Jump to ratings and reviews
Rate this book

Landuit - want jy wil mos

Rate this book
Min het Zirk van den Berg, toe hy in 1998 met sy gesin na Nieu-Seeland verhuis, geweet wat dit sou verg vir ʼn huis vol Kapenaars om Kiwi’s te word. Hy vind homself werkloos, in ʼn piepklein huisie van karton, in die land van kettingsae en grassnyers. Die son skyn te min en sy vrou snik snags in haar kussing. Tog slaag Zirk uiteindelik daarin om ʼn betekenisvolle bestaan in Auckland vir hom en sy mense te bou.

240 pages, Softcover

Published January 1, 2025

11 people are currently reading
16 people want to read

About the author

Zirk van den Berg

17 books30 followers
Zirk van den Berg is a bilingual author (English and Afrikaans) who writes across different genres.
He has won four significant literary awards in Afrikaans: His crime novel 'n Ander Mens won the inaugural kykNET-Rapport Prize for best filmable book - an award he won a second time with his urban fable Ek Wens, Ek Wens. This book also won the overall fiction award at this event, not long after the book was honoured with the WA Hofmeyr Prize for Afrikaans fiction.
Four of his books appeared in both Afrikaans and English, one only in English and three only in Afrikaans.
His first book was a collection of literary short stories, followed by a short historical novel, both in Afrikaans. In 2004, Random House New Zealand published Nobody Dies, a crime story set in South Africa. New Zealand Herald named it one of the top five thrillers of the year, the only local book on the list.
Nobody Dies was republished as ebook in 2011. The Afrikaans translation, 'n Ander Mens, appeared in South Africa in 2013. An action comedy based on this book had a theatre release in 2019.
His historical novel Half of One Thing was published by Penguin South Africa in 2014, along with the author's own Afrikaans translation, Halfpad Een Ding.
No-Brainer, a darkly humourous mystery that falls somewhere between Kinky Friedman and K.C. Constantine in style, appeared as ebook only in 2011.
A historical novel, Parts Unknown, was published in 2018, again in both languages. Its sequel appeared only in Afrikaans, as Tweegevreet, in 2020.
The English version of his award-winning Ek Wens, Ek Wens, appeared in New Zealand and Australia in 2020 as I Wish, I Wish.
Zirk van den Berg has translated three Wilbur Smith novels into Afrikaans, two novels by Philip Kerr, as well as cricketer A.B. de Villiers's autobiography.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (31%)
4 stars
14 (48%)
3 stars
6 (20%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
February 3, 2025
Hierdie boek het my met 'n groot hartseer gelaat, want dis die storie van derduisende Suid-Afrikaners wat die land verlaat vir 'n beter lewe. Selfs as daardie "beter lewe" wel gevind word, is dit steeds nie maanskyn en rose om in 'n vreemde land aan te pas nie. En as jy deel van 'n gesin is, is dit natuurlik nog moeiliker, want elke lid van die gesin se aanpassing verskil.
Zirk vertel hulle gesin se storie, maar gee ook insae in heelwat ander expats se stories. Daar is baie min mense vir wie die oorgang seepglad verloop het. Dis nie ongewoon dat iemand 'n heel ander werk oorsee gaan doen as waarvoor hy/sy opgelei is nie.
Dis egter ook 'n boek van hoop. Die skrywer noem iewers dat hy nie meer weet waarop hy spesifiek hoop nie, maar hy het die hoop behou.
Almal wat direk of indirek deur emigrasie geraak word, behoort hierdie boek te lees. Veral diegene wat stilweg reken dis lafhartig om uit die land "weg te hardloop". LANDUIT illustreer emigrasie is een van die dapperste goed wat mens kan doen.
Profile Image for Anschen Conradie.
1,495 reviews85 followers
Read
February 13, 2025
#LanduitWantJyWilMos - Zirk van den Berg
#Tafelberg

Daar is vrae waarop die antwoorde bykans altyd verkeerd sal wees. Een daarvan is: “Lyk ek vet?” Antwoord positief, en die vraer praat nooit weer met jou nie. Antwoord negatief en jy word tot leuenaar gemaak. Emigrasie, veral in die Suid-Afrikaanse konteks, is net so ‘n gelade onderwerp. Hulle wat wil en moet bly, wil hoor hoe sleg dit is, en hulle wat wil en kan gaan, presies die teenoorgestelde.

