Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die 13de Kaart

Rate this book
Belia is 'n forensiese sielkundige en deel van die span wat 'n reeksmoordenaar moet ontmasker. Dié is 'n hoogs intelligente mens wat tergende leidrade op die misdaadtoneel laat, asof hy wil hê hulle moet hom vind.
Die boodskap by elke slagoffer verwys na 'n spesifieke tarotkaart en Belia kry die spoor elke keer net te laat. Trouens, sy kan later voorspel wie die volgende slagoffer is, maar die moordenaar is haar elke keer een voor sodat sy die moord nie kan verhoed nie.

381 pages, Paperback

First published January 1, 2014

6 people are currently reading
41 people want to read

About the author

Madelein Rust

18 books39 followers
Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek na die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ’n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

Sy waag haar hand aan romantiese kortverhale, en haar twee pogings in dié genre, Tango in die Kuberruim en Skarlakenvrou, verskyn in Huisgenoot. Een van haar kortverhale, Joy, verskyn in Bateleur Boeke se In ’n Neutedop, gevolg deur Die dag toe oom Willem geval het in Maskew Miller Longman se Literary Awards Edition publikasie, Sussie Veer is dood en ander verhale.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
43 (38%)
4 stars
42 (37%)
3 stars
21 (18%)
2 stars
2 (1%)
1 star
3 (2%)
Displaying 1 - 11 of 11 reviews
Profile Image for Elria Fourie.
7 reviews
April 1, 2020
Ek het reeds AL die ander Madelein Rust boeke gelees en is dus ‘n GROOT aanhanger. Dus was dit ‘n no-brainer om die een te lees! Wow ek kon nie die boek neersit nie en was aan die naelbyt tot reg aan die einde!! Wat ‘n curve ball was die ontknoping nie. Ek gee nie maklik 5 sterre nie maar sou selfs meer as 5 vir die boek gee.
Profile Image for Muller Rossouw.
135 reviews5 followers
June 13, 2021
Hierdie was goeie kwaliteit vermaak. 'n Uiters kreatiewe storie en 'n protagonis van wie jy gaan hou.

Belia Bell (vreemde naam, maar nou ja) is n forensiese sielkundige en sy help die SAPD om profiele van moordenaars saam te stel. Sy is ook halsoorkop verlief op omtrent al die mans wat saam met haar werk en dit sorg vir n ekstra lagie tot die storie. Die moordenaar in die 13de Kaart is werklikwaar n monster, wie mense afslag gedurende n Bloemfonteinse winter... en daar is n rits spanningsvolle en goeie oomblikke.

Lees hierdie boek as jy van lekkerlees ongekompliseerde Afrikaanse krimi hou!
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
November 6, 2017
Wow!
So bly ek het Madelein ontdek.
My nuwe gunsteling. Een van die boeiendste boek wat ek in 'n lang tyd gelees het.
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
January 5, 2023
Die 13de Kaart is ’n briljante debuut deur ’n skrywer wat sou voortgaan om ’n uitstekende en baie suksesvolle spanningsverhaalskrywer te word. Die ingewikkelde komplot wat wentel rondom die syfer 13 en tarotkaarte, het my vasgenael gehad, genoop om elke beskikbare oomblik te lees om saam met Belia Bell die profiel van die reeksmoordenaar te verfyn.

Die ontknoping was verrassend en skrikwekkend. Die trauma wat hy beleef het en die uitdagings wat nog op hom wag, wek absoluut geen simpatie nie. Daarvoor is hy veels te boos. Dit laat ’n mens bid dat jy nooit met so ’n psigopaat sal paaie kruis nie.

Profile Image for Nicolene Smith.
159 reviews3 followers
September 24, 2019
Ek was voorwaar gaaf verras. Gewoonlik met speurverhale, weet ek voor die onthulling wie die skurk is, maar Madelein Rust se 13de Kaart het ek tot met die onthulling nie 'n benul gehad nie!

Die manier hoe sy hierdie debuut roman aanmekaar geweef het, bewonder ek.

