindelik afgesluk het, protesteer sy hele lyf: “Dit ZZZZZ deur sy brein en dit skreeu en kraak deur sy kop en alles flikker asof blitse om hom uitslaan.” (16)

En hy begin stemme hoor. Maar daar niemand is nie. Behalwe Gemmer. En Gemmer is ‘n kat.

Tomas se nuutgevonde talent stel hom in staat om ‘n dief vas te trap en ‘n ramp te voorkom, alhoewel hy natuurlik nie sy bronne kan verklap nie. Niemand sal immers glo dat hy met diere kan kommunikeer nie.

Ahlers is ‘n ervare skrywer van jeugverhale en ken haar mark. Sy wend die gemiddelde kind se ingebore renons in groen groente effektief aan om ‘n amusante avontuurverhaal te skep. Die jong leser word aanvanklik oortuig dat die skrywer, by monde van Tomas, opregte insig in die walglikheid van spinasie het. Dan word die bordjies verhang wanneer spinasie, ten spyte van hierdie negatiewe prentjie, die bron van ‘n superkrag word.

Staan opsy Popeye, Tomas is die nuwe spinasiekoning.
🐴
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.