Die titel van hierdie boek verklap reeds ‘n steeks aweregsheid, ons ken immers almal die vermakerige ‘ja, jy wou mos!’ wanneer ons ons verlekker in ‘n ander se penarie. Hierdie eerste indruk word bevestig in die waarskuwende voorwoord: ‘My ervaring is nie noodwendig verteenwoordigend nie. Dis maar net hoe ek dit beleef het.’ (9)

Die skrywer en sy gesin, vrou Elsabé, die sesjarige Bernard en die agtien maande-oue Anna, het reeds in 1998 Tafelberg vir Kiwiland verruil. Die werklike onthou van dekades gelede se emosies sou waarskynlik in die vergetelheid vervaag het as dit nie was vir die voorsienigheid van ‘n wyse vriend wat die destydse e-pos korrespondensie bewaar het nie. Die formaat van die outobiografiese eerste persoon-narratief is daarom grootliks met terugverwysing na die oorspronklike e-posse van die skrywer aan sy vriend, André le Roux, waaroor hy as volg verduidelik: ‘Ek maak toepaslike uittreksels uit die e-posse, vervang enkele name ter wille van die betrokke persone, bewoord dinge hier en daar duideliker en doen bietjie taalversorging, maar in wese is dit wat daar staan soos wat ek dit destyds geskryf het.’ (25)

Die meerderheid van die e-posse dek die tydperk Augustus 1998 – einde 1999. Enkeles uit die jare 2000, 2001, 2003, 2005 en 2006 is ook ingesluit, en e-posse geskryf deur sy vrou, is gemerk as ‘Van Elsabé’. Dit sou egter ‘n bra saai leeservaring gewees het as dit bloot die boekstawing van eertydse e-posse was, maar die geskiedenis word vermaaklik en vernuftig ingekleur en aangevul deur die skrywer se kommentare en refleksies op sy eie woorde van soveel jare gelede.

Maklik was dit nie, inteendeel, die belydenis dat die wonde tot nou nog te rou was om oor te skryf, bevestig die pynlikheid van die ervaring. Ewe aangrypend is die kort paragraaf waar die skrywer se pa sy skoene vir hom politoer net voor hulle vertrek na Nieu-Seeland: ‘Ek dink dis die liefste wat ons nog vir mekaar was.’ (19)

Die vertelling is ryk aan humor en selfspot. Met verwysing na die persepsie dat rugby koning is in die land van die All Blacks: ‘Rugby kom hoogstens derde in die harte van Nieu-Seelandse mans. Padwerke is gewilder... Maar nog gewilder as padwerke is kettingsae.’ (110), en, ten opsigte van sy eie tekortkominge: ‘Omdat ek ‘n man is, loer ek onder die bonnet. Die enjin is nog daar, en dis omtrent soveel as wat ek van ‘n kar kan sê.’ (135) en ‘Ek is lam geskrik, skreeu eers fyntjies en gaan dan supersonies, staan doodstil met ‘n oopgesperde bek.’ (139)

Ook die lakoniese toegewing: ‘So is my skryfwerk ‘n bekentenis van my tekortkominge as mens’ (62), gevolg deur die bykans nostalgiese mymering: ‘Ewenwel, so bly ek maar in my eie vertellings die held, terwyl die getuienis straks aandui ek is ‘n voldonge doos.’ (131), versterk die indruk van outensiteit en geloofwaardigheid.