Wees egter gewaarsku: moet nie hierdie boek begin lees in die aand nie - jy gaan nie 'n oog toe maak nie omdat dit werklik so spanningsvol geskryf is dat jy dit nie wil neer sit nie.
Profile Image for Carolien.
1,074 reviews139 followers
May 17, 2020
'n Bitterlike slim reeksmoordenaar is besig om die polisie in Bloemfontein 'n moeilike tyd te gee. Belia Bell moet 'n profiel opstel van die moordenaar wat Tarot kaarte agterlaat by die moordtonele. Die interessante karakters en 'n baie slim storielyn het hierdie boek regtig die moeite werd gemaak. Dis die eerste keer dat ek Madelein Rust lees en ek is bly daar is nog 'n hele paar beskikbaar.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
March 9, 2015
Wat laat ‘n nie-tipiese leser van spanningsverhale die een na die ander boek in die genre lees? Waarskynlik blote nuuskierigheid, die vrees om iets te mis. Want met spanningsverhale in Afrikaans is daar beslis iets aan die gang. Om die waarheid te sê, ‘n klein ontploffing is besig om plaas te vind (Ja, daar is ‘n teenstelling in die beeld.) Of kom ons sê dan liewer daar is ‘n verskuiwing aan die gang en spanningsverhale is deel daarvan.
Die verskuiwing beweeg in die rigting van ontspanningsleesstof in Afrikaans. Deesdae verskyn ‘n klein vloed van Afrikaanse genrefiksie by verskeie uitgewers. Heerlike boeke waarvoor niemand skaam hoef te wees nie. Die goeie nuus is dat dit nie ten koste van ons letterkunde gebeur nie. Dalk gebeur dit ten koste van Engels. Want ja, soveel Afrikaanse lesers wat vir jare uitsluitlik Engels gelees het, is besig om terug te keer na Afrikaans. (Dit sou ‘n studie werd wees om uit te vind of dit wel die geval is. Dit kan sekerlik wees dat lesers deesdae meer Afrikaans lees, maar steeds baie Engels. Die een hoef tog sekerlik nie die ander uit te sluit nie.)
Die opkoms van die spanningsgenre is deel van hierdie verskuiwing, met Deon Meyer sekerlik op die voorpunt, maar knap op sy hakke staan al hoe meer vroulike skrywers deesdae hulle man in die genre. (Daar is natuurlik ook talle manlike spanningskrywers, soos Chris Karsten, Peet Venter, Rudie van Rensburg.) Dink maar aan Karin Brynard, Chanette Paul, Bets Smith en andere. By hierdie formidabele vroue het Madelein Rust pas met Die 13de kaart haar naam gevoeg.
Madelein Rust is opgelei in bedryfsielkunde en ken dus die aard van die mens. Sy is ook nie ‘n nuweling in die skryfwêreld nie en het alreeds ‘n aantal uiteenlopende kortverhale gepubliseer. In Die 13de kaart kombineer sy haar vermoëns en ervaring om ‘n ware naelbyter te skep.
Die hoofkarakter is Belia Bell, die fyn blonde forensiese sielkundige met die reputasie dat sy nie opgee voor sy tevrede is met haar profiel van die moordenaar in die betrokke saak nie. Belia is klaarblyklik gehard, taakgedrewe en stel haar werk voor alles. Maar daar is ook Jack Butler, die speurder met die sagte kant, die een wat haar steeds wil beskerm, al het hy met iemand anders getrou. Hy weet van haar nagmerries, hy weet dat drank soms vir haar die beelde van haar werk help verdof.
Die reeksmoordenaar met wie se profiel Belia tot haar groot frustrasie ernstige probleme ondervind, pas nie binne die gewone raamwerk nie. Sy metodes is uniek, die verloop van gebeure is nie voorspelbaar nie. Die skets wat meestal in die mond van die slagoffer gelaat word, verskaf op die oog af geen leidrade nie. Tot Belia die boek oor die Tarot tussen een van die slagoffers se boeke ontdek. Hiervandaan neem dit haar nie lank om te besef die moordenaar weet van haar en betrek haar doelbewus by sy siek spel nie. Dis nou te sê, as hy ooit ‘n hy is. Wanneer sy boonop besef sy word vooraf gewaarsku wie die volgende slagoffer gaan wees, plaas dit ‘n onregverdige verantwoordelikheid op haar skouers.
Die verhaal lewe met ‘n hele aantal interessante, oortuigende newekarakters wat menslikheid en egtheid in die milieu van wreedheid en moord indra. Benewens Jack is daar Belia se blinde pa en sy gidshond, Peaches, asook die weduwee wat haar flikkers vir hom gooi; daar is haar joernalisvriend Barry Stander wat soos altyd op soek is na ‘n scoop; daar is die grillerige Deacon met sy verliefdheid op haar en sy weersin in seks; daar is die vaderlike George Goosen en daar is Henk Massyn, wat nie Jack se plek in haar lewe kon volstaan nie, Die bejaarde Duitse herdershond Taxi is die een wat haar gebrekkige persoonlike lewe met haar deel en haar donkerste oomblikke sien.
Die verhaal speel in ‘n ysige Bloemfonteinse winter af en lesers wat die omgewing ken, sal waarskynlik nog sterker met die situasie kan identifiseer. Die koue onderstreep deurgaans die meedoënloosheid van die moordenaar en die weerloosheid van die slagoffers.
Die persoonlike spanning tussen Belia en Jack eggo die spanning van die onopgeloste moorde en plaas ekstra druk op albei. Die fyn draad van romanse wat deur die spannende verhaal loop, is net genoeg om die leser af en toe ‘n blaaskansie te gee tussen die grusame moorde.
Hier en daar is wel kleinigheidjies wat hinder, soos die verouderde benaming van alsation wat vir die Duitse herdershond gebruik word, die paar kere wanneer Belia ‘skielik’ iets besef en die geforseerde manier waarop haar weerkaatsing in die ketel beskryf word.
Die 13de kaart hou die leser van begin tot einde gevange en – wees gewaarsku – kan tot nagmerries lei, soos hierdie leser eerstehands uitgevind het. Dit is waarskynlik ‘n groot kompliment vir ‘n spanningskrywer as die leser haar man in die nag wakker gil. Genadiglik onthou genoemde leser niks daarvan nie en is geen blywende skade aangerig nie, behalwe dat sy die naam Madelein Rust sal onthou en sal uitkyk vir ‘n volgende naelbyter uit haar pen.
Profile Image for Kitten.
794 reviews4 followers
May 8, 2017
Nadat ek baie positiewe resensies oor Madelein Rust gelees het, het ek Die 13de Kaart gelees. Ek is altyd op soek na 'n lekker nuwe skrywer. Die 13de Kaart is egter hoogstens middelmatig, met 'n paar voorspelbare wendings.
Displaying 1 - 11 of 11 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.