Jump to ratings and reviews
Rate this book

C'est la vie: Van lief en leed en kanse vat

Rate this book
"Meesleurend, hartseer en snaaks ... vol vonkel."- Marita van der VyverToe die bekende ontwerper Lanie van Reenen al haar spaargeld en energie in 'n kasteel in Aubusson ingooi, het haar vriende gewaarsku dis onwys. Maar Lanie was besiel. Sy het haar Franse kasteel liefderyk herstel en die "beste boetiekhotel in die streek" geskep.Die opening val egter saam met persoonlike en internasionale die wêreldwye finansiële krisis, en 'n ernstige ongeluk wat Lanie se eks-man in 'n koma laat. Boonop dreig die beleggers om haar hotel van Kaapstad af te bestuur.Dan is daar die kwaai brandweerbaas en die Franse burokrasie om mee rekening te hou, die uittartende kamerbediende, ander eksentrieke hotelpersoneel, die ongewone bure en Franse vriende.Lanie se kleurryke vertelling raak aan die diep hartseer wat voluit leef kan meebring, maar ook aan die ekstase van jou drome nastreef. Al is dit 'n vet kans wat jy vat...

267 pages, Kindle Edition

First published January 1, 2013

Loading...
Loading...

About the author

Lanie van Reenen

3 books1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (40%)
4 stars
7 (31%)
3 stars
4 (18%)
2 stars
1 (4%)
1 star
1 (4%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Suidpunt.
189 reviews5 followers
July 30, 2026
Goed. Ek het die boek by Fiksie en Fantasie teen R95 gekoop. Baie goeie kopie.

Die skryfster is in my oë 'n ESFP. En ek gaan jou sê hoekom:

- Sy het 'n uitstekende aanvoeling wat mode is, soos te sien met die Cottage Industry. Maar sy is ook slim genoeg om te weet teen 1995 hierdie mode is besig om dood te gaan. Nou die dag kom ek op 'n boek af hoe om piekniekmandjies te versier (1980's?)... weet jy hoe vreemd voel dit in Julie 2026 om hierop af te kom? Dit voel... aardig. Die keuse om die keuraandele [as erfenis] dus in vaste bates in Kaapstad te omskep: ek klap my hande vir haar. Dis absoluut briljant. My moeder, 'n ESTJ, sou presies dieselfde gedoen het; sy glo egter wel nie om 'n appeltjie vir die dors te bewaar nie, maar om 'n boord aan te plant. Sy wil sien hoe haar bates voor haar oë GELEIDELIK groei.

Die Cottage Industry self is 'n interessante tendens - kom ons kyk na die oorsprong. Dit was mense wat ANTI-KORP was. Teen die multinasionale maatskappye. Dit was 'n "kom ons keer terug na die platteland", waar almal hul eie goed self doen. Dit was protes. Suiwer protes.

In Suid-Afrika, hoor mooi, word dit 'n luukse vir die middel-, rykmans- en bevoorregte klas. Omdat hulle nie die filosofie daaragter hoegenaamd begryp het nie. Vir hulle was die snuisterye net mooi, en mode. Dalk sou dit hulle aan ouma of volksbou of volkskarakter herinner het. Ek weet nie.

- Ongelukkig laat sy haar ook lei deur die mode. Dit is maar soos BitCoin. Jy gaan of baie geld maak (as jy van die eerstes was), of jy gaan baie verloor.

Hier sien ons... wag, laat ons teruggaan. Sy wou in die regswese studeer het. Maar die skoolsielkundige het gesê nee. Nou, vir 'n ESFP sou ek die regswese ook eintlik afgeraai het - omdat dit so geweldig resepmatig is. Dink gou: jy het geen seggenskap wie die reëls maak nie, want die parlement besluit dit. In die hof moet jy dieselfde bestanddele gebruik, om op 'n baie formalistiese en voorskriftelike wyse vol prosedure jou kliënt te beskerm. Die meule draai krampagtig stadig. Nee, jammer mev. Van Reenen/mej. Quass, maar ek sou dit ook nie vir u aanbeveel het nie. Daarvoor het nie ek (INTJ) of u enige geduld nie.

En tog, as sy maar in die regswese studeer het, sou sy NOOIT deur die Franse owerhede gekniehalter of ingedoen gewees het nie. Sy sou elke jota en tittel laat vertaal het. Maar dan weer, dan was daar geen boek om te skryf nie. En my resensie sou nou oorbodig gewees het.

Maar toe maak sy die fout van haar lewe deur soos DIE SKOOLSIELKUNDIGE te wil word. En, jy word rondgeboender van die nuutste sielkundige slenter wat ALLES in 'n kits sal oplos. Dit kos jou kruiwaens vol geld vir 'n "multilevel marketing scheme" vir 'n "million dollar opportunity". Vir goed wat uit mense se duim gesuig is. [Ja, ek gebruik die MBTI net om mense se denkpatrone te kategoriseer - maar ek is lankal klaar met Jung-hulle; want daar is geen empiriese bewyse nie. Net so min soos Freud se seksuele analises. Jy koop hul geloof as produk - net soos slangolie]. Nadat ek "The Jung Cult: Origins of a Charismatic Movement" gelees het [want jy moet krities wees teen jou eie stelsel om die swakplekke te vind], is ek vir ewig van die sielkunde genees.
Vra jou af - waarom is daar geen sielkundiges in Suidoos-Asiatiese lande nie? Want in 'n kollektiewe samelewing het jy hulle nie nodig nie. Jy gaan na jou ma, jou pa, jou oom of jou tannie, of 'n geestelike toe om oor die probleem te praat.