Die skrywer gee self toe dat die boek geensins ‘n handleiding vir emigrasie is nie, waarmee ek dit met hom eens is. Dan eerder ‘n lys foute om te vermy. Maar dit is veel meer, ook meer as ‘n outobiografiese vertelling of ‘n memoir. Dis terselfdertyd die oop- en uitskryf van ‘n pynlike tydperk, ‘n liefdesverhaal wat elke toets deurstaan het, al was dit soms so hittete, die verhaal van val en opstaan, van hoop wanneer dinge hoop- en hopeloos lyk, en ‘n ode aan ‘n vriendskap wat tyd en afstand oorbrug, en ten beste as volg verwoord kan word:
‘zirk is toe weer weg / ek weet / sy mou lê nog hier langs my / vir veilige bewaring / wanneer jy weer kom / loop net by die trappe op dan / praat ons verder’ (238)

#Uitdieperdsebek
Profile Image for Roelia (Roelia Reads).
421 reviews1 follower
April 22, 2025
Toe ek Landuit – Want Jy Wil Mos begin lees, het ek gedink dis ‘n emigrasie-memoir soos enige ander—‘n storie van aanpassing, verlange en die nuwe lewe wat wag aan die ander kant. Maar hierdie boek is soveel meer. Dit is ‘n eerlike, deernisvolle en dikwels humoristiese blik op die werklikheid van emigrasie, en dit het my diep geraak.

Zirk van den Berg neem ons saam op sy gesin se reis na Nieu-Seeland, waar hy, sy vrou Elsabé en hul kinders in 1998 probeer om ‘n nuwe lewe aan te pak. Die skuif vanaf Suid-Afrika is alles behalwe maklik: hulle beland in ‘n piepklein huisie, met ‘n onbekende kultuur, ‘n koue klimaat, en ‘n werklikheid waar werkloosheid ‘n konstante bekommernis is. Die groot uitdaging? Hoe ‘n gesin se aanpassing verskil van individu tot individu en hoe verlange na ‘n tuiste wat nie meer hul eie is nie, ‘n konstante stryd bly.

Van den Berg bring hierdie ervarings na vore deur ‘n briljante narratiefvorm—die boek is gebaseer op e-posse wat hy destyds aan ‘n vriend, André le Roux, gestuur het. Hierdie eerlike en rou kommunikasie bied ‘n unieke blik op die ontnugtering van emigrasie, maar ook op die klein oorwinnings van aanpassing. Dit is nie net ‘n boek oor emigrasie nie; dit is ‘n boek oor verlies, hoop en die deurlopende stryd om ‘n tuiste te vind—ongeag waar jy is.

Wat Het Gewerk Vir Die Boek

Eerlikheid en opregtheid: Dit is een van die rouste en eerlikste weergawes van emigrasie wat ek nog gelees het. Daar is geen versuikering van die realiteit nie.
Die humor en selfspot: Ondanks die swaarkry en verlange, slaag Van den Berg daarin om humor te verweef deur selfspot en skerp waarnemings.
Die narratiefvorm: Die e-posse maak die boek persoonlik en intiem, en die skrywer se moderne besinnings daaroor gee dit ‘n ekstra laag van betekenis.
Die emosionele impak: Van den Berg se eerlike besinning oor die wonde van emigrasie is aangrypend. Die toneel waar sy pa sy skoene vir hom politoer net voor die vertrek het my besonders geraak.

‘n Boek oor hoop: Dit is nie net ‘n verhaal oor die worsteling met ‘n nuwe land nie, maar ook ‘n boek oor uithouvermoë en hoe mens kan groei deur verandering.

Wie Sal Hierdie Boek Geniet?
Hierdie boek is ‘n moet-lees vir:
Almal wat emigrasie oorweeg of reeds ervaar het.
Lesers wat outobiografiese vertellings en memoirs met ‘n sterk emosionele kern waardeer.
Degenes wat ‘n eerlike perspektief wil hê op wat emigrasie werklik behels—die mooi en die seer.
Suid-Afrikaners wat hul eie verlange wil verwoord deur ‘n storie wat hulle diep sal raak.

