Jump to ratings and reviews
Rate this book

Iewers vlieg daar fairy dust

Rate this book
Elmien droom daarvan om eendag ná skool ’n dokter te word. Maar waar sy vandaan kom, is dit ’n gróót droom. Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp waar sy die aantreklike Ruan ontmoet en uit die nare oom Bok se vatterige kloue moet probeer bly. ’n Onvergeetlike Aspoester-verhaal wat wys dat drome kan waar word …

208 pages, Kindle Edition

First published April 4, 2014

Loading...
Loading...

About the author

Marisa Haasbroek

1 book1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
16 (34%)
4 stars
13 (28%)
3 stars
12 (26%)
2 stars
4 (8%)
1 star
1 (2%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Margaret.
39 reviews
August 28, 2021
I had to read this book for school and it was one of the worst books I have ever read. The main character is annoying and the side characters aren't much better. The plot is cliché and predictable. All the attempts at meaningful social commentary fall flat. The writing style is very inconsistent and just plain bad. The only part of reading this that was even remotely enjoyable was getting to make fun of it with my friends.
Profile Image for Christine Byleveld.
236 reviews2 followers
December 13, 2020
Die storie trek jou dadelik in, soos jy lees is jy in Elmien se skoene. Jy word saam met haar kwaad, hartseer en opgewonde. Een van die beter jong volwasse leesboeke.
Profile Image for The Little Book.
153 reviews5 followers
Read
March 10, 2021
So mooi ek moes dit twee keer lees...

Alle aspoestertjies soek 'n peetma wat 'n feetjie is, en 'n prins wat hom nie laat afskrik as hy die land moet deurkam opsoek na die meisie vir wie die glas skoen gaan pas.

Ek onthou op skool die afwagting vir matriekafskeid en die drome oor hoe jy die koppe gaan laat draai met jou prag rokkie - veral die kop van die seun wat jou hart vinnig laat bons en jou maag laat bollemakiesie draai.

Dit is'n eeu oue storie en tog betower dit steeds ons harte dekades lank al. Elmien se storie is een vol hartseer en bang van 'n plakkerskamp kind wat veg om haar onskuld te behou in 'n wrede wêreld. Dan is daar Ruan die charismatiese seun wat op wie sy hart verloor.

'n Prag tiener romans en sal dit sterk aanbeveel vir enige boekrak van jonk tot oud.

AANHALING UIT DIE BOEK
"Eendag se dinges. Ek is ’n stuk plakkerskampgemors en ek gaan dit bly. Eendag gaan ek my hare wit dye en rook, en ek gaan hard spook om liggaam en siel bymekaar te hou. Nes my ouma."
1 review
November 2, 2022
My favourite book of all time.
I first read this somewhere in my late tweens and immediately fell in love. It is a light but soulful story with a strong plot that makes you never want to put the book down.
Elmien is a relatable and aspirational character for young girls, and her relationship with Ruan is everything you could ever want; he is kind, supportive and honest (even when she'd rather not have him be.)
I love this book so much, whenever I reread it, it still feels like the first time.
Profile Image for Marzanne.
37 reviews
October 1, 2025
"Toe vat hy my gesig saggies tussen sy hande en soen my. En ek kan sweer daar vlieg fairy dust in die Wimpy rond..." Dis my gunsteling aanhaling (Ja, al my gunsteling aanhalings is oor Elmien en Ruan) uit 'iewers vlieg daar fairy dust' wat sommer heel aan dìe einde staan. Ek het baie van dié boek se betekenis en boodskap gehou en al die dinge wat dit regtig n spesiale en unieke boek maak. Ek het die hele boek vir Elmien gecheer en wou haar niggies sommer regdeur die gesig slaan. Ek is bly sy kon haar drome waar maak en het nie op gegee nie, al het sy hopeloos gevoel. Ek wens sy het nie vir sulke groot deel van die boek hartjie ogies vir Rex watse naam gemaak nie, maar dis seker maar realisties en al daai. Ek is bly alles het uit gewerk en dat die boek n gelukkige einde gehad het. Ek is bly vir al die moontlikhede wat die leser na die boek kon sien.

Ek is verslaaf aan Elmien en Ruan; al het hulle baie gestry en al was ek geïrìteerd wanneer Ruan stupid was en kwaad word vir Elmien. Ek hou van die realistiese uitbeelding van hul verhouding, hul eerste soen, hoe Ruan haar op hul eerste ontmoeting vertrou het om vir hom steke in te sit en hoe hy altyd Elmien help wanneer sy hulp benodig.❤️❤️Ek love hoe Ruan altyd Elmien veilig probeer hou het en haar probeer beskerm van dinge soos sy pa, oom Bok, ens. al plaas hy sy eie gelukkigheid op die spel; dit wys rerig vir my hoe lief hy vir haar is.🫠❤️❤️❤️❤️❤️❤️Ek het ook gehou van hoe Ruan vir Elmien n brief gelos het voor hy gegaan het wat alles verduidelik, Elmien laat belowe het om nie op te gee op haar droom om n dokter te word nie en hoe hy die Hagia Sophia prent wat hy geteken het vir haar gegee het wat sy toe in haar kamer in die kinderhuis (wat sy by is danksy hom) gehang het. Ek het veral van die laaste hoofstuk gehou toe Ruan weer terug gekom het na Elmien, sy redes verduidelik het, hoe hulle altwee erken het hulle is lief vir mekaar (🤗😍🥰❤️) en hulle soen. Ek hpu van al die moontlikhede wat die leser vir hul toekoms kan sien.

Hierdie boek is een van die beste afrikaanse boeke wat ek al ooit gelees het (en ek het al baie gelees). Marisa Haasbroek is n goeie skrywer en ek sal dié boek van haar hoogs aan beveel
This entire review has been hidden because of spoilers.
Displaying 1 - 6 of 6 reviews