Dit laat my dus dink aan Jollie van 'Orkney Snork nie': altyd op soek na die nuutste kuur. Ek voel skoon uitgeput. Jy gaan jou hele lewe lank rondhardloop. Al daardie geld kon jy belê het. As God jou seën in jou slaap, beteken dit nie jy hoef heeltemal niks te doen nie, maar dit beteken ook nie jy moet konstant jou hande besig hou net om besig/suksesvol te voel nie. BALANS.

Die embriokas van die Primal Scream-theory; ek het gehuil van die lag. Dit is so ABSURD. Hier moes sy gesê het - hokaai, stop die lorrie. Is die sielkunde regtig wáár? Wat is waarheid? Hoekom is daar so baie "spin-offs"? Nou begin ons krities dink.

En weer - die Christelike, Joodse, Hindoe, New Age-boeke... hmm... jy kan probeer om 'n goue draad tussen hulle te soek. Dis OK. Maar jy moet ook goed besef sulke geloofstelsels is outonome stelsels. Die Hindoeïsme is van die begin af ontwerp om binne die grense van Indië self te bly. 'n Mens moet ook KRITIES al die nadele van elke stelsel leer ken.

- Nog 'n blindekol van die ESFP's (ongelukkig van die meeste xSxx-tipes): hulle sukkel om te probeer dink soos jý dink.

Hulle steun op eie ervaring: as ek in die 1980's 'n lening by Volkskas kon kry, waarom nie in 2002 ook nie? Hulle vergeet gerieflik van Saambou wat gevou het. Hulle vergeet van die paniek van die bankwese. Hulle vergeet van 9/11. Hulle vergeet van die aandele wat onlangs nog in Asië in 1997/1998 in sy moer geval het.

En luister mense: 'n ruim Kaap-Hollandse gewelhuis op Montagu was in 2003 omtrent R350 000 werd. Om R2 000 000 by die bank aan te vra, was so goed soos om 'n biblioteek op Moorreesburg vanaf die grond af op te bou (2004). Wat ek probeer sê: ek dink net die staatsdiens kon so 'n lening waag.

Die "Trustbank-meisie" lyk dus soos die vark. Maar probeer uit haar oogpunt daarna kyk. Jy het nou ook internasionale beleggers/swendelaars wat orals opduik. Die bank is nou 'n maatskappy met aandeelhouers wat gulsig is na dividende. Dit is nie meer die 1980's nie. Jy kan nie eens meer 'n bankrekening oopmaak sonder om 'n FICA en elke liewe dokument te oorhandig nie. Die vereistes raak meer, want die skelmstreke raak meer geslepe en uitgeslape.

Ek kan begryp dit is vermetel van die aandeelhouers van die hotel om vanuit Kaapstad voorskriftelik te wil wees, terwyl hulle nie 'n enkele steek werk gedoen het nie. Maar wat is die redes waarom hulle voel die hotel is wanbestuur? Watter voorstelle het hulle gemaak? Is dit die meubels wat spesiaal uit Egipte laat verskeep is wat hulle hare laat rys het? Dis vrae waaroor ek wonder.

Dink ook: 'n hotel in 'n besige Kaapstad, vs. op die Franse platteland waar selfs 'n hoender sou verdwaal? Waar sou die meeste voete wees?

- Die grootste kritiek wat ek het: is die selfverwesenliking. Die nadruk op die "self". Daarmee het ek reeds op 20-jarige ouderdom koppe gestamp. Die sin van die lewe.

Die probleem is dat die self 'n eindelose "kosmos" is, en deur voortdurend op die self te fokus, is jy besig met "navel-gazing".

Staan egter een aand buite, op 'n helder aand, en kyk op na die sterre. Wat as ek jou sê wat jy rondom jou sien, is 'n reuse kalender? Die diereriem self is 'n kalender. Sterre wat aanskuif soos 'n klokwerk, met of sonder jou? Dit laat jou ongoddelik klein voel.

Wat as daar iets groter is WAARVOOR jy werk? WAARVAN jy deel is?

Die antwoord het Langenhoven eers baie later gekry: diensbaarheid. Jy werk vir 'n gemeenskap. Jy is deel van 'n gemeenskap.

Waarom dus 4 sterre? Dit het my 63 jaar se tyd gespaar.
Profile Image for Lisa’s Library .
39 reviews4 followers
September 14, 2024
Ek het hierdie boek vreeslik geniet! Van Reenen vertel dit nes soos dit is. Dit was wonderlik om die reis saam met haar te loop en ek het baie kere vir haar gevoel as dinge verkeerd geloop het. Dit wys ons net hoe onvoorspelbaar ‘n mens se toekoms is.

Kan nie wag om die opvolg te lees nie!
Displaying 1 - 4 of 4 reviews