Algemene Indruk

Landuit – Want Jy Wil Mos is ‘n emosionele en eerlike blik op emigrasie, maar ook ‘n boek oor die menslike siel—hoe ons verlang, hoe ons aanpas, en hoe ons uiteindelik ‘n nuwe tuiste skep. Van den Berg se skryfwerk is deernisvol, slim en vol humor, en ek het die boek nie net gelees nie, maar gevoel.

Hierdie is nie ‘n handleiding oor hoe om te emigreer nie; dit is ‘n herinnering aan die moed wat nodig is om jou lewe op te pak en weer van vooraf te bou. Dit is ‘n liefdesbrief aan verlange, ‘n ode aan vriendskap en ‘n erkenning van die menslike vermoë om aan te pas, ongeag hoe moeilik dit is.

Dankie aan NB Uitgewers vir die kans om hierdie boek te lees!
Profile Image for Suidpunt.
176 reviews5 followers
January 14, 2026
Dis seker die eerste keer in my lewe dat ek 'n INFJ se werk lees. En dit verklaar heelwat dinge. Onder andere die verwysing na Marie Louise von Franz. En ander Jungiaanse verwysings.

Nou kyk, INFJ's is die dierbaarste goedjies vir 'n INTJ (ekke), maar waarom die lewe vir jouself so onnodig ingewikkeld maak?

Hier het jy 'n Moses, wat sy gesin Kanaän toe vat, net om agterna ontnugter te word deur die groen woestyn en skuldig te voel oor hy hulle uit Egipte gelei het. Jy vind 'n INFJ en sy ISFP-vrou in die hart van 'n ISTP-skrootwerf. Dis om 'n orgidee in woestynsand te plant.
Jare daarna nog heers hierdie onnodige sielswroeging. Die groot rede: daar is geen stelsel of liggaam of entiteit wat vir jou sê - jy doen die regte ding nie. En nou begin die lewenslange swerftog om al daardie kriteria en verskonings en selfkritiek te versamel.

Man, luister nou - ons almal soek 'n donut. As daar 'n donut is, gaan ek nie filosofeer oor die gat in sy heelal nie. Jy gaan hom eet.
Die pad tussen punt A en punt B is 'n loodreguit lyn: niks en niemand staan tussen my en my donut nie. So sê Nietzsche. De moer met die agterosse wat in die kraal gebliksem moet word.

Nou, right. Persoonlik sou ek nie die gatkant van die wêreld gekies het nie. Maar dit is nou gedoen.

Nou - met soveel derduisende Suid-Afrikaners daar... waarom nie 'n Afrikaanse koerant oprig nie? Ek bedoel, daar is 'n rooiwarm kontak met Die Burger, 'n sterk expat-gemeenskap, vars wisselwerking met Kaapstad... dis wat ek sou gedoen het. Ek bedoel, as Leopold Scholtz in Holland net koerante soos die Frankfurt Algemeine Zeitung nadergetrek en bietjie gesif het en 'n paar ekstra sinne bygelas het... Dink net wat julle als kon vermag het. Dis 'n teelaarde van kennis. Ons weet net so min van Nieu-Seeland af as van Mosambiek net langs ons. En ek sê dit tot skande van onsself. Ons lewe in 'n eng klein wêreldjie.

INTJ's vra nie wat mense wil hê nie - ons vra: wat het hulle werklik nódig?

As ons dorpkoerantjie met 6 personeellede kan oorleef - sweerlik kon julle 'n enorme mark oopgemaak het, met advertensiewese... net totdat jul 'n vaste werk kon kry in daardie eerste paar maande. Want almal sukkel!

Ek meen maar - ons het in die 1880's al 'n Duitse koerant in die Kaap gehad vir immigrante. Wat's fout met NZ?

Dus, in hemelsnaam - skryf daardie verdomde roman wat in Nieu-Seeland afspeel in 2026. En sterkte!
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.