HOLKRANS Kaptein Frik se probleem is dat hy nie vyftien jaar gelede op Holkrans was toe die nuutste toevoeging tot die lykshuis hier weggeraak het nie. Meeste mense op die dorp is skielik nie lus om hom te help om die saak weer oop te maak en te ondersoek nie. Sy assistent, Gavin, was vyftien jaar gelede nog op laerskool en dié se broer, wat by die lykshuis werk, lyk of hy ook nie van groot hulp gaan wees nie. Dit maak Frik net meer vasbeslote om die saak op te los. Die vriendelike bibliotekaresse op die buurdorp, waar hulle na ou koerantberigte oor die verdwyning gaan soek, is omtrent die enigste een wat behulpsaam is. Dis miskien nie so erg nie, maar hierdie gaan nie ʼn maklike saak wees nie.